Untraceable

Ek het vandag die fliek “Untraceable” gaan kyk. Die film speel in Portland, Oregon, af en gaan oor ‘n reeksmoordenaar wat toestelle opstel wat sy slagoffers doodmaak, gebaseer op die hoeveelheid “hits” wat sy webwerf, (“www.killwithme.com”) kry.

In die FBI is daar ‘n afdeling wat toegewyd is slegs aan die ondersoek en vervolging van internet kriminele. Hulle het gewoonlik meer te doen met internet identiteitsdiefstal en pornografie. Deur ‘n anonieme wenk kom Spesiale Agent Jennifer Marsh egter op die reeksmoordenaar se webwerf af.  

Die moordenaar begin met ‘n lewendige katjie, maar gradeer baie gou op na menslike slagoffers. ‘n “Live streaming video” word van die slagoffer gewys. Hoe meer mense aanlyn gaan op hierdie webwerf, hoe vinniger sterf die slagoffer.

Die FBI hou ‘n perskonferensie en doen ‘n beroep op die publiek om NIE die webwerf te besoek nie, maar tevergeefs. Die webwerf word net nog meer gewild en elke nuwe slagoffer sterf vinniger en wreder as die vorige een, voor die oë van die mense wat die webwerf besoek.

Word die slagoffers lukraak gekies of is daar ‘n verband tussen hulle?

Ek gaan nie verder die kat uit die sak laat nie. Die fliek het redelik baie negatiewe kritiek gekry. Verskeie kritici veroordeel die fliek as skynheilig omdat dit juis munt slaan uit die “torture porn” wat dit eintlik probeer veroordeel. Dit word ook gekritiseer oor die effens vergesogte klimaks.

Die fliek het ‘n effense wrang smaak in my mond gelaat. Ek glo werklik dat die publiek so ‘n onversadigbare behoefte het om ander mense se leed en lyding te sien, dat so iets dalk baie maklik in die werklike lewe kan gebeur. Dink net aan die toeskouers by motorongelukke. Dink aan die fotos wat onlangs via e-pos versprei is van die twee vrouens wat op die N1 dood is nadat die vraghouer op hul motor geval het. Mense se nuuskierigheid kan soms hul inherente ordentlikheid oorskadu.  

Dis nie die beste fliek wat ek al gesien het nie, maar as jy bietjie wil gril, gaan kyk dit. Moet net nie iets “spectaculars” verwag nie.

O ja, en die regte webwerf is nie by (“www.killwithme.com”), maar wel HIER:

http://www.killwithus.com/

Gaan loer gerus daar!

😆 Toemaar, dis nie regtig nie, maar dit is nogal die moeite werd om te gaan loer… en kyk enduit, hoor!

Hands

Hands (van Jewel) soos gesing deur Megan


Verkeersman of Verkeersvark?

Die insident het Dinsdag gebeur en eers het ek oorweeg om dit net te los, maar ek bel toe tog maar rond en kry uiteindelik Donderdagmiddag die regte nommer, nadat ek vele male na bakboord gestuur is. Vrydagoggend besluit my “evil twin” dis nou tyd om die saak aan te meld. Ek bel Mnr Skinner en soos julle in my brief sal lees, was hy nou nie juis oulik met my nie.

Ek vervies my en bel Die Burger en hulle sê, nee maar dis reg, stuur vir ons ook jou brief. Ek e-pos die brief en dog daar sal tog nie seker regtig iets van kom nie.

Hier is die brief. Lees die gevolge van die brief, na die brief.

 

Sent: Friday, April 25, 2008 10:44 AM

To: ‘wskinner@pgwc.gov.za’

Cc: ‘dbnred@dieburger.com’

Subject: Optrede van verkeerspolisieman op Dinsdag, 22 April

Importance: High

Op Dinsdagoggend, 22 April 2008, om ongeveer 8h45, was ek oppad op die N1 vanaf Paarl in die rigting na Kaapstad. Ek het teen ‘n gemiddelde spoed van 120 km/h gery en die pad was redelik stil.

Daar was ‘n paar voertuie in die regter (vinnige) baan, maar voordat ek nog selfs naby hulle kon kom, het hulle oorgeskuif na die linker (stadige) baan. Ongeveer in die omgewing van die Engen Winelands het ek die verkeersvoertuig met registrasie GVY 659 G genader, wat in die regterbaan oppad was. Ek het nader gekom, maar die voertuig het geen teken getoon dat dit na die linkerbaan sal oorskuif nie.

Ek het vir ‘n hele paar minute agter die voertuig gery en my spoed het gedaal na tussen 110 en 120 km/h. Omdat ek op ‘n konstante spoed van 120 Km/h was, was dit moeilik om heeltyd stadiger te ry. Duidelik het die persoon in die verkeersvoertuig geen plan gehad om pad te maak nie en omdat die pad stil was, ek nie roekeloos gejaag het nie en sy voertuig se 120 km/h heelwaarskynlik effe stadiger as my voertuig s’n was, en ek heeltyd my petrol moes reguleer om nie te naby hom te kom nie, het ek oorgegaan na die linkerbaan, om hom dan maar aan daardie kant verby te gaan.

Die oomblik toe ek in die linkerbaan is en by hom verby begin skuif, het hy versnel. Ek het nie onmiddellik besef wat hy besig is om te doen nie en eers gedink ek misreken my met sy spoed. Ek het ook versnel en toe besef ek dat hy weereens versnel en dat hy my geensins gaan toelaat om hom verby te gaan nie. Die rede hiervoor was vir my duister, want volgens my is dit roekeloos om so op te tree. Ek het my spoed verminder en maar weereens agter hom ingeval in die regterbaan.

Naby die volgende afrit, wat die Kraaifontein een was, het hy sy blou ligte aangesit en aan my beduie om af te trek. Ek het oorgegaan na die linkerbaan en versigtig tot stilstand gekom op die linker skouer van die pad. Hy het sy voertuig tot stilstand gebring op die geel strepe tussen die afrit en die N1 en na my voertuig toe aangestap gekom.

Ek het my venster afgedraai en gevra wat het ek verkeerd gedoen. Sy woorde was: “Jy sit nie op my gat nie, hoor jy my? As ek in die vinnige baan ry, dan kom sit jy nie op my gat nie, verstaan jy? Ek ry 120 km/h en dit is die spoed beperking en dan bly jy agter my en klaar.”

Ek het geantwoord dat ek ook 120 km/h gery het en dat ek nie enige rede kon sien hoekom ek hom nie kon verbygaan nie, want my motor se 120 km/h was duidelik bietjie vinniger as sy motor s’n.

Hy het hom vererg en die volgende gesê: “Wil jy nou hê ek moet jou net hier ‘n R1000 (duisend rand) boete gee vir volgafstand, hm? Wil jy hê ek moet dit doen?”

Ek het nee geantwoord en toe sê hy my ek moet ry en klaar kry.

Ek voel steeds baie omgekrap oor die voorval. Verder moes ek 2 dae lank sukkel om die regte persoon in die hande te kry by wie ek die geval kon aanmeld. Toe ek uiteindelik vir u, Mnr Skinner, in die hande kry, vertel u my dat daar natuurlik 3 kante van ‘n storie is, myne, die verkeersman s’n en die waarheid. So, indirek het u my ook beskuldig daarvan dat ek dalk gedeeltelik lieg oor wat werklik gebeur het.

Ek verwag ‘n openbare verskoning van die verkeersdepartement, sowel as die verkeersman, ene Mnr Y Buys. Om seker te maak dat hierdie nie net weer een van die gevalle word waar my brief gerieflik net verlore en vergete raak nie, stuur ek dit ook aan Die Burger se redaksie en gee ek Die Burger toestemming om dit te plaas. Dit staan u dus vry om ook die verkeersman se weergawe, sowel as die derde kant van die storie, nl die waarheid, volgens u, aan Die Burger te stuur vir plasing

Dankie

 

Skaars twee ure na ek die brief gestuur het, bel ene Mae Jean van Die Burger my. Sy vertel my dat die koerant mnr Skinner geskakel het, maar dat hy geen kommentaar wou lewer nie, want die saak word nou ondersoek. Hulle kry toe ‘n ander groter grootkop in die hande en verwys hulle navraag na hom en hulle wag nou vir hom om terug te kom na die koerant. Intussen wil sy net weet of die verkeersman homself aan my geidentifiseer het. Ek antwoord, ‘nee, ek het sy naam op sy naambalkie op sy hemp gesien, maar hy het homself op geen manier identifiseer nie. Ek het maar goedertrou aanvaar hy is wel ‘n verkeersman.’ Sy vra of hy aggresief was, ek sê ja. Sy wil weet of ek bedreig gevoel het, ek antwoord weereens ja, ek het nogal, want die afrit was stil en dit was net ek en hy daar. Sy sê hulle sal my laat weet sodra hulle enige terugvoer van die Provinsiale Verkeer gekry het.

Minder as ‘n uur gaan verby voor my telefoon weer lui. Die persoon aan die anderkant identifiseer homself as mnr Pat Curran, hoof van die Provinsiale Verkeer (so mnr Skinner was seker ‘n Mickey Mouse waarmee hulle my eers wou sus). Mnr Curran vra ernstig om verskoning vir die verkeersman se gedrag, hy vertel my dat Buys GEEN rede gehad het om my af te trek nie en dat daar ook nie so iets bestaan soos sommer net ‘n R1000 boete vir volgafstand nie.

Hy vra ook verskoning vir Skinner se uitlating oor die 3 kante van die storie en verseker my dat ek voor die einde van volgende week ‘n verskoning van beide persone sal ontvang, hy gaan net die interne ondersoek afhandel. Mnr Curran gee ook vir my sy persoonlike selfoonnommer en vra dat ek hom asseblief direk kontak die oomblik as enige verkeersman my weer onregmatig intimideer.

LEKKER! Kry vir jou, Buys. Hierdie keer het jy die verkeerde perd opgesaal!

OCD, die Obsessie

Wipneus vra HIER of sy ‘weird’ is. Die kommentaar het my laat besef daar is baie van ons “out there”. Maar is dit werklik obsessiewe gedrag, of soos die Engels sê OCD (Obsessive-Compulsive Disorder)? Ek het bietjie gaan lees en op ‘n paar interessante, maar ook kommerwekkende (vir myself) feite afgekom.

OCD is ‘n sielkundige angsversteuring, meestal gekarakteriseerd deur die persoon se obsessiewe, ontstellende, indringende gedagtes en verwante dwanghandelings (take of rituele) wat die persoon doen of gebruik om die obsessies te neutraliseer.

Die frase ‘obsessief-kompulsief’ het egter al sy pad so ingewurm in die wyer betekenis van die taal en word soms sommer op ‘n ongeërgde manier gebruik om iemand wat bloot puntenerig, oorpresies of eksie-perfeksie is (lees ook dalk hier ‘pyn-in-die-gat’), te beskryf.

Sulke optredes moenie nou sommer as OCD aangesien word nie. Dit is ook belangrik om te onderskei tussen OCD en ander tipes angs, insluitende spanning en stres, wat maar in mens se alledaagse lewe voorkom. Alhoewel hierdie tekens ook gereeld voorkom in OCD, beteken dit nie noodwendig dat ‘n persoon wat tekens toon van fiksasie met ‘n onderwerp of voorwerp, of ‘n persoon wat kenmerke van perfeksionisme het, aan OCD ly nie. OCD is ‘n spesifieke en goedgedefinieerde toestand.

Om gediagnoseer te word met obsessiewe-kompulsiewe gedrag, moet mens óf net obsessies óf  net kompulsies hê, of albei.

Obsessies is:

  • 1. Herhalende en aanhoudende gedagtes, impulse of beelde wat ervaar word as indringend en onvanpas en wat merkbare angs en stres veroorsaak
  • 2. Die gedagtes, impulse of beelde is nie bloot net oormatige kommer oor werklike probleme nie.
  • 3. Die persoon probeer die gedagtes, impulse of beelde ignoreer of neutraliseer met ‘n ander gedagte of aksie.
  • 4. Die persoon besef die obsessiewe gedagtes, impulse of beelde is ‘n produk van sy eie denke en nie gebaseer op die werklikheid nie.

Kompulsie is:

  • 1. Herhalende gedrag of denke wat die persoon gedrewe voel om uit te voer in reaksie op ‘n obsessie, en volgens reëls wat onbuigsaam moet toegepas word.
  • 2. Die gedrag of denke is daarop gemik om angs te verminder of om een of ander aaklige gebeurtenis of situasie te verhoed. Hierdie gedrag of denke is egter glad nie op ‘n realistiese manier gekoppel aan die gebeurtenis of situasie wat dit veronderstel is om te neutraliseer of te voorkom nie en is heel duidelik oordadig.

Tesame hiermee moet die obsessies of kompulsies ook meer as een uur van die persoon se tyd per dag in beslag neem, dit moet angs veroorsaak en dit moet die persoon verhoed om normaal sosiaal te verkeer of hom strem in sy funksionering in die werks- of skoolomgewing. OCD veroorsaak ook heel dikwels gevoelens soortgelyk aan depressie.

Selfs met vandag se gevorderde wetenskap is daar steeds ‘n skeuring onder wetenskaplikes oor wat hulle glo die oorsaak van OCD is. Een groep glo dis sielkundig van aard, terwyl ‘n ander groep glo dis neurologies.

Die kognitiewe gedragsmodel stel voor dat die gedrag wat uitgevoer word om die angsgedagtes te verwyder, slegs tydelike verligting bring. Elke keer as die gedrag voorkom, word dit negatief versterk deur die verligting van die angs. Dus neem die disfunksionele gedrag toe en kan dit mettertyd oorgaan tot ander, verwante stimuli.

Byvoorbeeld: Na die persoon aan ‘n deurknop gevat het, dink hy dat hy ‘n siekte gaan kry van die kieme aan die knop. Hy word angstig en gaan was dadelik sy hande, wat verligting van die angs bring. Die volgende oomblik begin die persoon wonder; “Het ek my hande deeglik genoeg gewas?”. Hierdie gedagte veroorsaak opnuut weer angs en die persoon voel gedrewe om sy hande weer te gaan was. Die angs word verlig, net totdat die persoon weer dink dis dalk nie goed genoeg gewas nie en so ontstaan die bose kringloop.

Nog ‘n voorbeeld kan iemand wees wat aanhoudend seker maak dat sy geparkeerde motor gesluit is voordat hy wegloop of iemand wat die ligte ‘n paar keer aan en af sit voordat hy ‘n vertrek verlaat. Fisiese simptome kan ook voorkom as gevolg van die angs, soos byvoorbeeld trekkings of Parkinsons tipe simptome, byvoorbeeld styfheid, bewerigheid of onwillekeurige rukbewegings van sekere ledemate.

Simptome kan die volgende insluit:

  • Herhalende was van die hande.
  • Herhalende keelskoonmakery, al is daar niks in die persoon se keel nie.
  • ‘n Spesifieke tel sisteem – bv. tel in groepe van vier, rangskik onderwerpe in groep van drie, rangskik goed in ewe/onewe genommerde groep.
  • ‘n Ernstige simptoom is wanneer die persoon sy treë begin tel en byvoorbeeld voel hy MOET net ‘n sekere hoeveelheid treë na sy motor toe loop in die oggend.
  • Die perfekte opstelling van onderwerpe, met absolute reghoeke, of presies parallel.
  • ‘n Vrees vir geweldadige optrede of die oormatige gevoel van verantwoordelikheid vir ander se veiligheid.
  • Seksuele obsessies of ongevraagde seksuele gedagtes. Twee klassieke voorbeelde is dat die persoon vrees dat hy dalk ‘n homoseksueel is of ‘n pedofiel is.
  • Vreemde en kroniese kommer oor sekere dinge soos slaap, eet, die huis verlaat, ens, sonder sekere items. Amper soos ‘n kind met ‘n trooskombersie of ‘n fopspeen.
  • ‘n Vrees om mal te word.
  • ‘n Vrees om siektes op te doen deur ander mense se spoeg, bloed, sweet, trane, ens.
  • Die behoefte om te sorg dat albei kante van die lyf in balans bly. ‘n Persoon met OCD sal op die sypaadjie loop en met sy linkervoet op ‘n kraak trap. Hy sal dan voel hy MOET met sy regtervoet ook op ‘n kraak trap, anders is alles uit balans uit. As een hand nat word, moet die ander hand ook nat word.
  • ‘n Obsessie met nommers. Sommige mense is obsessief oor gelyke getalle en haat ongelyke getalle.

Die persoon se brein stel vir hom ‘n uitdaging wat veroorsaak dat hy voel hy sal doodgaan as hy dit nie presies reg doen nie.

OCD lyers weet ook dat hulle gedagtes en gedrag nie rasioneel is nie, maar voel hulpeloos om dit te verander. OCD word ook beskou as een van die moeilikste angsversteurings om te behandel.

OCD begin gewoonlik eers in die laat tienerjare tot die middel 20’s, maar dit neig om vroeër voor te kom by mans as vrouens. Dit is ook vasgestel dat OCD lyers oor die algemeen bo-gemiddeld intelligent is.

Hoe lyk my eie prentjie?

Ek gaan slaap nie in die aand sonder dat my skottelgoed gewas is en my kombuis 100% aan die kant is nie. Ek het nogal ‘n obsessie daaroor.

Ek sal nooit my klere net iewers neergooi nie. As ek uittrek, word alles onmiddellik gebêre of in die wasgoedmandjie gegooi. En behode enige een wat sy klere iewers net neergooi.

My klere in my kas is in netjiese hopies sorteer, volgens my eie stelsel, wat net ek natuurlik verstaan. En die wat hang, het ook ‘n presiese plek – soort by soort. Maar ek bekommer my nie oor enige iemand anders se kas nie.

As ons iewers heen weggaan, sal ek aan die anderkant onmiddellik eers alles uitpak en ‘n plekkie vir alles kry, voordat ek kan begin ontspan en vakansie hou.

(Dammit, hoe meer ek skryf, hoe meer onthou ek nog)

As ek ‘n motor eers een keer gestamp het, verkoop ek hom. Ek sal nooit weer dieselfde oor hom voel nie.

Ek probeer om nie op die lyne op sypaadjies en blokkiesvloere te trap nie, maar ek gaan darem nie terug en doen dit oor as ek nou wel op ‘n lyn getrap het nie. Hierdie obsessie het ook al bietjie vervaag met die jare.

Ek tel ALTYD die trappe as ek dit klim, dis nogal ‘n erg een by my.

Ek haat tandepasta buisies wat in die middel gedruk is.

Ek verpes ‘n onnet en vuil plek en alhoewel ek nie ‘n aanval kry vir ‘n bietjie stof nie, maak ek my huis self skoon en ten minste elke tweede week amper soos in ‘spring cleaning’ skoon. Die res van die tyd darem net bolangs. Maar dis altyd netjies.

Goed, dan moet ek darem ook net noem – ek vergeet soms my huis se ligte aan, ek het al met oop deure geslaap, my motor is meer vuil as wat hy blinkskoon is, ek het ook al vergeet om my motor te sluit in ‘n parkeer area, ek is nie sommer bang vir kieme nie en ek was nie aanmekaar my hande nie.

So, is ek OCD, of sommer net soms ‘n pyn in die gat? 😆

En jy?

{Bron: – Wikipedia}

Ietsie Ligs, Ietsie Scary

Why coloureds can’t be terrorists: by MARK LOTTERING

– Ons is altyd laat. We would have missed all 4 flights.
– We talk loud and would bring attention to ourselves.
– Met free kos en cooldrink oppie plane, we’ll sommer forget why we’re there.
– We praat with our hands, so we’ll continually be putting the weapons down.
– We would ALL want to fly the freaking plane, ending in a MOERSE fight with each other.
– We’ll sommer argue and start a fight in the terminal before we even get on the plane & one of us is bound to say out loud: “Gaan k*k man! Dan hijack jy die f**kken plane alleen!!”
– Ons kannie ‘n secret hou nie. We would have told everyone a week before doing it, telling them: “Moet vir niemand sê nie, ho!”
– We would have insisted that the plane fly past Strandfontein Pavillion.
– We would have all lined up to get our photograph taken by one of the hostages.
– When we enter the cockpit, we would have used the intercom system for a karaoke session, with one d**S trying to sing “I did it my way”.
– We would first rob everyone of their Ray-Bans, cellphones and gold teeth, just before we crash the plane.
– Our whole freaking family plus neighbors would have been at the airport to see us off, crying their bleddie eyes out, and your mother saying to the white ou next to her: “I’m so proud of him. It’s the first time he’s hijacking a plane!”
– We would have dressed like terrorists for our airport go-away clothes: balaclavas, jumpsuits, karate skoentjies, dark glasses, en ‘n MOErse attitude.
– Two of us would have forgotten our passports at home.
– Three of us would have overweight luggage.
– All of us would have luggage.
– We would have all wanted to watch the in-flight movie first.
– Before we went into action, we would have all queued up at the toilet to first gel our hair.
– We would have taken the plane for a joyride first, played the music at full blast and try to park the plane somewhere where the chicks could see us.

**********************************************************************************************

Africa News articles that got the world’s attention! – Very, very scary actually

The Cape Times:

“I have promised to keep his identity confidential,’ said Jack Maxim, a spokesperson for the Sandton Sun Hotel,Johannesburg, “but I can confirm that he is no longer in our employment”.

“We asked him to clean the lifts and he spent four days on the job.

When I asked him why, he replied: ‘Well, there are forty of them, two on each floor, and sometimes some of them aren’t there’. Eventually, we realised that he thought each floor had a different lift, and he’d cleaned the same two twelve times.

We had to let him go. It seemed best all round. I understand he is now working for GE Lighting.”

 

The Star,  Johannesburg:

“The situation is absolutely under control,” Transport Minister Ephraem Magagula told the  Swaziland parliament in Mbabane. “Our nation’s merchant navy is perfectly safe. We just don’t know where it is, that’s all.”

Replying to an MP’s question, Minister Magagula admitted that the landlocked country had completely lost track of its only ship, the ‘Swazimar’: “We believe it is in a sea somewhere. At one time, we sent a team of men to look for it, but there was a problem with drink and they failed to find it, and so, technically, yes, we’ve lost it a bit. But I categorically reject all suggestions of incompetence on the part of this government.”

“The Swazimar is a big ship painted in the sort of nice bright colours you can see at night. Mark my words, it will turn up. The right honourable gentleman opposite is a very naughty man, and he will laugh on the other side of his face when my ship comes in.”

 

The Standard,  Kenya:

“What is all the fuss about?” Weseka Sambu asked a hastily convened news conference at Jomo Kenyatta International Airport. “A technical hitch like this could have happened anywhere in the world. You people are not patriots. You just want to cause trouble.”

Sambu, a spokesman for Kenya Airways, was speaking after the cancellation of a through flight from Kisumu, via Jomo Kenyatta, to Berlin: “The forty-two passengers had boarded the plane ready for take-off, when the pilot noticed one of the tyres was flat. Kenya Airways did not possess a spare tyre, and unfortunately the airport nitrogen canister was empty. A passenger suggested taking the tyre to a petrol station for inflation, but unluckily the jack had gone missing so we couldn’t get the wheel off.

“Our engineers tried heroically to reinflate the tyre with a bicycle pump, but had no luck, and the pilot even blew into the valve with his mouth, but he passed out.”

“When I announced that the flight had to be abandoned, one of the passengers, Mr Mutu, suddenly struck me about the face with a life-jacket whistle and said we were a national disgrace. I told him he was being ridiculous, and that there was to be another flight in a fortnight. And, in the meantime, he would be able to enjoy the scenery around Kisumu, albeit at his own expense.”

 

From a Zimbabwean newspaper

While transporting mental patients from Harare to Bulawayo, the bus driver stopped at a roadside shebeen for a few beers. When he got back to his vehicle, he found it empty, with the 20 patients nowhere to be seen. Realizing the trouble he was in if the truth were uncovered, he halted his bus at the next bus stop and offered lifts to those in the queue. Letting 20 people board, he then shut the doors and drove straight to the Bulawayo mental hospital, where he hastily handed over his charges, warning the nurses that they were particularly excitable. Staff removed the furious passengers; it was three days later that suspicions were roused by the consistency of stories from the 20. As for the real patients: nothing more has been heard of them and they have apparently blended comfortably back into Zimbabwean society.

(Nou het ek regtig alles gehoor in hierdie lewe!)