Op alle gesigte van alle mense
altyd jou oë die twee broers
die gebeurtenis van jou en die onwerklikheid
van die wêreld
Alle geluide herhaal jou naam
alle geboue dink dit en die plakkate die tikmasjiene raai dit en die sirenes eggo dit
elke geboortekreet bevestig dit en die verwerping
van die wêreld
My dae soek na die voertuig van jou liggaam
my dae soek na die gestalte van jou naam
altyd voor my in die pad van my oë
en my enigste vrees is besinning
wat jou bloed wil verander in water
wat jou naam wil verander in ‘n nommer
en jou oë ontsê soos ‘n herinnering
water is in bloed
ene en nulle is
die naam op jou pc screne
die oë lewe die hede
is in die hart waar
herinnering asemhaal
Maar dat Ingrid Jonker bepaald weet hoe om woorde op te stel, is gewis onbetwisbaar so.
Ek sien nou eers vir Ingrid Jonker raak, hoe wonderlik was sy nie met woord nie…net so ‘n woordmeester.
Ek het groot agting en waardering vir Ingrid. Ek sou net graag dat nuwe digters ook soveel hoe-ha oor hul werk kry, as die Jonkers en Breytenbachs. Of gaan die digters steeds oor 3 dekades die verheerlikte misfits wees?
Stem saam met skoor. As amateur digter van hierdie eeu wens ek soms ek kan my vinger in die lig steek en vra vir ‘n spreekbeurt. Ingrid is my heldin.