Ek trek 1 September

Vir die wat dalk so bietjie gewonder het waarom ek so skaars is – Sonkind het ‘n nuwe speelplek gekry. Dit gaan nog hak en tak en ek het al die afgelope twee weke my anderkant afgesukkel, maar “slowly but surely I am getting there”!

Ek het besluit om die stoute skoene aan te trek en in die groot kanonne (no pun intended  😈 ), SOLDAAT en JOHAN SWARTS, se voetspore te volg.

Ek, wat nie ‘n cookin clue het van CSS en Stylesheet en HTML en .php files nie, het die afgelope week  my koppigheid tot my voordeel gebruik, want ek het doodeenvoudig geweier om op te gee. Ek het met ‘n bietjie hulp van Gestorwe Soldaat en BAIE frustrasie van my eie, vasgebyt en geleer hoe om hierdie goete te lees en te edit, plug-ins te install en… en… en… ek leer nog steeds.

Ek het naderhand so baie copies van copies van oorspronklike files gehad, omdat ek bang is ek donner iets op, dat ek soms onseker was of ekself nog die oorspronklike Sonkind is! 🙂

Gelukkig het ek sover nog niks opgefoeter nie – touch wood!

Toe ek vir onse Vokof vertel ek gaan trek, vertel hy my so ewe dat hy nie homself SOOO liefhet dat hy sy eie webspasie wil koop nie. Maar dis nie waaroor dit gaan om mens se eie plekkie hier te koop nie. Dis amper soos huis huur en huis koop. As dit jou eie is, dan kan jy bou en breek en mooi maak soos jy wil en daar is nie veel beperkings nie. En buitendien – a change is as good as a holiday!

En hopelik sal julle almal nog steeds daar vir my kom kuier.

Ek hoop om op 1 September klaar gebou en gebreek te wees, (onthou, ek kan my mind nog dalk ‘n paar keer verander oor die “look”), maar intussen sal enige kommentaar welkom wees. En kritiek is ook okay 😆

Op lentedag wil ek dak natmaak

HIER

Die winter was hoeka lank genoeg!

Advertisements

22 Responses

  1. Baie geluk met jou nuwe plekkie, ek wens vir jou voorspoed en baie heerlike blogure onder jou eie dak. Ek sal gereeld by jou kom inloer.

  2. Beste besluit ooit. Ek het al 6 jaar my eie domain, eers vir net email en trek nou al by drie. Dit is te heerlik om jou eie speelplek te hê. Mens leer so vinnig om dinge self te doen. Sterkte en laat weet wanneer die trek voltooi is.

  3. Ag, hoekom voel ek so half droewig? So asof jy nie fandamilie gaan wees nie? 😉
    In elk geval, geluk met jou huis. Natuurlik sal ek daar ook gaan kuier. Wat het jy gedink?? 😆

  4. Sonkind, ek het nou weer van die ander kant af gekom. Eers my eie domain gehad en self alles gedoen en toe besluit hoekom al die gesukkel as alles vir my deur WordPress gedoen word? Miskien was ek net te besig en nie kreatief genoeg nie. Geniet jou nuwe avontuur. Terloops, weet nie of jy weet nie, maar daar is min wat mens nie kan leer oor CSS, HTML, PHP en dies meer op http://www.w3schools.com nie.

  5. Ek het gewonder oor die stilte hier… Baie geluk met jou eie webtuiste!! So saam met die begin van die lente ‘n nuwe begin vir Sonkind!! Geniet dit!!

  6. flippiefanus – waar was jy toe ek so gesukkel het! 😆

    BAIE DANKIE vir daai link – nou gaan ek eers lekker besig raak

    Mefri, Rustig, boendoe, reisiger – ek sal laat weet as dit daknatmaak tyd is

    en boendoe – ek gaan mos nie ver nie (soos daai babatjie in die stootwaentjie in die Sasol advertensie van destyds!) 😆 😆 😆

  7. Eendag as ek GROOT is wil ek ook my eie domain he.

  8. Ek is amazed! Gelukkig is dit nog steeds net ‘n druk van ‘n knoppie ver!! Ek lief die kuberruimte… Ek kuier dan tot in Korea so een maal ‘n dag!!!
    Veels geluk Sonnie, laat weet as ons moet kom party!

  9. awesome, hehe 🙂 ek sien uit na 1 september. welkom in kanonland :p

  10. (terloops, as jy hulp soek en DGS is met vakansie, vra gerus)

  11. Baie geluk en sakke vol sterkte vir al die tandekry tye wat voorle. 😉

  12. Kan iemand nie ‘n slag vir ons ‘n stap-vir-stap handleiding skryf oor hoe jy jou eie domein registreer en daar begin werk nie? Sonkind. Hoe het jy begin, vir wie moes jy betaal, het jy e^rens ‘n boek gekoop wat jou dit geleer het, ens ens ens.

  13. Ai Sonson, jy sal maak dat hierdie pompie van my ‘n klop of twee mis. Lol!

    Lol, ai, ou Vokkie het weer sy/haar bekkie kom uitspoel, hoe lyk dit dan nou vir my dat die Uwe nie eers hom/haarself lief het nie.

    … nie te min, geluk met jou nuwe dak. Jy verdien dit om daar bo saam die goot kanonne te skiet.

    Daar in wingerland skiet jul mos elke-dag die kanon om twaalf uur.

    Welgedaan!!!

  14. Bertus – ek het Gestorwe Soldaat se voorbeeld gevolg en by
    Afrihost spasie gekoop – daar is 3 opsies en die pryse is regtig baie billik – gaan loer daar.
    http://www.afrihost.com

    Hulle gee ook video tutorials saam, maar hierbo het flippiefanus ook ‘n BAIE cool website gegee. Verder het ek maar myself geleer sover met probeer en probeer en weer probeer. Dit is dan die heel lekkerste as mens uiteindelik die resultaat kry wat jy gesoek het. Ek het nog ‘n paadjie om te stap voor alles daar anderkant na my sin is 😉

  15. Lekker speel. Geniet!

  16. Ag lekker! Ek sal ook wil bou en breek aan my eie plekkie, maar ek het nie ‘n clue van al daai ingewikkelde rekenaartaal en stuff nie en ek het ook nie rerig die td om te sukkel met dit nie! Jy moet jou nuwe tuiste geniet en ek sal verseker daar ook kom kuier vir ‘n bietjie SA son!

  17. Dog jy pak uiteindelik jou tassies Transvol toe – toe nou nie.

    🙂

    Daai sal ‘n meer hectic move wees, jy weet mos.

  18. Ek kry solank cocktails reg vir Lentedag! 😉

  19. Cool man. Baie geluk. Moet sê jy sien vir baie meer as ek kans! 😆

  20. Ooooooooooh! A new pad! How exciting!

  21. baie geluk en sal beslis steeds daar kom kuier.

  22. Dankie vir die groete op my blog, en sterkte met die trek! LOL.
    Ek sal beslis kom lees daar.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: