29 Februarie – Skrikkeldag

Môre is skrikkeldag, 29 Februarie 2008.

Op 29 Februarie 1988 word aartsbiskop Desmond Tutu saam met 100 geestelikes gearresteer in ‘n vyf dae lange anti-apartheid betoging in Kaapstad.

‘n Skrikkeljaar is ‘n jaar wat ‘n ekstra dag bevat om sodoende die kalenderjaar te sinchroniseer met die astronomiese jaar. Seisoengebeure en astronomiese gebeure herhaal nie op ‘n presiese aantal dae nie, met die gevolg dat ‘n kalender met dieselfde aantal dae in elke jaar geleidelik sal verskuif ten opsigte van die gebeurtenisse waarmee dit moet ooreenstem. Deur dus by geleentheid ‘n ekstra dag in die jaar by te voeg, kan hierdie verskuiwing herstel word.

Julius Ceasar is die eintlike vader van die skrikkeljaar. Die ontstaan daarvan was in 45 BC. Die vroeë Romeine het ‘n 355 dag kalender gehad en om feeste elke jaar gedurende dieselfde seisoen te kon hou, het hulle elke tweede jaar ‘n ekstra maand van 22 of 23 dae gehad. Julius Ceasar het toe besluit om dinge eenvoudiger te maak en het ekstra dae by elke maand gevoeg om sodoende ‘n 365 dag kalender te skep. Die eintlike berekening is deur Ceasar se sterrekundige, Sosigenes, gemaak. Elke vierde jaar het Februarie, wat normaalweg net 28 dae het, dus 29 dae gehad.

In 1582 het Pous Gregory XIII die kalender verfyn met die reël dat skrikkeljaar elke jaar sal wees wat deur 4 kan deel, basies maar net presies wat Ceasar gedoen het.

Die Gregoriaanse kalender voeg ‘n ekstra dag by Februarie in jare wat deelbaar is deur vier, behalwe vir jare wat deelbaar is deur 100, maar nie deur 400 deel nie. Dus is 1996 en 2000 skrikkeljare, maar nie 1900 of 2100 nie.

In 1712 het die kalender van die Sweedse ryk ‘n tweede skrikkeldag gehad, 30 Februarie, om ‘n fout reg te maak met hul oorskakeling van die Juliaanse na die Gregoriaanse kalender wat sou plaasvind deur 40 jaar se skrikkeldae weg te laat van 1700, maar in 1704 en 1708 is skrikkeldae wel ingesluit.

In 1930 en 1931 het die Sowjet-Unie 30 dae gehad in Februarie as gevolg van hul revolusionêre kalender. Volgens hierdie kalender het elke maand 30 dae gehad, met 5 of 6 maandlose vakansiedae. Die oorspronklike maandlengtes is in 1932 herstel.

Skrikkeljare is ook tradisioneel die tyd waarin ‘n vrou ‘n man kan vra om met haar te trou. In ons hedendaagse tyd hoef vrouens darem nie regtig meer vir skrikkeljaar te wag as hulle ‘n man wil vra nie, maar voorheen is daar neergesien op ‘n vrou wat so iets sou waag. Toe word besluit om vroue toe te laat om op een dag in elke vierde jaar dit te mag doen, nl. 29 Februarie.

Die tradisie het blykbaar ontstaan in die 5de eeu in Ierland. St Bridget het by St Patrick gekla omdat vrouens so lank moet wag vir mans om die jawoord te vra. Volgens die legende het St Patrick toe ‘n toegewing gemaak dat vrou mans mag vra op hierdie een dag in vier jaar.

Volgens die Engelse wet is 29 Februarie ignoreer en het dit geen wetlike status gehad nie, dus het tradisies daaraan verbonde ook geen status in Engeland gehad nie.

Die eerste dokumentasie oor hierdie praktyk dateer uit 1288, toe Skotland ‘n wet uitgevaardig het dat vrouens wettig toegelaat word om mans te vra om te trou op 29 Februarie. Die wet het ook gestipuleer dat, as die man sou nee sê, hy ‘n boete moes betaal. Die boete kon enigiets wees van slegs ‘n soen tot ‘n paar handskoene of ‘n syrok.

In die Verenigde State verwys sommige mense na 29 Februarie as Sadie Hawkins Dag. Dié tradisie het in 1937 begin na aanleiding van die strokiesprent Li’l Abner. Sadie het op die dorpie Dogpatch gewoon. Sy was ‘n regte plat-op-die-aarde-meisie. Maar niemand wou haar vra om te trou nie. Toe sê haar pa, die burgemeester, dat 29 Februarie Sadie Hawkins-dag is. Die ongetroude meisies van Dogpatch kon agter enkellopende mans aanloop. As ‘n vrou ‘n man kon vang en hom teen sonsondergang saamsleep na die eindstreep, moes hy met haar trou. Sadie het darem ‘n outjie oor die eindstreep gesleep!

Baie mense verkies egter om Sadie Hawkins Dag in November te vier, die dag waarop Al Capp die eerste vermelding van Sadie Hawkins gemaak het

Die Griekse bygeloof is dat paartjies wat in ‘n skrikkeljaar trou, ongelukkig sal wees. Blykbaar trou net een uit elke vyf verloofde pare in Griekeland gedurende ‘n skrikkeljaar.

Geniet die dag môre en mag die waaghalsige vrouens die dag goed gebruik om daar die groot vraag te vra! Hopelik is die antwoord ja.  🙂

Sommer net vandag

neelsie-3.jpg

neelsie.jpg

Anoesjka oppie plaas – deel 3

Die wat nog nie van Anoesjka gelees het nie, ek het die eerste keer HIER van Anoesjka en die plaas vertel en toe weer DEEL 2 ook bygevoeg.

Ons sou oorspronklik gaan kuier het met ons verlof, maar ander dinge het voorgeval. Terwyl ek met verlof was, stuur Anoesjka toe die volgende nuus aan.

mookie-skapie.jpg

Vandag is ‘Doomsday’… ons gaan ons eerste skapie slag vanoggend. Dis maar vir my baie erg om daaraan te dink, maar dit is seker nou maar boerdery. Dit is heerlik koel vanoggend. Jaco is al 5-uur weg om te gaan turksvye pluk (yummie!). Daar is niks so lekker soos ‘n yskoue stroopsoet turksvy op ‘n warm somersdag nie. En praat van warm… gister was dit WARM! Tussen 35 en 38 grade. Die hitte maak mens pap. Dis mos nou nie so maklik om hier net ‘n knoppie te druk vir die ‘air-con’ of waaier nie. Selfs gisteraand was dit warm met nie ‘n luggie wat roer nie – dan sukkel mens om jou lê te kry.

Moenie dink jy kan saans iets probeer doen nie… as dit donker word moet jy ook maar so gou as moontlik gaan inkruip (om enige ligte te vermy), anders takel die muskiete en motte jou. Maar wat, ons kom nooit regtig vroeg in die bed nie – daar is net altyd nog iets wat gedoen moet word.

Nou die aand het ek vir die eerste keer ‘n jakkals hoor roep… dit gee mens regtig koue rillings. So ‘n paar aande gelede het ons ook ‘n uil gehoor – sommer hier by die huis. Die naggeluide bly maar mooi, al is dit soms bietjie ‘scary’.

Ons het intussen twee nuwe toevoegings tot die familie gekry. Eintlik was hulle reeds deel van die familie, maar hulle het op die buurplaas gebly… my Mookie se ma (Moomama) en haar yslike groot suster (het nog nie naam nie). Dit is nou vir jou twee wilde koeie! Om een of ander rede (ons dink dit was oor die bul) wou hulle net eenvoudig nie hier bly nie. Sodra Jaco hulle gaan haal (met baie moeite) dan hardloop hulle net weer terug – spring sommer oor die drade. Op die einde van die dag moes hy maar vir Moomama aan ‘n tou vasmaak. Dit was nou groot pret om die affere te aanskou! Hulle was later 4 mans wat net met die koei sukkel. So een of twee drukke met die ‘prodder’ (shame) het darem ook wondere verrig.

Ek is seker ons het die gulsigste ganse! As die waenhuisdeur oopgaan, is hulle daar… met hul nekke so laaank uitgestrek en hul bekke oop. Dan soek hulle mielies (hulle kry net twee keer op ‘n dag mielies). Die arme hoenders staan nie ‘n kans nie – hulle word sommer weggejaag. Ek lag lekker as die ganse ‘n bietjie bene en vlerke rek… al vier staan langs mekaar en begin ewe skielik net te hardloop en vlerke klap met ‘n groot geraas – probeer seker kyk wie kan eerste opstyg.

Verder wag ons net in spanning dat ons kuikens moet begin uitbroei – die tyd moet nou amper verby wees. Hoop net nie die honde dink dis nou ‘n lekker happie vir hulle nie. Wag, daar kom die son nou op…. daar is net mooi niks so mooi soos ‘n sonopkoms of -ondergang hier in die Karoo nie. Elke keer lyk dit anders en elke keer is dit asemrowend. En o ja, moenie van die maan vergeet nie – veral nie as dit volmaan is en hy soos ‘n groot rooi bal op die horison verskyn nie.

……. Ek skryf nou verder waar ek ‘n paar dae gelede opgehou het en toe nooit die mail gestuur het nie. Ons kuikens het nou begin uitbroei, ek stuur ‘n foto saam. Ons het 10 eiers onder die hennetjie gehad (4 van haar eie en dan 6 Buff Oppington eiers wat ons by die buurplaas se hen gekry het). Almal behalwe een het uitgebroei – hy het begin pik aan die dop maar was dood voor hy heeltemal uitgebroei het. Nou het ons egter ‘n ander krisis.

kuikens2.jpg

Die hen weet wraggies presies watter kuikens is haar eie en watter is nie! Sy wil die ander kuikens sommer doodpik en het enetjie van hulle nou al lelik vermink voor ons dit agtergekom het. Sy koppie lyk baie sleg en hy is taamlik swak – weet nie of hy dit gaan maak nie, maar ons probeer ons bes om hom deur te haal. Die 4 ander “vreemde” kuikens hou ons ook eenkant, maar hulle lyk heel goed. Die beseerde enetjie voer ons nou met pap en water. Hy piep omtrent! Ons is nie seker of hy eens kan sien nie, want albei ogies lyk beseer. Sê maar asseblief ‘n gebedjie op vir my beseerde kuiken.

kuikens3.jpg

Hier steek darem nou so ‘n bietjie donderweer op. Hopelik kom reën dit om darem net die aarde hier ‘n bietjie af te koel. Turksvygroete! Anoesjka

Intussen het Anoesjka verlede Dinsdagnag met die bus afgekom Kaap toe, want sy moes iemand hier by die kantoor kom opleiding gee om een van haar baie groot projekte oor te neem, sodat daar darem meer as een persoon is wat weet wat aangaan. So sy kuier / werk nou al ‘n week hier, maar môre verlaat sy ons weer vir haar vreedsame lewe op die plaas.

Die beseerde kuikentjie is toe ‘n paar dae later dood, sommer so in haar hand en ongelukkig het die honde ook een van die kuikens beetgekry en die arme kuiken het nie oorleef nie. Hulle het ook toe meer as ‘n duim reën gekry op die plaas.

Dalk kan ek vanaand in haar rooi wieletjie tas wegkruip en saam teruggaan plaas toe!

Sylvester Frederik Basson – R.I.P.

Somtyds kom iets of iemand in mens se lewe en bly net ‘n kort tydjie, om dan weer vir altyd weg te gaan. Die redes weet en verstaan mens nie altyd nie.

Vroeg in Desember het ek HIER vertel van my katjie wat ‘n vroeë kersgeskenk was. Ek het nie ‘n naam vir hom gehad nie. Omdat hy NET soos Sylvester van die strokiesprent gelyk het, was dit een van die voorstelle vir ‘n naam. Adam het voorgestel ek noem hom Frederik, en so is kat toe gedoop Sylvester Frederik, met noemnaam Sylfred. Remmo kom voeg toe Basson by (samevoeging van Basil en Son) en toe kry Sylfred sommer ook ‘n van by.

Sylvester Frederik Basson is gister begrawe in die hoekie agter in die tuin, waar hy so lief was om skoenlappers te jaag.

Oor die detail wil ek nie praat nie, maar ons vermoed iets het hom gebyt, soos ‘n giftige spinnekop dalk. Kort voor sy dood het hy nog soos altyd op en af rondgehardloop en gespeel en deur die venster by sy kamer ingespring. Ja, hy het sy eie plekkie in die huis gehad.

Saans as ek klaar was met die huisdinge, het hy partykeer om my bene kom draai en sulke krrr-geluide gemaak. Dan hardloop hy weg en gaan kruip iewers om ‘n draai weg en as ek naderkom, bespring hy my. Ek het toe besef hy praat met my, want hy wil dan hê ons moet speel. Ek het dan ook iewers om ‘n hoekie in die huis gaan staan en aan sy skaduwee gesien hoe hy my bekruip. Dan spring ek skielik uit en maak asof ek hom wil gryp. Hy het gewoonlik regop in die lug gespring, so ‘n draai gemaak en weggehardloop. Net om alles weer te herhaal.

Elke keer as ek op die rekenaar gewerk het, het hy op die stoel gespring en agter my rug kom lê. Later het dit my te veel gepla en ek het hom geleer om opgekrul by my voete te lê, waar ek hom gereeld sommer so met die voet gevryf het. Daar het hy te lekker gelê en slaap en was heel vies vir my as ek dan opstaan.

Ek was nog nooit iemand wat van my dier ‘n kind kon maak nie, want ek glo ‘n kind is nie ‘n dier en ‘n dier is nie ‘n kind nie. Het juis onlangs nogal ‘n hete argument hieroor met ‘n goeie vriend gehad. Maar dit beteken nie ek is minder lief vir my diere nie. My hart is SEER. Ek sien heeltyd die ou lyfie voor my geestesoog. Dit gaan ‘n rukkie vat om oor die seer te kom.

Rus in vrede Sylfred. Ek hoop daar waar jy nou is, is baie skoenlappers om te jaag.

Engel

Kite surf

Vandag het die see my geroep, en al waai die wind, as die see jou roep, dan antwoord jy. By Blouberg was daar ‘n magdom kites en kite surfers en gelukkig het ek my kamera byderhand gehad. Met tye het dit selfs gevoel die wind gaan my ook oplig, sommer so sonder ‘n kite!

Ek het, ten spyte van die wind wat my rondruk, ‘n paar video clips geneem – my hare het na die tyd gelyk asof ek agterstevoor op ‘n motorfiets gejaag het! 

Anyway, ek het bietjie ge-edit en rondgespeel en hier is die resultaat. Party plekke hop die beeld so bietjie, maar ek het ‘n paar goeie skote ook ingekry. (Ek wil ook nog so surf – eendag as ek groot is!)

One for the Women!

Hierdie was te goed om NIE te ‘copy’ en ‘paste’ nie. Sensitiewe manne moet dalk liewers nie lees nie!

This is an actual letter from an Austin woman sent to Maxi Pad Company, Proctor and Gamble regarding their feminine products. She really gets rolling after the first paragraph. It’s PC Magazine’s 2007 editors’ choice for best webmail-award-winning letter.

Dear Mr. Thatcher,

I have been a loyal user of your ‘Always’ maxi pads for over 20 years and I appreciate many of their features. Why, without the LeakGuard Core or Dri-Weave absorbency, I’d probably never go horseback riding or salsa dancing, and I’d certainly steer clear of running up and down the beach in tight, white shorts. But my favorite feature has to be your revolutionary Flexi-Wings. Kudos on being the only company smart enough to realize how crucial it is that maxi pads be aerodynamic. I can’t tell you how safe and secure I feel each month knowing there’s a little F-16 in my panties.

Have you ever had a menstrual period, Mr. Thatcher? No, off course not! Ever suffered from the curse’? I’m guessing you haven’t. Well, my time of the month is starting right now. As I type, I can already feel hormonal forces violently surging through my body, and soon I will have to fight the urges to reach through the computer screen to strangle anybody within reach on the other side. Just a few minutes from now, my body will adjust and I’ll be transformed into what my husband likes to call ‘an inbred hillbilly with homocidal knife skills.’ Isn’t the human body just amazing?

As Brand Manager in the Feminine-Hygiene Division, you’ve no doubt seen quite a bit of research on what exactly happens during your customers monthly visits from ‘Aunt Flo’. Therefore, you must know about the bloating, puffiness, and cramping we endure, and about our intense mood swings, crying, jags, and out-of-control behaviour. You surely realize it’s a tough time for most women. In fact, only last week, my friend Jennifer fought the violent urge to shove her boyfriend’s testicles into a George Foreman Grill, just because he told her he thought Grey’s Anatomy was written by drunken chimps. Crazy, isn’t it?

The point is, sir, you of all people must realize that the world is just crawling with homicidal maniacs in Capri pants… Which brings me to the reason for my letter. Last month, while in the throes of cramping so painful I wanted to reach inside my body and yank out my uterus, I opened an Always maxi-pad, and there, printed on the adhesive backing, were these words: ‘Have a Happy Period.’

Are you fu*ing kidding me? What I mean is, are you suicidal, and does any part of your tiny middle-manager brain really think happiness – actual smiling, laughing happiness is possible during a menstrual period? Did anything mentioned above sound the least bit pleasurable? Well, did it, James? FYI, unless you’re some kind of sick S&M freak girl, there will never be anything ‘happy’ about a day in which you have to jack yourself up on Motrin and Kahlua and lock yourself in your house just so you don’t march down to the local Walgreen’s armed with a hunting rifle and a sketchy plan to end your life in a blaze of glory.

For the love of God, pull your head out, man! If you just have to slap a moronic message on a maxi pad, wouldn’t it make more sense to say something that’s actually pertinent, like ‘Put down the Hammer’ or ‘Vehicular Manslaughter is Wrong’. Are you just picking on us or do you have a death wish?

Sir, please inform your Accounting Department that, effective immediately, there will be an $8 drop in monthly profits, for I have chosen to take my maxi-pad business elsewhere. And though I will certainly miss your Flex-Wings, I will not for one minute miss your brand of condescending bull sh*t. And that’s a promise I will keep. Always.

Best,
Wendi Aarons