En toe jy (Braam Smit)

vir Annemarie

Gekapte wolke knaag

deur die dik koue lug

aan’t flarde woorde val

in ‘n stormsee terug

daar’s ‘n vrou wat stukkend lê

iewers anderkant ‘n brug

(ek moet alweer ‘n nommer

van my selfoon afvee)

en daar’s wolke wat knaag

aan die koue dik lug.

5 Responses

  1. Te diep
    te rou
    te kaal

  2. Kyk net waarop kom ek hier af. Ek ken vir Braam. Het ook vir Annemarie geken.

  3. En ken jy die storie agter hierdie, Sonstudio? Want ek sal nogal baie graag die storie wou weet.

  4. Sal ek dit vandag raaklees. Ek het anderdag geweet ons praat een taal, ja.

  5. Sonkind, ek ken hulle van ons kommune-dae af. Ek het nie vir Annemarie baie goed geken nie, maar het gehoor sy het verongeluk oppad terug Pretoria toe.

    Het vandag eers weer hier by jou skadukolle kom draai, en sien nou eers jy het al laaaaaankal gevra… skies, né!

Lewer kommentaar