8ste Wonder!

Ek weet daar is 7 Wonders van die Wêreld. Moenie my vra wat hulle is nie, ek sal dit moet gaan “google”. Maar die 8ste Wonder is as ek die dag wol en penne vat en begin brei. Glo my, dit gebeur nie sommer net nie.

Ek het grootgeword met ‘n ma wat GLAD NIE naaldwerk kan doen nie, en ‘n tannie, my ma se suster, wat asemrowende trourokke, matriekafskeidsrokke en enigiets wat jy onder die son kan uitdink met lap of wol, kan maak. My tannie was eergister 77 jaar oud, maar sy maak nog steeds trourokke en afskeidsrokke. Dis na haar toe wat ons hardloop as ‘n broek ‘n soom nodig het, of ‘n ritssluiter gebreek het of enige iets wat met naald en gare te doen het.

Ek het nie poppe gehad toe ek klein was nie, maar wel papierpoppe, want al kon my ma nie naaldwerk doen nie, kon sy teken, BAIE mooi teken. Sy het vir my papierpoppe op karton geteken, wat net soos regte mense lyk, en sy het vir my poppe asemrowende uitrustings geteken. Ek het manspoppe, vrouepoppe en kinderpoppe gehad – ‘n hele gesinnetjie. En elkeen het sy eie klerekas gehad, met dagklere, aandklere, swemklere, speelklere, enige klere onder die son.

Verder kon my ma die mooiste stories uitdink en vertel en het sy vir ons baie liedjies geleer en saans vir ons gesing. Dis net die naaldwerk ding wat haar verbygegaan het, en so ook vir my. Sy het altyd gesê sy slaan knoppe uit as sy aan ‘n naald en gare vat. 😆

Ek het verseker daardie allergie by haar geërf.

Ek onthou een jaar wat sy besluit het sy kan ook klere maak as sy wil en sy het besluit sy gaan vir my en my sussie “shortie pajamas” maak. Wat haar besiel het om dit te kies, sal net sy weet.

Nou, my ma is Margie en my tannie is Elise, maar as hulle twee de hel in is vir mekaar, of mekaar net hap, dan noem hulle mekaar Elsie en Magriet. So kom kuier my tannie-hulle en dis badtyd en slaaptyd vir ons kinders. Ons kom sê nag, ewe windmakerig in ons tuisgemaakte nagklere. Nou moet ek bysê, ons was klein en die pofbroeke, wat ons soos Ethiopiese kindertjies met boeppensies laat lyk het, het ons nie veel gepla nie. Maar toe ons in die woonkamer inloop, met hierdie aardige pajamas aan, val my tannie amper van haar stoel af.

Sy: “Magriet, wat de donner het die kinders aan? Is dit weer een van jou brousels?”

En sy skater soos sy lag, terwyl sy my nadertrek en die binnekant van die nagklere bekyk, want my ma kon  nogal erg knoei, waar die oog nie kon sien nie.

My ma: “Elsie, gaan k&k man. Jy gaan nou nie weer my handewerk ondersoek van A tot Z nie. Ek dink nogals die pajamas het nie te sleg uitgekom nie.”

Maar toe begin my ma ook lag en hulle twee lag so, dat die trane later rol. My ma vertel ons om die nagklere te gaan uittrek, ander aan te trek en haar brousels vir my tannie te bring. So ‘n paar dae later het my tannie dit teruggebring en toe lyk dit soos winkelpajamas. Hoe sy al my ma se brousels reggekry het, sal net sy weet.   

Ek kan nie onthou dat my ma weer vir ons klere gemaak het nie. Ook maar beter so.

Toe kom my skooldae en ek MOET naaldwerk vat. Ek het elke oomblik met ‘n passie gehaat. In Standerd 7, die laaste jaar wat Naaldwerk vir my verpligtend was, moes ons ‘n romp met platplooie (“pleated skirt”) maak en ‘n bababaadjie brei. Toe dit klaar is, is my romp wyer bo as onder en my bababaadjie, met alle respek, net geskik vir ‘n babatjie met een arm langer as die ander een en n skewe lyfie. My onderwyseres besluit wyslik dat my werk eerder nie onder die inspektrise se oë moet kom nie, en stuur my om die biblioteek te gaan regpak die dag wat die inspektrise kom inspeksie doen. Wat van my romp en bababaadjie geword het, is tot vandag toe nog ‘n ‘mystery’.

Na Standerd 7 sit ek my hand nie weer aan ‘n naald, gare of wol nie.

My seun is gebore en ons doop hom in ‘n seunspakkie. Toe kom Megan. Terwyl ek swanger is met haar, is ek so seker dis ‘n meisiekind en ek besluit ek gaan vir haar ‘n dooprok brei!!!

Ek bly in die Transvaal, my ma-hulle in die Kaap, en die doop sou in die Kaap plaasvind, 4 maande na haar geboorte. My ma laat weet sy sal sorg vir die dooprok. Ek laat weet terug, nee dankie, ek is besig om die dooprok te brei. My ma vra sonder omhaal of ek van my sinne beroof is. Ek vertel haar koel en kalmpies dis my kind en ek GAAN SELF haar dooprok brei en basta!

Ek belowe myself ek sal almal wys, want ek weet sy sal my tannie vertel en ek kan myself al net voorstel hoe bespreek hulle my brei vermoë.

Dit gaan stadig, maar ek brei. Ek het die regte wol, die regte penne en die regte patroon gekry en is vasbeslote om ‘n familie erfstuk te brei. Megan word gebore en die breiwerk raak met rukke vergete. Hoe nader die doopdag kom, hoe meer besef ek dat ek my sal moet roer met die dooprok se breiery.

Die Vrydag voor die doop, vat ons die langpad Kaap toe en ek moet nog net die moutjies van die rokkie brei. Oppad Kaap toe, in die motor, brei ek soos ‘n besetene, en toe ons 18 ure later by my ma-hulle aan kom, moet ek nog een mou brei.

Ons gaan rus eers en toe ons  die Saterdag uitgerus is, vra my ma waar is die dooprok. Ek haal die gebreide pante uit en sê ewe luiters; “Ek moet nog net die een mou brei, dan is dit klaar.”

My ma het amper ‘n beroerte gekry, want teen daardie tyd is die winkels toe en sy kan ook nie meer ‘n rok gaan koop nie. Sy vertel my sy sien hoe doop ons more hierdie meisiekind in ‘n laken. Ek sê not te dem, ek sal julle wys. Twaalfuur Saterdagnag, toe is die moutjie klaar en werk ek die rokkie aanmekaar, en sit die gekoopte pienk onderrokkie by, en Voila!

 

Dit was 22 jaar gelede. Ek het die rokkie nog al die jare gebêre. Ek het daarna nog nie weer aan ‘n breinaald gevat nie. Nou die dag kom ek by my tannie, einste my ma se suster, en sien sy het dieselfde gebreide slippers wat my ouma (hulle ma) altyd vir ons gebrei het as kinders. Mens kan lekker met hulle rondloop in die huis, in die winter.

Ek sê ek wil ook ‘n paar hê, asseblief. Sy vertel my ek is mos nie lam nie, ek kan vir myself ‘n paar brei en sy skryf die patroon vir my neer.

“Toe,” sê sy, “ek ‘dare’ jou!”

Wel, sy ken my, ek laat my nie uitdaag nie, en ek besluit ek sal haar wys. Ek weet sy dink ek sal dit nie regkry nie, en sy weet ek het ook nie die geduld om te brei  nie. So, nou sal ek haar maar net moet verkeerd bewys.

En toe brei ek wragtig weer na 22 jaar!

En hier is hulle! Ek is nogals helse trots op my handewerk, dalk raak ek nou bleddie oud! 😆

 

Natuurlik wil die Liefie en Megan en Riaan nou ook ‘n paar hê. Ek sal maar probeer om hulle nie 22 jaar lank te laat wag nie! 😈

Advertisements

24 Responses

  1. My ma kan ook alles doen, van hekel en brei na matriek afskeidrokke. Sy het nogal dikwels vir ons as kinders klere gemaak waarvoor ons beny was.

    Nie ek of my suster stel enigsins aan naaldwerk belang nie. Ek koop dit en klaar. Enige verstellings doen my ma, want sy is te bang ek vra Tannie Lulu om dit te doen.

    Off the record: Ek kan brei, basiese naaldwerk doen, seker ‘n kledingstuk kan maak as ek moet en selfs hekel. Het net in st5 naaldwerk gehad, maar het die basiese by my ma opgetel.

  2. Sonnie ek haat naalwerk ek doen dit net as iets stukkend is en ek dit “moet” doen.
    Pragtige dooprokkie! Ware familie erfstuk!

  3. Ek brei dottedêm!

  4. […] 7, 2008 Sonkind se naaldwerk het my aan die dink gesit.  My ma is ‘n huisvrou en ek het myself belowe om dit […]

  5. Wow! Ek dink nie ek sal weet waar om te begin nie. My ma is allergies vir naaldwerk en altyd net gesê sy kan dit nie doen nie want sy’s links.

  6. Ek lag nou te lekker vir julle!!! Ek het van st 8 af al vir almal wat vra klere gemaak. Ons was vrekarm en dit was maar al manier waaraan ek kon dink om sakgeld in die hande te kry! My eerste masjien was een van daai Singer handmasjiene, ek het hom nou-nog en ruk hom gereeld uit as ek net vinnig ‘n naat of ietsie wil regmaak.
    Sonkind jou dooprok is ‘n pragstuk! Dis werklik ‘n erfstuk! 🙂

  7. Die dooprok is voorwaar ‘n erfstuk! Jy moet dit raam! Ek kon jare gelede redelik klere maak. (Het op skool selfs 3e plek gekry in ‘n landswye kompetisie). Na skool het als verroes omdat daar net nooit tyd was nie! Deesdae doen ek nie veel nie, want ek het nie plek om te werk nie en ek floreer nie op kritiek nie! Ongelukkig het ek nog nooit geleer om ‘n breipatroon te lees nie, terwyl my ma die mooiste goed denkbaar gebrei het!!

  8. Wel gedaan sonkind!
    Ek doen ook veel eerder die teken en kuns-ding. Sit met 2 linkerhande as dit by naaldwerk kom. Ek glo vas dis waarom ‘staplers’ gemaak is… 😉
    Ek onthou nog hoe ek in std 6 (toe ek naaldwerk MOES he) my vinger vasgewerk het onder die naaimasjien (nog een van daai swartes wat jy moes draai met ‘n slinger aan die kant…) 😯

  9. Sonkind, mooi! Soms verstom mens jouself, ne! Ek het jarre der jarre gelede vir my dogter ‘n properse ‘prinses’-rok gemaak. Ek kyk soms na die foto’s daarvan en ek kan net wonder HOE de hel ek dit reggekry het!

  10. hahaha, never say never!

  11. A nee a suster – dis ‘n paar netjies skoentjies daai! En die dooprok is net so pragtig! Ek is glad nou nie ‘n hekel-fan nie – sal brei as ek regtig MOET! My ma het so paar jaar terug begin “gout” kry – toe vra ek maar sy moet solank ‘n dooprokkie hekel vir AS ek eendag met ‘n pienkvoetjie geseën word en sy dan nie meer sal kan hekel nie!! Nou hang die mooiste dooprokkie in die kas, al wat kort is die pienk voetjies! Ons werk hard daaraan!!!

  12. Dit lyk heel gaaf, man! 😉 Die dooprok is pragtig.

    Dis darem snaaks hoe mens hierdie goed verleer. Ek kon op ‘n stadium hekel en brei, maar o wee, ek dink nie ek moet weer probeer nie.

  13. Ek kan gladnie brei nie. Nie naaldwerk doen nie. Nie hekel nie.

    Of, ek kan nie lank genoeg stilsit om so iets aan te pak nie.

    Op laerskool het my ma alles vir my moes doen, want not te dem sit ek na skool en brei. Ek het speel gehad wat gespeel moes word.

    Luister ou Sonnie, kan ek my bestelling ook insit? Vir so ‘n pers paar slaapsokkies. Nommersaais 8. Moet lekker hoog opkom soos ‘n boot. Moenie met toutjies vasmaak nie, die katte gaan in die nag net die toutjies wil verinnewoes. Is dit reg so?

    Saterdag aand, toe brei die een girl ook so op die reeks wat ek kyk, maar jy kan sien sy sukkel. My tong hang later uit soos sy die trui so styf brei, ek sien al hier gaan net van daai lang-nek Afrikane kan inkom. Dalk.

    Op ‘n stadium toe se sy: ‘i say we give men the knitting to do, while us women rule the world.’

    Say no more. Dis mos hoe ek ook voel.

    O, ek gee jou van daai moerse slabs as ek my sokkies kry.

  14. Niks fout met jou breiwerk nie hoor! Baie netjies gedoen. Die min kere wat ek al lus gekry het vir brei, was dit ‘n trui wat met die dikste wol en dikste naalde gebrei is! Hier lê ‘n klomp onklaar goed – naaldwerk, breiwerk en hekelwerk, want ek raak besig met ander goed en dan verloor ek belangstelling. En as ek eers belangstelling verloor het, is dit tickets!

  15. Ha-ha-ha! Ek lê nou soos ek lag – die ander mense by die werk dink seker ek is mal. Jou familie klink nes myne. Jou breiwerk is deksels netjies. Ek het *eenkeer* my ma gevra om vir my steke op te sit sodat ek die kuns kan aanleer. Gou-gou is die hele affere só styf geknoop, g’n mens kon die wol weer van die naald afkry nie! Ek het besluit dis een talent wat my definitief nie beskore is nie. As ander mans moet brei soos ek dit doen, is dit miskien beter dat die hele geslag so wolsku is!

  16. my opinie van jou verhoog by die dag! ongelooflik. al my tannies, oumas, whathaveyou kan brei. natuurlik net nie ek nie.
    ek kry nou nog nagmerries oor naaldwerk op skool, veral brei en hekel.

  17. Rooskind, dis blote hardkoppigheid wat my laat deurdruk het met die dooprok. Dis ook blote hardkoppigheid wat my die sokkies laat brei het en hulle is tog te lekker warm. 😆

    Ek weet nie aldag of my hardkoppigheid so ‘n goeie eienskap is nie. Dit het my ook al in die warm water laat beland, hoor! 😈

    Orchid, jy sal nie glo hoe het die mans by my werk verlede jaar serpe vir liefdadigheid gebrei nie 😆 Ek het toe eerder geld bygedra en geweier om te brei.

  18. Sonkind, ek hoop nie jy is al iets van 2 jaar terug nie maar ek het nou eers op jou wepwerf gekom omdat ek presies daardie sokkies van jou se patroon soek! Jy het jouself regtig oortref met die dooprok. You go girl…nou kom die kleinkinders seker al.

  19. Hi, Sonkind
    Oulike sokkies, ek soek ook grooooooot assssseblief daai patroon van toeka.
    Groetnis: Leka brei.

  20. Vir almal wat al soveel keer die sokkie patroon gevra het:
    Ek het die patroon ongelukkig net in Engels – hier is dit:

    Knitting Pattern For Short Row Slippers

    These knit slippers use short rows for a much better fit than most slippers.
    There are many variations possible. Knit them up in one color or use up your stash and knit in stripes.

    They fit most woman. For babies use one strand of baby weight yarn and size 3 US needles. CO 44 sts and complete using the pattern below, but knit in garter stitch for only 1 inch.

    Gauge:
    14 sts=4″

    Materials:
    One strand of bulky weight yarn or two strands of worsted weight held together
    Size 9 US (5.5 mm) needles

    Instructions
    CO 48 sts.
    P every row in garter stitch for 2 inches (approx 12 rows). End with WS facing you (your choice as to which side will be the WS).
    Introduce second color (if desired) and P across row.
    K next row, then P next row.
    With RS facing, begin first set of decreasing row as follows:

    Dec Row Part 1: K18, k2tog 3 times, place marker to designate middle of slipper, k2tog 3 times, K1, turn (turn work around so you are now on the WS or purl side of the slipper).
    Dec Row Part 2: P8, turn (turn work around again to RS or knit side of work).
    Dec Row Part 3: K8 (you will see a gap), pick up the base of the right needle’s last K st and add it to the left needle, now knit the st to the left of this new st with the newly placed st together (this decreases the st you just added, but also fills in the hole that would have been created by the gap). K across remaining sts.

    This is the same as Make One (M1) except you are using the wrap at the base of the last K st on the right needle and not picking up a st between the left and right needle. Sounds complicated, but just give it a try. It’s not necessary and if you want to skip this step you can. You will have a slight hole on the left side of the slipper for each dec row however.
    Next Row: Purl

    Repeat the 3 part Dec Row and purl row 3 times more, knitting across to 6 sts before marker, changing colors as desired.

    On last Dec Row, inc 1 st at the beginning and end as follows to allow for a larger cuff:

    Last Dec Row: K1, inc 1 (k in front and back of next st) to avoid a gap, do the Dec Row as above by knitting to within 6 sts of marker and k2tog 3 times, slip marker, k2tog 3 times, k1, turn.

    When you have finished all 3 parts of the last Dec Row, then p1, inc 1 (P in front and back of next st), p across remaining sts (26 sts).

    Begin Ribbing:
    K1, p1 loosely across for 12 Rows. Bind off loosely.

    Sew up cuff, heel, and foot.

    If you want you can spray the bottom of the slippers with any nonskid spray that is washable for better traction.

    • Dis nou 2 jaar later maar dankie vir die patroon. Ek het dit al gebrei en kan die sokkies wys maar toe my buurvrou vir my die patroon vra kon ek dit nerens kry nie. Nogmaals baie dankie dat jy dit met almal deel.

  21. Ek benodig asseblief maklike breipatrone julle?
    baie dankie

  22. kan ek asb.die slippers partoon in afrikaans kry.

  23. Kan ek asb die rokpatroon kry in Afrikaans – dankie\

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: