Untraceable

Ek het vandag die fliek “Untraceable” gaan kyk. Die film speel in Portland, Oregon, af en gaan oor ‘n reeksmoordenaar wat toestelle opstel wat sy slagoffers doodmaak, gebaseer op die hoeveelheid “hits” wat sy webwerf, (“www.killwithme.com”) kry.

In die FBI is daar ‘n afdeling wat toegewyd is slegs aan die ondersoek en vervolging van internet kriminele. Hulle het gewoonlik meer te doen met internet identiteitsdiefstal en pornografie. Deur ‘n anonieme wenk kom Spesiale Agent Jennifer Marsh egter op die reeksmoordenaar se webwerf af.  

Die moordenaar begin met ‘n lewendige katjie, maar gradeer baie gou op na menslike slagoffers. ‘n “Live streaming video” word van die slagoffer gewys. Hoe meer mense aanlyn gaan op hierdie webwerf, hoe vinniger sterf die slagoffer.

Die FBI hou ‘n perskonferensie en doen ‘n beroep op die publiek om NIE die webwerf te besoek nie, maar tevergeefs. Die webwerf word net nog meer gewild en elke nuwe slagoffer sterf vinniger en wreder as die vorige een, voor die oë van die mense wat die webwerf besoek.

Word die slagoffers lukraak gekies of is daar ‘n verband tussen hulle?

Ek gaan nie verder die kat uit die sak laat nie. Die fliek het redelik baie negatiewe kritiek gekry. Verskeie kritici veroordeel die fliek as skynheilig omdat dit juis munt slaan uit die “torture porn” wat dit eintlik probeer veroordeel. Dit word ook gekritiseer oor die effens vergesogte klimaks.

Die fliek het ‘n effense wrang smaak in my mond gelaat. Ek glo werklik dat die publiek so ‘n onversadigbare behoefte het om ander mense se leed en lyding te sien, dat so iets dalk baie maklik in die werklike lewe kan gebeur. Dink net aan die toeskouers by motorongelukke. Dink aan die fotos wat onlangs via e-pos versprei is van die twee vrouens wat op die N1 dood is nadat die vraghouer op hul motor geval het. Mense se nuuskierigheid kan soms hul inherente ordentlikheid oorskadu.  

Dis nie die beste fliek wat ek al gesien het nie, maar as jy bietjie wil gril, gaan kyk dit. Moet net nie iets “spectaculars” verwag nie.

O ja, en die regte webwerf is nie by (“www.killwithme.com”), maar wel HIER:

http://www.killwithus.com/

Gaan loer gerus daar!

😆 Toemaar, dis nie regtig nie, maar dit is nogal die moeite werd om te gaan loer… en kyk enduit, hoor!

Advertisements

Death Sentence

Hoe ver sal jy gaan om jou familie te beskerm? Wat as jy juis deur jou verdere optrede die mense wat die naaste aan jou is, se lewens in gevaar stel, maar jy nog steeds nie kan “let go” nie? Hoe ver kan een mens gedryf word as hy dink hy het niks om te verloor nie?

Ons het gisteraand “Death Sentence” gekyk, en alhoewel ek dink plek-plek is die fliek effe oorgedramatiseer, was dit beslis die kyk werd. Dit het my laat besef hoe diep ‘n mens se beskermingsdrang teenoor jou geliefdes lê. Maar dit het my ook laat besef dat ‘n mens moet weet waar om die streep te trek as dit by wraak kom.

Nick Hume (gespeel deur Kevin Bacon) is ‘n gematigde, liefdevolle man en pa van twee seuns. Tot een aand wat sy hele lewe verander toe hy moet toekyk hoe sy oudste seun vermoor word in ‘n bende se inisiasie rite, bloot omdat hy en sy seun op die verkeerde tyd op die verkeerde plek was.

Nick besef dat die polisie en die wet nie by magte is om die bendelede die straf te gee wat hulle toekom nie en hy begin sy eie vendetta, met grusame gevolge.

Hier is ‘n voorsmakie van die fliek.

Tears of the Sun

Ek het hierdie “otherwise” streep in my om oorlogflieks te kyk. You name them, I’ve seen them. Ek wil WEET van oorlog. Hoekom doen mense hierdie dinge aan ander mense? Ek sukkel om te verstaan.

Vanmiddag het ek per ongeluk beland op ‘n plek waar iemand na hierdie fliek gekyk het. Tears of the Sun. Ek het hierdie fliek self al 2 keer gesien en elke keer ruk dit my binnekant buitentoe. In plaas van om my kuier te kuier, het ek gaan stilsit en die fliek weer gekyk.

Kortliks – die demokratiese regering in Nigerie het ineengestort en die land is oorgeneem deur ‘n genadelose diktator. Waters, ‘n Army veteraan word ingestuur net om ‘n dokter wat vir “Doctors without Borders” werk daar te loop uithaal, maar sy wil nie die mense agterlos nie. Waters en sy manne is nie veronderstel om in die konflik betrokke te raak nie en eers dwing hy die dokter om saam te gaan, sonder die mense, maar dan sien hy die wreedheid van die diktator en hy draai terug vir die vlugtelinge. En dit word ‘n “mission” om hulle daar uit te kry.

Hier is ‘n musiek video uit die fliek: LET WEL – nie vir sensitiewe kykers nie!

The Brave One

“Dying is not hard. There are plenty of ways to die. To figure out how to live, THAT is hard. When you love something, everytime a bit of it goes, you lose a piece of yourself.”

Hierdie woorde kom uit die fliek “The Brave One” (met Jodie Foster). Ek het dit vanoggend gaan kyk en ek was nie vandat ek kan onthou, al ooit so getref deur ‘n fliek nie. Ook veral miskien in die lig van die misdaad situasie in ons land.

Kortliks gaan die fliek oor Erica Bain (Jodie Foster), vir wie die strate van New York haar huis en haar brood en botter is. Sy deel die klanke van haar geliefde stad met haar radioluisteraars in haar radioprogram “Street Walk.” Na werk gaan sy huis toe na haar verloofde, David Kirmani (Naveen Andrews). Maar alles wat Erica ken en liefhet word een aaklige aand van haar weggeruk wanneer sy en David aangerand word in ‘n park. David oorleef dit nie, en Erica amper ook nie.

Jodie Foster says: ““I think we all have these ideas that there are lines that we would never cross and people we could never be, and yet, you don’t know who you would become in a certain circumstance. You might assume, intellectually, what your ethics might be, but until you are forced into a situation that challenges you, that changes you, you can’t know who you would be.”

Director Neil Jordan agrees. “‘The Brave One’ poses some uneasy moral questions. I think when we are wronged, a part of us would love to react with a kind of primitive brutality so we could right it immediately. But we don’t because civilization teaches us not to do that. So the spectacle of seeing somebody descending into a morally questionable area is both horrifying and fascinating at the same time.”

Erica Bain is attacked and beaten and her fiancé is killed. Physically she comes back to health, but her life is completely changed. She has to reach into herself to find a way through, and she does…but the way she does is what set the story apart. In order for her to survive, she has to find the courage to overcome the fear and take back her life in whatever way she can. That’s what makes her ‘The Brave One’.

Dit is absoluut die moeite werd om te gaan kyk en die musiek in die fliek is ook van die mooiste ooit. Hier is die “main song” van die klankbaan, Sarah McLachlan se “Answer”: