Vrouens en gevaarlike mans

Onlangs het hierdie onderwerp in ons vriendekring opgeduik. Ek self het ‘n geskiedenis van versot wees op sogenaamde gevaarlike mans. Op skool het die skool skollie my altyd meer geinteresseer as die goeie ouens – die wat binne die reëls gebly het. Hulle was tog sooo bitter vervelig!

Later het ek feitlik op trou gestaan met ‘n man wat elke skoonma se droom was, net om hom te verruil vir ‘n James Dean “look alike”. Hy het net ongelukkig nie dieselfde paadjie as James Dean geloop en vroeg gegaan nie. Die res is geskiedenis. Ek het die aarde harder getref as ‘n bliksemstraal, maar gelukkig was ek nie ‘n donkie wat my kop aanhoudend teen dieselfde muur loop en stamp het nie. Een mooie dag het ek my kleed gevat, opgestaan en uitgestap. En ek is genees van gevaarlike mans, vir altyd.

So, hoekom is vrouens so dikwels aangetrokke tot mans wat nie vir hulle goed is nie? Mans wat hulle verniel, fisies en emosioneel. En hulle is nie by magte om die kringloop te verbreek nie.

Eerstens, wat is ‘n gevaarlike man? Dalk dink jy onmiddellik aan iemand wat fisies geweldadig is, maar daar is ander gedrag wat ook gevaarlik is vir ‘n vrou se emosionele groei en lewenskwaliteit. Daar is mans wat slegs ‘n moederfiguur soek, mans wat teer op emosioneel verwonde vroue, mans wat emosioneel afwesig is in ‘n verhouding, mans wat sielkundige probleme het, verslaaf is aan een of ander middel of selfs aan ander verhoudings. Raak betrokke by so ‘n man en die uiteinde is dat jy jou selfwaarde verloor. Totaal. Hulle bedreig ‘n vrou se veiligheid, finansiële sekuriteit, ondermyn haar selfvertroue en haar gemoedsrus.

Ironies genoeg het die meeste gevaarlike mans nog nooit ‘n vrou geslaan nie, maar die langtermyn skade wat so ‘n man aan ‘n vrou se siel kan doen, is ongelooflik.

Vrouens wat aangetrokke voel tot gevaarlike mans, kom in alle klasse, rasse en ouderdomsgroepe voor. Dis nie net jong en onervare vrouens of meisies wat vir hierdie mans val nie. Daar is ervare, lewenswyse, professionele vrouens wat amper ‘n loopbaan daarvan gemaak het om die een na die ander gevaarlike man te “date”.

Maar hoekom word vrouens, selfs geviktimiseerde vrouens, keer op keer aangetrek deur hierdie gevaarlike mans? Omdat so ‘n man jou in die begin van jou voete af “charm”. Hy is alles wat jy wil hê, wat jy DINK jy wil hê. Hy speel jou soos ‘n kitaar, weet net waar om watter snaar te pluk. Hy laat jou veilig voel – in die begin. En stadig, baie stadig, verander die verhouding. Geleidelik vervreem hy jou van jou vriende, jou familie. Dis dan so lekker, net hy en jy alleen. En dan, op ‘n dag, bars die borrel.

In die begin is hy so jammer na elke insident en jy bly of jy kom weer terug, want eintlik het jy nêrens meer om heen te gaan nie. Jou brue is verbrand, of jy is te skaam om te sê hoe dit regtig in jou verhouding gaan. Jy “cover” vir hom, veral as hy jou slaan. Jy begin selfs later glo as jy hom net beter verstaan sal alles weer regkom. Jy soek die fout orals, behalwe by hom. En meeste van alles, soek jy die fout in jouself. Die hele tyd. As ek dit net sò doen, sal hy ophou, of as ek dit net nie sò gesê het nie, sou hy nie kwaad geword het nie. STOP!

Jy is besig om SY abnormale en skadelike gedrag te normaliseer. Jy is besig om die res van jou toekoms en lewe op die spel te plaas.

Sandra L Brown skryf die volgende in haar boek: “How to Spot a Dangerous Man before you get Involved.

All men are not created equal. The dangerous ones are an entity unto themselves however they do not always look overtly dangerous. If all dangerous men came marked with the sign of Charles Manson between their eyes it would make choosing a relationship a lot easier.
The relationship issues that make men dangerous exceed the normal woman’s knowledge. Most equate dangerousness with only physical violence within the relationship. What makes a man truly dangerous other than physical violence is not taught to the general public. A dangerous man is one who harms women emotionally, physically, sexually, financially, or spiritually due to his permanent condition that is untreatable. What is common amongst dangerous men is their inability to grow, change, or have insight about their behavior in or out of a relationship. Women with these types of dangerous pathological men will never get their needs met in the relationship and are also at risk of never escaping the relationship. Unfortunately, 9 out of 10 women don’t know even one fact about ‘what’ makes a man pathological or the signs and symptoms of men that are dangerous and permanently disordered.

Dangerous men are either diagnosisably pathological or stray so close to the edge of pathology as to be indistinguishable. These are men who not only do not ever change, but by virtue of what is wrong with them, cannot change, in or out of the relationship. The end result of dangerous men to women is the soul deadening effects that teach her to normalize abnormal behavior until it is what she becomes primarily attracted to in a relationship. Each go round with another dangerous man in another relationship only entrenches her choices until it is the only type of man she selects. Pathological behavior begins to look and feel normal.

Sy identifiseer ook 8 verskillende tipes gevaarlike mans:

Die Ewige Klewer: Hierdie man gee jou sakke vol aandag, maar vereis totale toewyding van jou. Jy het geen persoonlike lewe nie. Hy is jaloers op ander mense, isoleer jou en het ‘n lae selfbeeld. Hy dreig gereeld om homself iets aan te doen as jy dalk die verhouding wil verbreek. Hy suig jou lewe uit jou uit. Hy teiken vroue wat voorheen afgeskeep is in hul verhoudings en vang hulle met al die aanvanklike aandag wat hy aan hulle gee. Hy is aangetrokke tot vroue in sogenaamde versorgings beroepe, soos verpleegsters, onderwyseresse, maatskaplike werkers, ens.

Die Ouer Soeker (Die Klewer se Nefie): hy soek ‘n ma, nie ‘n maat nie, in ‘n verhouding. Hierdie man funksioneer nie baie goed in alledaagse omstandighede nie, of onderpresteer, om sodoende volwasse verantwoordelikhede te vermy. Hy word net nog ‘n kind waarvoor die vrou moet sorg. Hy teiken ook veral vroue wat daarvan hou om in ‘n versorgings rol te staan.

Die Emosioneel Onbeskikbare: Hy is getroud, weg van sy vrou, of in ‘n verhouding met iemand anders, maar vertel gewoonlik vir jou dat hy ‘oppad uit’ is uit sy verhouding, maar ironies genoeg kom hy nooit regtig so ver om heeltemal daaruit pad te gee nie. Hy teiken hiper verdraagsame vrouens wat sal wag en wag totdat hy uiteindelik ‘eendag’ beskikbaar sal wees.

Die Geestelike Sieke: Hy kom gewoonlik in die begin heeltemal normaal voor, selfs hoogs talentvol, maar dan begin hy om met sy irrasionele optrede die vrou se lewe moeilik en vreesaanjaend te maak. Om uit so ‘n verhouding te ontsnap is gewoonlik gevaarlik en tydrowend.

Die Verslaafde: Die verslaafde gaan baie keer hand aan hand met een van die ander kategorieë. Soos die Geestelike Sieke en die Geweldadige. Verslawings kan dwelms, alkohol, en selfs ander verhoudings, insluit. Hy teiken soms vrouens wat self ook een of ander verslawing het, maar ook vrouens wat geen kennis van verslawings het nie en dus nie syne sal herken nie.

Die Geweldadige: Dr. Jekyll kom baie perfek voor in die begin – hy gee baie aandag aan jou. En dan verskyn Mnr. Hyde. – hy blameer jou, slaan jou, verneder jou, maak jou seer – enige iets, solank hy te alle tye in beheer is in die verhouding. Na elke martelsessie, sweer hy dat hy dit nooit weer sal doen nie, en jy glo hom. Tot volgende keer. Hy teiken vroue wat hoogs toegewyd en getrou is in ‘n verhouding.

Die Weggesteekte Lewe: Hierdie man het ander vrouens, kinders, siektes, kriminele rekords, gevaarlike werk/stokperdjies of lewens wat hy wegsteek. Hy hou van vrouens wat hom sal beskerm, selfs nadat hulle uitgevind het van al die geheime wat hy wegsteek, juis omdat hulle in ‘n verhouding met hom is.

Die Emosionele Uitbuiter: Hy het ‘n sesde sintuig vir ‘n vrou se behoeftes, haar swak plekke en haar seer plekke. Hy is ‘n verkleurmannetjie wat homself instel op haar lyftaal, wat sy sê en wat sy doen en hy pas homself aan om in haar behoeftes te voorsien. Soms is dit om toegang tot die vrou se kinders te kry, soms is dit om net afpakplek te kry, sodat hy nie hoef te werk nie. Vrouens uit vorige verhoudings waar daar nie aan hulle emosionele behoeftes voldoen is nie, pas geskeide vrouens, vrouens wat toegegooi voel onder ouerlike verantwoordelikehede, eensame vrouens, is gewoonlik sy prooi.

Nauurlik is daar net so veel en meer goeie en ordentlike mans daar buite. En natuurlike is daar ook vrouens daar buite wat soort van in dieselfde kategorieë as hier bo kan val en mans ook misbruik.

Wat ook al die geval, pasop vir die opwinding van ‘n gevaarlike verhouding. Jy gaan dalk baie langer huil as wat die verhouding geduur het en die uiteinde kan baie maklik fataal wees. Onthou, ‘liefde’ is soms baie blind!

Advertisements

16 Responses

  1. Ek dink hierdie is ‘n baie belangrike inskrywing!

  2. Sjoe Sonkind, hierdie is ‘n uitstekende inskrywing. Ek is só bevoorreg om ‘n wonderlike man te hê maar ek lees so baie van vrouens wat swaarkry in hulle huwelike en dan is daar so baie wat stilbly daaroor, baie wat jy nie eers van weet nie. Ons leef eintlik in so ‘n stukkende wêreld!

  3. Ek kry ook ander vrouens jammer wat verkeerd kies. Maar ‘n man wat net sleg is vir jou se k@k opvreet sonder om terug uit te deel, aikona! 😎

  4. gaan nie nou kommentaar lewer op hierdie puik inskrijwing nie. daar’s simpelweg nie tyd nie.
    baie dankie vir die inloer en na my vakansie is ek weer daar.
    groete van ver.

  5. Sit ding stil op ding se stoep en lees hierdie oënskynlik deeglik deurdagte feitelik korrekte inskrywing en die treurigheid pluk-pluk aan ding se mondhoeke: die dominee se preek Sondag dat mense kerk toe moet kom, is briljant, tref die bullseye… van die sigbare teiken – die mense in die kerk.

    Hoekom werk goete so in die lewe, hmmm? Hoekom is daar teikens vir die morsige manne hierbo so mooi in vakkies geplaas? Wat maak dat vrouens val, maar veral BLY val, vir sulke manne? Dat die mot met sy geskroeide vlerke die vlam vir sy hitte verwyt, kan ding begryp – dis net makliker om te verklaar as om te verantwoord hoekom die vlam nie beweeg het nie, maar tog die mot gebrand het.

    Sonson, ongetwyfeld is hierdie inskrywing van jou van kritieke belang vir alle mense wie tussen ander beweeg. Dankie vir die tyd en moeite geneem en gedoen om dit te deel.

    Wonner ding maar so by homself – sou graag wou hoor wat Sonson sê: sooo, watter ene van die 8 sou ding dan wees, Sonson?

  6. Emosionele afkraak is die seerste seer ooit, niemand om jou sien en ervaar wat jy deurgaan nie!Tussen ander mense is jy as vrou alles, maar wag net tot mens alleen is….

  7. ‘n baie insiggewende post. Laat mens nogal dink

  8. Mal oor jou inskrywing, myself al baie keer die vraag afgevra!My ma is ‘n sucker vir mans wat haar slaan!Sy glo al dis normaal en sy verdien dit!Haar selfbeeld is al so afgetakel dat sy glo sy sal nie ‘n man kry wat haar nie slaan nie. En sy is bang vir alleen oud word. Ek het haar nou al sover gekry om by hom uit te trek en by my in te trek, maar sy huil elke dag oor hom, en se as ons hom in ons huis verbied, trek sy iewers anders in!Sy is bereid om haar kinders, haar werk, haar pensioen, alles op te gee vir die man!
    Ek is al moedeloos!Ek self is altyd aangetrokke tot die dominerende man met ‘n sterk persoonlikheid wat my behandel soos ‘n kind!’n Pa-figuur???Wat sin maak, want my pa was so en hulle se mos mens is geneig om met ‘n man te trou soos jou pa.Hulle is gewoonlik glad nie emosioneel nie,
    en geld werk en status is vir hulle alles, Hulle betoon hulle liefde deur finansieel vir jou te sorg, maar dis ook waar dit eindig. Dit terwyl ek smag na soveel meer, liefde, aandag, intimiteit, seksualiteit, en dat hy my spesiaal sal laat voel is wat vir my belangrik is!Ongeag van hoe ongelukkig hulle mens maak, bly mens lief vir hulle!Hoekom?Weet nie.

  9. Dit kan met enigeen gebeur om in die web van abuse verstrengel te raak. Dis geen maklike taak om daaruit los te kom nie. Al lyk dit so eenvoudig van buite af.

    Hierdie is ‘n baie belangrike inskrywing. Daar was al so baie hits na my blog vir soekwoorde soos: “my man slaan my”, “gesinsgeweld”, “ongelukkige verhouding” ens. Ek hoop hulle almal kom ook hierop af.

  10. Dis net genade, maar ek het gelukkig die regte liefie gekies. Vir 15 jaar al dra hy my op die hande. Nogsteeds, was interessant om te lees.

  11. As meer vrouens net die tekens vroeër kan raaksien, né! Ek voel baie jammer vir hulle wat in so verhouding vas val. Dit raak ‘n groot donker gat! En die arme kinders wat in sulke vehoudings/huwelike moet groot word… hulle word ook grootmense en doen baie keer dieselfde dinge.

    Excellent inskrywing, Sonkind!

  12. Wow… ja, ek was ook so dom op ‘n tyd maar het darm besef ek is meer werd as dit. As hy telkens terugkom en jammer pleit… ek was al so gatvol in en uit trek dat ek maar op die ou einde nie weer in getrek het nie. Beste besluit ooit!!! Geen man sal weer daai voorreg hê nie. Ek mis hom nie een dag nie en dis heerlik! Sterkte vir die in so verhouding, en jy kan losbreuk… bel my!!

  13. Dis vir my moeilik om te verstaan dat dit vir ‘n man lekker kan wees om ‘n vrou seer te maak. Ek het gelukkig geen ondervinding daarvan nie, en is daarvoor baie dankbaar.

    Uitstekende inskrywing!

  14. Sjoe, ek is ook een van die wie vasgevang is in so ‘n huwelik – vir 20 jaar al! Ek kan finansieel nerens heen nie, het nie werk nie en moet elke dag hoor (wanneer ons alleen is en nie voor ander mense nie)dat ek so of so of so is, ek kan niks reg doen in sy oe nie, hy is krities op alles – wanneer dit hom pas of wanneer hy my of die kinders kan afbreek, afkraak of vloek. Ek word byna maandeliks uit die huis gejaag en word vertel dat ek nerens werk sal kan kry want ek kan nie werk nie…. Dit nadat ek vir baie jare net soveel soos hy verdien het! Ek moes begin tuis bly agv kinders wat my nodig gehad het! Ek het al gehoor ek is vet, dom, maak ‘n v-op van alles wat ek doen, is net so sleg soos die bediende wat hier werk! Ek het nie vriendinne nie, ek het nie meer selfvertroue om anyway iets te doen nie! Dit voel soms of ek sommer nie eens meer wil opstaan nie! Al waarvoor ek goed is, is om ‘n stortingsterrein te wees! Seksueel is ek so koud soos ys! Dit is vir my aaklig!(Fake is my spesialiteit)Daarby, is hy ‘n BAIE suksesvolle en gesiene sakeman…… Praat ek oor iets wat my pla, word daar vir my gese ek moet dan maar my goed vat en loop en ‘n man gaan soek soos ek wil he! My kinders ly op hierdie stadium baie daaronder en ek verdra oral alles ter wille van hulle, want finansieel sorg hy baie goed. Ons moes ook al hoor al wat ons goed kan doen is om sy geld te spandeer, dan is dit vir net die nodige klere en kos. Hy is ook baie jaloers en bel my baie bedags en wil hoor waar is ek en wat doen ek….. Ek is so onseker en seer in die lewe, want ek weet ek kan niks doen nie enh kan nerens nie! As hy net die Here kon aanneem, glo ek sou hy so ‘n wonderlike mens kon wees! Dalk is daar tog ‘n doel wat Vader God het…..

  15. […] is nie meer ‘n sucker vir gevaarlike mans nie – ek hou nou van die vervelige, rustige soort, wat jou nie slaan nie en jou ook nie verneuk […]

  16. Alles sal verander en beter word. So verwag of altans mense dink so. Ek wonder ook maar net wat regtig die aanvaarbare is. Ek stem saam dat die normale is die beste situasie. MAAR!!!! Daar is miljoene der miljoene gevalle waar mans die skuld moet dra. En by dit alles bly daardie mishandelde vrouens vreeslik lief vir hulle mans/vriende. Ek stry nie. MAAR!!!!! Daar is ook miljoene der miljoene gevalle waar mans die droom man is, hy doen net die regte ding op die regte tyd. Na werk gaan hy reguit huis toe. Hy maak nie eers ‘n dop oppad huistoe nie. Hy geniet sy glasie wyn met ete of tydens ‘n braai by vriende. Hy versuip hom nie aan drank en kots nie sy skoonouers se sitkamerbanke vol nie. Hy is alyd netjies, en trek altyd eers skoon aan as hy winkels toe gaan. Sy asem stink nie. Hy stink nie aldag na sweet nie. Doen die dingetjies om die huis. MAAR!!!!! Hierdie “goeie” mans is dikwels die slagoffers van daardie “killervrouens”. Hierdie vrouens is met niks tevrede nie. Blameer heeltyd haar man. Bespreek haar man met haar vriende en vriendinne. Luister mooi. Hierdie vrou het vriende en vriende. Die man gun haar dit net sodat sy hom by hulle kan beskinder. Dis in my geval die situasie. Op die ou end is ons vervreemd en ek bly en werk nou al op ‘n ander dorp. Ons het 12 jaar laaste liefde gemaak. Ek moet myself op die skouer klop en eerlik, nog geen onwettige verhouding gehad nie. Maar my vrou het kort-kort ‘n ding met ander mans. Ek voel daar is dalk iemand wat vir my loer, maar ek te ordentlik om my vrou te verneuk. My probleem is dat ek nooit kan kwaad word nie. Ek hanteer alles baie diplomaties. Ek het nog nooit my vrou geslaan nie. Die kort en lank is dat ek gereeld moet hoor hoe dinges sleg ek is. En en en en en. Ek wil nie meer met haar praat, of stel dit so ek wil nie meer deelneem aan besprekings nie. Dit is nooit ‘n geskree nie, maar ek word telkemale goed sleggemaak. Ek het baie geheime uit my verlede wat nie nodig is om met iemand te deel nie. Niks wat enige iemand noodwendig tot nadeel sal wees nie. Bv. Daar word so baie gepraat haar broer wat so en so was in die army. Hy het so en so afgetjop en hulle het dit en dit en dit gedoen. So what. Good for him. Ha ha. Almal het al hul bedenkinge of ek ooit in die “army” was. Ek het nooit ooit nodig of sodanig verplig wees om iets met iemand te deel wat ek aangevang het toe ek my 4 jaar kontrak voltooi het nie. Die skouerskuurdery in my huwelik kan dalk moontlik bydra tot my geheisinnige verlede. Volgens my vrou en haar kennise steek ek goed weg vir hulle, en hulle het na al die 30 jaar wat ons getroud is, al so ‘n verskriklike nuuskurigheid opgebou. Ai, foeitog vir hulle. Daar is al honderde poggings aangewend om my verlede te ontblood, maar ek skuld niemand ‘n antwoord nie. Jammer om te hoor haar boetie het so vreeslik swaargekry in die army. Ek het duisend maal swaarder gehad in die army. Ek moet ook ietsie se oor dit. Dit het darem gesorg dat ek so by die 16 wereldlande kon besoek. Wat ‘n fantastiese en wonderlike avontuur. Liefde Groete vir julle almal.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: