Soms

Soms praat jy sonder om iets te sê

Soms sê jy iets sonder om te praat

Soms lê jou praat te diep vir woorde

Soms lê jou woorde te diep vir praat

Wat maak jy met die liefde?

Wat maak jy met die haat?

Stilbly, praat

Liefde, haat

Een bly die ander een se maat.