Ek soek jou (Floris A Brown)

ek soek jou
in die glans van ‘n dubbel reënboog na reën

ek soek jou
in geskarrel van die rysmier voor die storm

ek soek jou
in die warreldraai van herfsblare in die wind

ek soek jou
tussen feetjies wat slegs in kleuterverse dans

ek soek jou
in klokkies wat hoog hang aan ‘n silwer maan

ek soek jou
in groen – neon – skyn op middernagbranders

as ek my plaashek mismoedig agter my trek
kom jou brief aangevlieg, in ‘n swartkraai se bek

3 Responses

  1. Dit is lieflik, lieflik, lieflik!.

    Hoe gaan ek ooit weer sonder sulke lieflike woorde bestaan? Miskien moet ek ook weer begin skryf?

  2. beauti –
    ful

  3. My geheime onbekende drawwer in die Park
    © Floris Brown

    elke Saterdag vroegmôre
    in die Park
    sterf my hart in jou
    as jy verby my draf

    jou verleidelike glimlag
    sagte: “Hallo”
    maak my knieë jellie

    ek was myself
    in jou nat geswete gesig
    nat geswete bo-top
    nat geswete styfspanbroek
    nat geswete kurwes van jou lyf
    raak flou in die aanskoue
    van die pinkrooi blos
    op jou wange

    voordat jy om die
    hoek verdwyn
    begin jy agteruit draf
    wuif gooi ’n soen
    wetende dat jy my
    speels opvreet

    wie is jy meisie
    met jou Sweedse witgoud
    lang hare wat liefdesseine
    uitstuur na my hart
    jy anker my
    staties tot die grond

    ek is so opgewonde
    oor my elke Saterdag vroegmôre
    wandeling in die Park

    jy hou my hart gevange
    my geheime Sweedse Meisie van die Park
    jy hou my hart gevange…

    Mijn geheime onbekende jogger in het Park
    (Vertaald door Loes Essen-NL)
    © Floris Brown

    elke vroege zaterdagmorgen
    in het park
    sterft dat hart van mij in jou
    dan ren jij mij weer voorbij

    jouw verleidelijke glimlach
    en fluisterend “Hallo”
    maken mijn knieën week

    ik was me in het zweet van jouw gezicht
    doorweekte top
    doorweekte trainingsbroek
    de glanzend bezwete rondingen van je lijf
    val bijna flauw bij het aanschouwen
    van de rozerode blos
    op jouw wangen

    voordat je de hoek om verdwijnt
    begin je achteruit te rennen
    werp je mij een zoen toe
    je weet, je vreet me langzaam op
    met die verlokking

    wie ben jij, meisje
    met je lange Zweedse haar van witgoud
    dat liefdesseintjes uitzendt
    naar mijn hart
    me vastnagelt aan de grond

    ik ben zo opgewonden
    over elke vroege zaterdagmorgen-
    wandeling in het park

    jij hebt mijn hart gegijzeld
    mijn geheime Zweedse Meisje
    van het Park
    gegijzeld heb jij
    mijn hart…

    My secret unknown jogger in the Park
    © Floris Brown

    every early Saturday mornings
    in the Park
    my heart dies in you
    as you jogging by

    your cute smile
    your soft: “Hallo”
    makes my knees jelly

    I bath myself in
    your sweaty face
    sweaty skimpy top
    sweaty tights
    sweaty body curves
    and faint in the
    pink reddish blush
    of your cheeks

    before you disappear
    around the bend
    you start jogging backwards
    waving blowing a kiss
    knowing you’re gently
    very seductively
    killing me

    who are you lady
    with your Swedish white golden
    long hair sending out
    love – calls to my heart
    you’re pinning me
    static to the ground

    I’m so anxious for my
    early morning Saturday’s
    stroll in the Park

    you captured my heart
    my secret Swedish Lady in the Park
    you captured my heart…

Lewer kommentaar