28 Junie 2032? 25 Jaar vir Dina!

Toe is dit nou so – Dina Rodrigues kry lewenslank (25 jaar voor sy in aanmerking sal kom vir parool) vir die moord op Baba Jordan.

http://www.news24.com/News24/South_Africa/News/0,,2-7-1442_2137864,00.html

Ek kan nie help om vir jou jammer te voel nie Dina. Dit was ‘n veragtelike daad wat jy gepleeg het en nou betaal jy net kort van die hoogste prys. Jy sal 51 jaar oud wees as jy eendag uit daardie tronk uit stap.

Mag jy iewers langs die pad in jouself vrede vind oor wat jy gedoen het. En wat jy aan jou ouers en familie gedoen het.

Nou kan die Nortons aangaan met hulle lewe, sover dit moontlik is om na so iets weer normaal aan te gaan met jou lewe.

Gene en Oorerflikheid

Hoe werk gene en oorerflikheid nou eintlik? Ek vra vir die volgende redes.

Ek het ‘n dogter en my suster het ‘n dogter. Maar my suster se dogter aard na my en my dogter aard na my suster.

As jy saam met Lisa (my suster) iewers heen wil gaan, moet jy haar twee dae voor die tyd kennis gee, sodat sy genoeg tyd kan hê om klaar te faff. As jy 8 uur iewers wil wees, beter jy vir haar sê julle moet 7 uur al daar wees, dan sal jy met baie geluk 10 oor 8 daar aankom. Megan (my dogter) is dieselfde en dit irriteer die “living daylights” uit my uit.

Ek is die oudste en moes dus altyd noodgedwonge vir kleinsus orals saamsleep. Dis mos een van daai vrek onregverdige goed wat oudste kinders oorkom. Jy mag nêrens heen gaan nie, maar op dieselfde ouderdom toe jy nêrens heen kon gaan nie, mag kleinsus orals heen gaan, natuurlik saam met jou, of jy nou lus is vir haar of nie. Maak nie ‘n fout nie, ek is vandag baie lief vir my suster en “we get along like a house on fire”, maar ek het nie baie van haar gehou toe sy klein was nie.

Elk geval, so elke keer as ek vir Lisa moes saamsleep, dan moes ek eers WAG vir Lisa, want sy moes eers 77 uur faff voor sy reg was om enige plek heen te gaan. Teen daardie tyd het ek al wraakgedagtes uitgedink wat “sibling rivalry” na ‘n Sondagskool piekniek laat lyk.

Nou, iemand daar Bo moes besluit het ek moet ‘n lelike streep getrek word, want toe is my meisiekind presies dieselfde. Gelukkig is ek nie eendag haar man nie, want hy sal moet BAIE geduld hê. Waar faff opgehou het, het Lisa en Megan begin. En noudat ek daaraan dink, my ma ook. Daar is al vir my ma gesê sy sal nog eendag laat opdaag vir haar eie begrafnis ook.  

Met faff bedoel ek natuurlik nou nie net mooi maak en mooi aantrek nie. Ek doen ook dit voor ek iewers heen gaan. Die verskil is net, ek doen dit en ek kry klaar. En ek is BETYDS (ek HAAT laat!). Hulle doen dit en kry NIE klaar nie. En ek weet wragtig nie WAT hulle doen nie, ek kon dit nog nooit uitgefigure kry nie.

En in daardie opsig aard Tamsyn (my suster se dogter) weer na my. Ek sal nou sê, “Tamsyn, kom ons gaan winkel toe”, en binne 10 minute is ek en sy oppad. Was dit nou Lisa of Megan, sou ons heel waarskynlik more oggend by die winkel uitgekom het, as ons gelukkig was.

Dus lyk dit my gene en oorerflikheid werk sommer so oorkruis, want ek aard ook meer na my ma se suster as na my ma self. My ma is hopeloos as dit by goed kom soos ‘n plug aan ‘n elektriese toestel sit, of ‘n TV instel. Dit het my ‘n leeftyd geneem om haar te leer om haar voicemail op haar selfoon te retrieve, om nie eers van sms’e skryf te praat nie. Toe ek die eerste keer ‘n sms van haar kry, het ek haar dadelik gebel om seker te maak dit is werklik sy.

Haar suster is baie ouer as sy, maar sy is clued up met al wat ‘n tegnologiese wonder is. Vir daai tannie sal jy niks kom leer nie!

So, nou wonder ek maar net hoe hierdie ding van gene en oorerflikheid nou werklik eintlik werk. Kan iemand my dalk sê?

Sommer net bietjie “brag”

Ek wil nie vanaand skryf nie, ek wil sommer net bietjie “brag” met my meisiekind. Ons het ‘n demo CD gemaak. Al is dit nou maar deur amateurs, klink dit nie te sleg nie.

Sy het net viervoet vasgeskop en gesê: “Ma, ek sing NIKS wat ‘rokkie of bokkie of sokkie’ in het nie!” En sy steek vas oor Idols ook, dink nie sy is goed genoeg nie. So, nou sal ek maar die demo hou en eendag vir my kleinkinders speel.

Maar ek wil bietjie “brag”, want ek dink nogal sy kan sing. Gaan luister as julle wil en oordeel maar self. ‘n Ma se oordeel is mos nooit onpartydig nie. En; “have no mercy, take no prisoners!”

http://media.putfile.com/Wherever-we-will-go–Megan

http://media.putfile.com/Ons-Belofte-Megan

http://media.putfile.com/Simply-the-best-Megan

Die “stud” deur my wenkbrou is NIE deur my brein nie!

Op 18 / 19 Oktober 2001 het die maatskappy vir wie ek werk, na ‘n nuwe kantoorperseel getrek. Teen 12 uur die middag van die 19de, dit was ‘n Vrydag, het my baas ons almal huis toe gestuur, omdat ons so hard gewerk het aan die trekkery.

Ons was vrek moeg, maar besluit toe ons gaan elkeen iets “weirds” doen met ons af middag. Sommer om ons mooi, nuwe kantore te vier. Nou, ek werk saam met ‘n klomp IT mense en hulle is van nature “weird”, so ons besluit toe elkeen van ons moet iets lyfliks gaan doen, soos ‘n tattoo kry, ‘n naeltjie piercing of so iets! My baas, (sy is ‘n baie cool, sexy dame) het vir haar ‘n naeltjie ring laat inskiet, soos meeste van die ander girls. Twee of drie het gegaan vir die tattoo ding.

Dit was dieselfde tyd as Big Brother 1 op TV en ek het nou nog ‘n ou sagte plekkie vir Ferdinand Rabie. So, wat doen ek toe? Ek gaan vir ‘n “stud” deur my linker wenkbrou!

Dis nou ses jaar later en die stud is nog steeds op sy plek, maar dis die reaksie daarop wat my nou eens en vir altyd finaal afgepis het.

Dis basiese die enigste stukkie juweliersware wat ek dra, behalwe EEN oorring in elke oor, en dit dra ek nie eers elke dag nie, en my trouring. So, ek is nie vol gate gesteek en heeltemal behang nie. Ek het dit al oorweeg om die ou dingetjie uit my wenkbrou te haal, maar dan wen die Moedswillige duiwel hier op my skouer weer loshande.

Hier is van die scenarios wat ek al moes verduur. En laat ek net by alles sê, ek lyk nie te sleg vir my ouderdom nie, is definitief nie vol rimpels en plooie nie en ook nie skreeulelik, dat dit dalk die rede vir mense se gestaar is nie.

Na ek byna ‘n jaar lank die stud gedra het, kom een van ons grootbase (ons hoofkantoor is in Johannesburg) eendag na die Kaapse kantoor. Agterna moes ek hoor hy het my baas gevra: “That girl with the thing in her eye, is she any good?” For crying out loud! DIT, nadat ek net ‘n paar weke tevore per e-pos gelukgewens is met die manier waarop ek een van ons grootste kontrakte se deadlines ge”meet” het. Wat het hy gedink – die “stud” is deur my brein?!

As ek 5 sent gehad het vir elke keer wat ek gevra is: “Was dit nie seer nie?”, HOEF ek vandag nie meer te werk nie. Ek sou genoeg geld gehad het om op ‘n eiland te sit en myself te vermaak. NATUURLIK was dit bleddie seer, maar nie naastenby so seer soos kraam nie, en ek het DIT oorleef. En omtrent net so seer soos gaatjies in jou ore, en ek het dit OOK oorleef, saam met miljoene ander mense!

Male sonder tal het ek al gedink my hemp se knope is oop of iets hang iewers uit, soos wat mense hulself soms vergaap. Sien, ek vergeet van die knoppie daar op my wenkbrou wat mense so laat staar. Is dit so verdomp snaaks om ‘n stud in jou wenkbrou te hê?

Eendag sit ons in ‘n bekende koffieplek in die mall in Mosselbaai. Ons sit buite, want dit was ‘n lekker sonskyndag. Net ‘n paar treë van ons af, maar aan die binnekant, sit ‘n man en vrou. Mens kan mos voel as iemand vir jou kyk. Toe ek opkyk, sien ek sy beduie vir haar man ek het ‘n stud in my oog. Sy het actually wragtig met haar vinger na haar oog gewys en toe na my gewys. Het sy gedink die stud maak my blind? Hy moes omdraai in sy stoel om te kon sien en het ook geen geheim daarvan gemaak om te staar nie. Het hy gedink ek is breindood en kan nie sien hy kyk nie of maak die stud my so ‘n frats dat hy die REG het om te staar?

En so kan ek aangaan. My liewe man sê altyd ek moet my g*t afvee daaraan. “Hulle kyk vir jou outstanding beauty”, troos hy my altyd. Dis hoekom ek so lief is vir hom! (Beauty lies in the eye of the beholder!)

Ek is eintlik baie vredeliewend en ek gedra my ALTYD in die openbaar. Ek kon nog nooit verstaan hoe mense scenes kan maak in die openbaar nie, ek is te privaat daarvoor. Maar so waar as padda manel dra, as EEN mens my nog weer gaan skeef aankyk of snaakse aanmerkings maak oor die stud gaan ek reguit na hulle toe loop en die volgende sê:

“Ek sien die knoppie in my wenkbrou interesseer u verskriklik. Ek wil u vandag ‘n GROOT geheim vertel. Ek is van ‘n ander planeet af en ons het kom kyk hoe lewe julle aardlinge. Die knoppie in die wenkbrou is sodat ons mekaar kan uitken, want ons moes onsself konformeer om soos julle te lyk. As u goed oplet in winkelkomplekse, sal u nog heelwat van ons raaksien, maar moet tog nie te ooglopend staar nie, want van my mede “Aliens” is nie so gaaf soos ek nie, hulle sal u sommer laat verdwyn as hulle sien u kyk te veel vir hulle.”

Dan gaan ek omdraai en wegloop, sonder om vir ‘n antwoord te wag!

Lewenslank vir Dina?

Ek wou eintlik vandag oor iets anders geskryf het, maar vanoggend sien ek op die lamppale: “Staat vra lewenslank vir Dina”.

Ek dink nie iemand in hierdie land weet nie wie is Dina Rodrigues en wie is Baba Jordan nie. Dina het 4 swartmans R10 000 betaal om haar kêrel se buite-egtelike kind by ‘n bruin meisie te gaan doodmaak. Blykbaar om die probleem van onderhoud vir die kind, asook die skande van ‘n kind by ‘n anderskleurige, vir hom weg te vat.

Dit is ‘n walglike, onmenslike ding wat sy gedoen het en natuurlik moet sy gestraf word daarvoor. (Ek, persoonlik, dink natuurlik die pa is ook nie heeltemal onskuldig nie – hy het heel waarskynlik die ding aangestook.) Maar toe ek vanoggend daardie woord “lewenslank” sien, het ek skielik, vir die heel eerste keer van die saak begin het, aan die mens, Dina, gedink.

Sy is ‘n pragtige jong vrou. Nou gaan sy heel moontlik vir ongeveer 20 jaar (lewenslank is 25 jaar?) toegesluit word. Haar beste jare sal in die tronk verbygaan. Die kanse is feitlik 100% dat sy nooit kinders van haar eie sal hê nie – en daar is natuurlik mense wat glo sy verdien nie om kinders te hê nie. Ook dat sy miskien nooit sal trou nie.

En ek wil haar vra – wat het jy gedink, Dina? Hoe het jy redeneer toe jy daardie besluit geneem het om ‘n baba te laat vermoor en daarmee jou hele lewe weggegooi het vir ‘n man wat dit definitief nie werd was nie? Wat sal jy doen as jy die tyd kon terugdraai? Jy het nooit gepraat nie, nie eers ter versagting vir jouself nie. Wat gaan in jou kop aan? Is jy jammer oor wat jy gedoen het?

Want sien, Dina het ook ‘n ma en ‘n pa en broers. En dit lyk my ook hulle verstaan nie hoe Dina so iets kon doen nie, want hulle ken ‘n ander Dina. ‘n Saggeaarde Dina, wat nie eers insekte wou seermaak nie. Ook haar vriende ken nie Dina, die babamoordenaar nie. So, wat het met Dina gebeur? Hoe gebeur dit dat iemand wat, volgens alle getuies ‘n sagte persoonlikheid het, so ‘n onmenslike daad beplan en uitvoer.

Het sy al die jare haar familie en vriende om die bos gelei en was sy eintlik ‘n heks, soos die Kaapse mense haar gebrandmerk het? Kan mens werklik so teenstrydig met jou eie persoonlikheid optree? Ek gaan altyd oor jou wonder, Dina, want vandag het jy vir my mens geword, nie net babamoordenaar nie.

As jy my kind doodgemaak het, sou ek jou ook wou doodmaak. Nou kan ek net vir jou bid. Lewenslank gaan dalk nie vir jou lank genoeg wees om met jouself saam te lewe nie.

Moenie my vra nie…!

Ek is niks selfsugtig nie. Inteendeel. Ek kry altyd raas by my man omdat ek sommer my goed weggee as ek sien iemand anders kry swaar.

 

Vra my om my klere te leen, vra my om my boeke te leen, vra my om my CD’s te leen. Ek sal vir jou geld ook leen, as ek het. Ek sal enigiets vir jou leen, of sommer gee as ek kan.

 

Maar moenie, nee moenie, MOET ASSEBLIEF NIE vir my vra om my motor te leen nie!

 

Ek sal eerder met my voete loop voordat ek jou sal vra om jou motor te leen, so moet my ook asseblief nie vra nie. Dit gaan net ons vriendskap bederf.

 

Ek is heeltemal, onkapabel en gat oor kop paranoïes as dit by my motor kom. As my vriende sê, “Daar is my sleutels, vat gou my motor en gaan haal vir ons nog hout (of wat ook al) by die kafee”, dan kyk ek hulle aan asof  ‘n “alien” van hullle besit geneem het.

 

My skoonma leen haar motor vir enige iemand, sy vra nie eers of hulle ‘n lisensie het nie. Sy het al vir my gesê sy gaan vir my ‘n sleutelhouer koop met “I Love My Car” op. Natuurlik was sy sarkasties, want ek is die “freak” wat nie toelaat dat enigiemand my motor bestuur nie.

 

Hoekom is ek so? (Ander mense se vraag, nie myne nie.)

 

So, as ander mense nie sό is nie, dan neem ek dus nou aan ek het ‘n kraak weg as dit by my motor kom. En krake kry mens mos gewoonlik in jou kinderjare.

 

So, watter trauma in my kinderjare het my obsessie met my eie vervoer veroorsaak?

 

Kan dit dalk die tyd wees toe ek 4 jaar oud was?

Ons huis was op die rand van ‘n bos en my ma en pa het albei gewerk. Ek het bedags by ‘n oppasser gebly, maar elke oggend, nes almal veilig by die werk was, het sy my so ‘n entjie die bos ingeneem en by ‘n boom sitgemaak. Dan het sy my die dood voor oë gesweer as ek sou roer. Die polisie sou my kom vang as ek roer en ek sou iets vreesliks oorkom. Sy het natuurlik gaan rondkuier en teen die middag het sy my weer daar kom kry, waar ek nog doodstil op een plek gesit het.

 

Die gevolg was natuurlik dat ek nagmerries begin kry het en my kop van my lyf af gegil het as ek ‘n polisieman sien. My pa was nie ‘n geduldige man nie en kort voor lank het hy die storie uit my uitgekry. Wat toe gebeur het, is nie hier herhaalbaar nie, maar ek kan net sê hy het kort duskant moord omgedraai.

 

Ek onthou natuurlik nie die hele petalje nie, dis vir my oorvertel, maar miskien het my obsessie met my eie vervoer toe al sy saadjie geplant. As ek wiele gehad het, kon ek dalk vir die oppasser weggejaag het, of bo-oor haar gery het, of so iets.

 

Of dalk was dit die insident met die dagmoeder. Na die petalje met die oppasser, is ek glo na ‘n dagmoeder, en snaaks genoeg, dit kan ek vaagweg onthou. Omdat ek soggens eerste daar aangekom het, was die tannie nog besig om klaar te maak en ek moes doodstil sit en wag totdat die ander kinders kom. Ek was nog nooit baie sterk op geduld nie en blykbaar het ek een oggend besluit die stil sittery soek nie vir my nie en voet in die wind geslaan. Ek is glo anderkant die brug, verby die begraafplaas (‘n goeie 3 kilometer verder) gevang waar ek flink oppad was huis toe. Sien, as ek toe al my eie wiele gehad het, het hulle my nie gevang nie!

 

My arme ma was toe raadop, maar gelukkig was sy toe al ver swanger met my sussie en kon sy kraamverlof vat en by die huis kom bly en my dophou. Sover ek weet, was daar nie enige verdere trauma in my kinderjare, wat met wiele te doen het nie.

 

Die eerste ding wat ek na skool gekoop het, was my eie motor, al moes ek omtrent droë pap eet om dit te kon bekostig.

 

So, ek dink ek het ‘n diep gewortelde vrees om iewers agtergelaat te word, sonder my eie vervoer. En ek dink nie berading gaan nou meer help nie, ek is te ver heen!

 

Daar is darem een ander mens wat my motor mag bestuur, en dis my man. En ook net omdat ek hom BAIE lief het en nie met hom wil lelik wees nie. (Hy ken my paranoia, maar hy verstaan dit ook nie.)

 

Maar daar is ook so ‘n klein monstertjie met skerp tande, punt ore en rooi oë wat binne in my bly. En omdat ek my man so BAAIIEE liefhet en nie lelik met hom wil wees nie, druk ek elke keer hierdie klein monstertjie met die skerp tande en punt ore en rooi oë terug in sy kas, as my man my motor leen. Want eintlik wil die monstertjie dan uitspring en gil en tekere gaan en hom byt en hom rondpluk en skree:

 

“Los uit, los uit! Dis myne. Moenie my sitplek skuif nie, moenie my spieëls stel nie! (My man is 2 koppe langer as ek). Ry jou eie kar! Moenie myne vat nie! Dis MYNE, MYNE, MYNE!”

 

Maar dan raas ek met die monstertjie en sê: “Komaan, jy is nou mooi groot, dis net ‘n fobie. Gedra jou.” En as ek kyk hoe my motor wegry, dan is dit asof die monstertjie sulke diep droë snikke gee, soos ‘n kind wat lank gehuil het en dan gaan lê. En wanneer hy terugkom, dan spring die monstertjie op en klap sy punt vingertjies van blydskap, want alles is nou weer reg…, tot volgende keer.

 

 

 my-yaris.jpg So, ek sal my klere van my lyf af vir jou gee, maar moenie my vra nie, MOET MY ASSEBLIEF NIE VRA NIE….. om my kar te leen nie!

The Apocalypse

Ek het hierdie nie self geskryf nie; het dit ‘n ruk terug iewers raak gelees en neergeskryf (Erkenning aan die skrywer, wie hy / sy ook al mag wees).

Nou is 16 Junie om die draai en die doemprofete is ook met ons. Is more die einde of die begin van die einde? Ek weet nie en ek wil ook nie weet nie. Besluit maar self. (En moenie die skrywe te ernstig opvat nie!)

The Apocalypse

“Basically humankind is up oxpiss creek without a paddle, being raped by a pack of rabid wolves. In fact, the 7 o’clock news makes apocalyptic literature seem as fear inducing as the My Little Pony sticker book.

On a cold morning in mid-June, the Four Horsemen of the Apocalypse arrived to lay waste to the planet and, to their irritation, found that mankind had started without them.

They were going to dish out tsunamis and hurricanes, but man had already found a way to molest mother nature so that she spasmed and convulsed.

They were going to unleash deadly viruses, but man had built laboratories, engineered diseases and sprayed them on himself.

They were going to cause famines, but man had already given all the food to the rich so that while some starved, others gorged themselves to death. (“Damn. Wish we’d thought of that,” whispered one horseman to another under his fiery breath.)

They were going to herald the arrival of the anti-Christ, but there were already thousands of people twice as bad as him roaming the planet.

So they went home, feeling more than a little insecure.

The end times have come and gone. We are now in hell, stuck on a planet with six billion of the most ferocious creatures ever conceived. Wherever we go, there we are. (As an experiment to prove this point, try going somewhere, maybe the shop or the post office. Have a look around. Exactly!)

To be honest it’s a lot better than the common idea of hell – no fiery worms burrowing through our eye sockets and such – but in one distinct way it is worse.

Religion still offers a ticket out of here (to heaven, nirvana, Valhalla or whatever you want to call it), and people will do anything to get to the front of the queue. Not only are people setting themselves up for a disappointment of cosmic proportions, they’re raping, pillaging, bombing, slandering and killing each other while they wait.

Religion (being distinct from God or the gods) has caused / justified / juiced up more wars than any other single thing; it has suppported the oppression of women, the oppression of races, the oppression of nations and it has wasted trillions of weekends across the globe.”