The Brave One

“Dying is not hard. There are plenty of ways to die. To figure out how to live, THAT is hard. When you love something, everytime a bit of it goes, you lose a piece of yourself.”

Hierdie woorde kom uit die fliek “The Brave One” (met Jodie Foster). Ek het dit vanoggend gaan kyk en ek was nie vandat ek kan onthou, al ooit so getref deur ‘n fliek nie. Ook veral miskien in die lig van die misdaad situasie in ons land.

Kortliks gaan die fliek oor Erica Bain (Jodie Foster), vir wie die strate van New York haar huis en haar brood en botter is. Sy deel die klanke van haar geliefde stad met haar radioluisteraars in haar radioprogram “Street Walk.” Na werk gaan sy huis toe na haar verloofde, David Kirmani (Naveen Andrews). Maar alles wat Erica ken en liefhet word een aaklige aand van haar weggeruk wanneer sy en David aangerand word in ‘n park. David oorleef dit nie, en Erica amper ook nie.

Jodie Foster says: ““I think we all have these ideas that there are lines that we would never cross and people we could never be, and yet, you don’t know who you would become in a certain circumstance. You might assume, intellectually, what your ethics might be, but until you are forced into a situation that challenges you, that changes you, you can’t know who you would be.”

Director Neil Jordan agrees. “‘The Brave One’ poses some uneasy moral questions. I think when we are wronged, a part of us would love to react with a kind of primitive brutality so we could right it immediately. But we don’t because civilization teaches us not to do that. So the spectacle of seeing somebody descending into a morally questionable area is both horrifying and fascinating at the same time.”

Erica Bain is attacked and beaten and her fiancé is killed. Physically she comes back to health, but her life is completely changed. She has to reach into herself to find a way through, and she does…but the way she does is what set the story apart. In order for her to survive, she has to find the courage to overcome the fear and take back her life in whatever way she can. That’s what makes her ‘The Brave One’.

Dit is absoluut die moeite werd om te gaan kyk en die musiek in die fliek is ook van die mooiste ooit. Hier is die “main song” van die klankbaan, Sarah McLachlan se “Answer”:

Advertisements

Still a man!

Kulula bo die wolke!

Ek was onlangs weer Johannesburg toe, die keer met Kulula. Vir een of ander rede beland ek altyd op die vlerk, nie dat ek omgee nie. Hierdie keer het ek ‘n stukkie van daar bo die wolke saam af aarde toe gebring!

Ek sou baie maklik daar buite kon gaan speel!

Wie kom saam?

Wonder waar’s die engeltjies (of duiweltjies)?

Kop skoonmaak

September / Oktober is die begin van die lente en dan maak mense hulle huise skoon – “spring cleaning”, word dit genoem. Dis dalk ‘n goeie tyd om mens se kop ook skoon te maak.

En met kop skoonmaak, dink mens noodwendig aan mense wat deur die jare jou pad gekruis het. Sommige mense kruis jou pad en laat geen blywende indruk of merk agter nie. Ander maak so ‘n diep indruk, so ‘n duidelike merk, dat mens vir jare hulle nooit vergeet nie. Party bly deel van jou lewe, ander sien jy nooit weer nie. Maar die merk wat hul gelaat het, bly. En elkeen laat iets agter, leer jou iets, soms van jouself en soms net van die lewe, goed en sleg. Ek dink aan ‘n paar van hulle, terwyl ek “spring clean.”

Nicolene – vir meer as 30 jaar ken ek jou. Ek onthou nog daardie eerste dag, toe ek jou gesien het. Jou arm was gebreek en in gips en jou boksterte het so weg gestaan van jou kop. Ons was net 6. Ek onthou hoe jy my geleer het van Weetbix met kaas tussen-in eet. Ek het jou geleer om nie meer vir hoenders bang te wees nie. Ons het mekaar se klere gedra en mekaar se geheime gedra. Ek het saam aan jou seer gedra met jou 4 miskrame; jy het saam aan my seer gedra destyds in Pretoria. Jy is die beste, die enigste vriendin wat ek ooit regtig gehad het.

Roberto – jy het my geleer dat mens die kosbaarste ding kan verloor deur “spiteful” te probeer wees. Dit was een van die hardste lesse wat ek ooit moes leer.

Helene – jy het my geleer dat geen terugslag in mens se lewe so groot is dat mens nie weer kan opstaan en voor begin nie. Ek ‘salute’ jou vir wat jy bereik het, enkelma, vrou-alleen.

Peter – jy het my geleer van gevaarlike mans, wat nie goed is vir enige vrou nie. Maar jy het my ook geleer sulke mans is eintlik lafaards. Ek het jou nooit verwens nie, die lewe het jou sommer self gegee wat jou toekom.

Zalda – jy het my geleer dat ‘n mens se kleur nie belangrik is nie. Dat dit die mens aan die binnekant is wat tel. Jy het lag in my lewe gebring, juis toe ek dit die nodigste gehad het en ek lief jou soos ‘n suster, al sien ons mekaar so min.

Basil – jy het my geleer dat mense wel ten goede kan verander.

Die wat ek nie hier noem nie, ek het nie vergeet nie. Dis net, dit sny te na aan die been.

En noudat ek mooi skoongemaak het, pak ek elkeen weer terug in sy plek, in my kop en in my hart! Mens kan ook net een keer ‘n jaar derms uitryg!

B B P!!!

Braaivleis, Brandewyn en Pampoen vir ‘n Saterdagaand! 

Diskriminasie is dood, lank lewe diskriminasie

Om te verstaan waaroor ek hier gaan skryf, moet ek eers vir julle die agtergrond gee van wat ek doen vir my daaglikse brood.

Ek werk vir ‘n internasionale maatskappy wat marknavorsing doen. Ons doen marknavorsing hoofsaaklik in die motorindustrie, maar ook vir baie, baie ander groot maatskappye. Elke semester bring ons ‘n verslag uit van watter voertuie die minste foute het per 100 eenhede en watter die meeste, watter handelaar gee die beste diens, ensovoorts.

Ek programmeer vraestelle, eintlik werk die Engelse woord beter, nl. Questionnaires. Vir amper ‘n jaar lank was ek die enigste een wat hierdie questionnaires kon programmeer, in hierdie spesifieke “programming language”, maar ek het die afgelope maand nog 3 ander mense opgelei, omdat die werksdruk doodeenvoudig te veel vir een mens geword het. Verlof wat eintlik al ‘n jaar terug aan my toegeken was, is 3 keer uitgestel.

In elk geval, as iemand ooit aan jou deur kom klop het of jou iewers in ‘n winkelsenttrum voorgekeer het met ‘n laptop byderhand en jou allerhande vrae wou vra, oor selfone, jou skeergewoontes, jou koeldrank drink gewoontes, die sigarette wat jy rook, jou leesgewoontes (wat se tydskrifte en koerante jy lees) en selfs wat se suiker of versoeter jy in jou koffie / tee gebruik, is die kanse so naby soos bliksem aan demmit, dat ek daardie questionnaire geprogrammeer het om op daardie skerm te verskyn in die formaat wat hy daar verskyn en dat ek weer agterna met daardie inligting gaan werk en die resultate gaan sien. Natuurlik bly jy naamloos, indien jy dit so sou verkies het met die ondervragingsessie.

Nou tereg kan julle teen hierdie tyd vra wat het alles hier bo met diskriminasie te doen.  Hou nou in gedagte dat baie van hierdie navorsing gedoen word vir buitelandse maatskappye wat hul produkte hier in Suid-Afrika wil bemark. Lande wat teen apartheid is, wat teen diskriminasie is. En ons is mos nou na 1994 hierdie bevryde land sonder enige diskriminasie. En tog, ongeag dit, word daar in ELKE liewe questionnaire gevra wat is jou ras. Daar is natuurlik die “Refused to say” opsie, maar dis half doelloos om vir iemand wat reg voor jou sit en jou kan sien, te se jy weier om te se watter ras is jy. Die persoon het tog oe in sy kop.

Net so doelloos as wat dit is om by die “Gender” vraag die opsies, ‘Male’, ‘Female’ en ‘Refused to say’ te he. En glo my, dis daar. Met ander woorde, ek sit voor jou, maar ek weier om te se of ek ‘n man is of ‘n vrou is. Jy meen, jy kan nie SIEN wat ek is nie? Rather scary, as jy my sou vra. En nee, dis nie vir veiligheidsredes dat jy kan weier nie, want jy het altyd die opsie om te weier dat jou persoonlike besonderhede, ons noem dit jou “demographics”, aan die klient of enige ander persoon bekend gemaak word. Ons MAG NIE dit bekend maak sonder jou uitdruklike toestemming nie.

Nou, soos ek maar is, bevraagteken ek nou die rasvraag. Hoe kan ons nog in hierdie tyd vir mense vra wat is hulle ras? Is ons dan nie nou die reenboognasie nie, wil ek weet van die hogere mense? Hul antwoord: – Elke ras het ander koopgewoontes. Die klient MOET weet watter ras gee watter antwoorde, want wit en bruin en swart koop nie dieselfde nie.

Is dit so? Ek neem aan dit is seker so. Maar as ons dan moet onderskei in ras as dit by koopgewoontes kom, hoekom word enige ander onderskeid in ras dan as diskriminasie aangesien? Ek praat nie hier van rassisme nie, waar een kleur reken ‘n ander kleur is noodwendig minderwaardig nie. Ek praat van diskrimineer in die sin van, jy koop pap omdat jy swart is en ek koop brood omdat ek wit is. ??? So, dit is NIE diskriminasie nie?

Diskriminasie in Suid-Afrika is dood, lank lewe diskriminasie!!!

9mm Blues – vir Sondag