Don’t mess with children

Hierdie is seker al oorbekend, maar dit bly vir my oulik genoeg dat ek dit graag hier wil bêre: –

A little girl was talking to her teacher about whales. The teacher said it was physically impossible for a whale to swallow a human because, even though it was a very large mammal its throat was very small. The little girl stated that Jonah was swallowed by a whale. Irritated, the teacher reiterated that a whale could not swallow a human; it was physically impossible.  
The little girl said, “When I get to heaven I will ask Jonah”.
The teacher asked, “What if Jonah went to hell?”
The little girl replied, “Then you ask him”.

A Kindergarten teacher was observing her classroom of children while they were drawing. She would occasionally walk around to see each child’s work. As she got to one little girl who was working diligently, she asked what the drawing was.
The girl replied, “I’m drawing God.”
The teacher paused and said, “But no one knows what God looks like.”
Without missing a beat, or looking up from her drawing, the girl replied, “They will in a minute.”

A Sunday school teacher was discussing the Ten Commandments with her five and six year olds.
After explaining the commandment to “honour” thy Father and thy Mother, she asked, “Is there a commandment that teaches us how to treat our brothers and sisters?”
Without missing a beat one little boy (the oldest of a family) answered, “Thou shall not kill.”

One day a little girl was sitting and watching her mother do the dishes at the kitchen sink. She suddenly noticed that her mother had several strands of white hair sticking out in contrast on her brunette head.
She looked at her mother and inquisitively asked, “Why are some of your hairs white, Mom?”
Her mother replied, “Well, every time that you do something wrong and make me cry or unhappy, one of my hairs turns white.”
The little girl thought about this revelation for a while and then said, “Momma, how come ALL of grandma’s hairs are white?”

The children had all been photographed, and the teacher was trying to persuade them each to buy a copy of the group picture.
“Just think how nice it will be to look at it when you are all grown up and say, ‘There’s Jennifer, she’s a lawyer,’ or ‘That’s Michael, He’s a doctor.’

A small voice at the back of the room rang out, “And there’s the teacher, she’s dead.”

A teacher was giving a lesson on the circulation of the blood. Trying to make the matter clearer, she said, “Now, class, if I stood on my head, the blood, as you know, would run into it, and I would turn red in the face.”
“Yes,” the class said.

“Then why is it that while I am standing upright in the ordinary position the blood doesn’t run into my feet?”
A little fellow shouted,
“Cause your feet ain’t empty.”

The children were lined up in the cafeteria of a Catholic elementary school for lunch. At the head of the table was a large pile of apples. The nun made a note, and posted on the apple tray:
“Take only ONE. God is watching.”
Moving further along the lunch line, at the other end of the table was a large pile of chocolate chip cookies.
A child had written a note, “Take all you want. God is watching the apples.”

“Thurst”day Craving

Gemerk!

Agt dinge oor myself, soos wat Dellie vra. Strange enough is my numerologiese nommer ook ‘n 8. Well, here goes…

1. Ek kon vlot lees uit die koerant “The Argus” nog voor ek skool toe is. My pa het my leer lees.

2. Ek was PF in die Weermag, gekeur vir JL kursus en het 98% op die skietbaan gekry. Toe jeuk my gat en ek koop myself uit en trou. Big Mistake!

3. Ek het een keer trein gesteel (Trans Karoo) vanaf De Aar na Kaapstad – dit was darem nie beplan nie, maar as gevolg van ‘n sameloop van omstandighede.

4. Ek het nie belletjies aan my ore nie (my ore loop net reguit tot teen my kop) en die binnekant van my enkels, het nie knoppies nie, maar duikies in.

5. Ek het altyd op skool my kys se opstelle vir hom geskryf, en keer op keer het hy meer punte vir sy opstel gekry as ek vir myne. Divine justice!

6. Ek gaan slaap nooit voor al my skottelgoed nie gewas is en my kombuis nie skoon is nie, al is dit die middel van die nag.

7. Ek het op een stadium, as kind op die plaas, 17 katte gehad en elkeen by die naam geken. My ‘favorite’ was Tommy, ‘n gemmerkat.

8. Ek het regtig vir 2 jaar perlemoen gesmokkel en een nag in Kleinmond se polisie selle geslaap.

En nou, vergewe my asseblief julle drie!, tag ek vir Bertus en George en Adam.

Die lyk in die stoel

Ek wil vandag ‘n storie vertel. ‘n Ware storie. ‘n Storie wat my verskriklik omgekrap het, maar ek is nie seker of ek die reg het om omgekrap te wees nie. Dalk is my denke hieroor heeltemal verkeerd. Dalk is wat gebeur het heeltemal normaal. Dalk is ek weereens die een wat nie inpas in normale “society” en hoe normale “society” werk en inmekaarsteek nie. Nie dat dit vir my sal nuus wees nie, maar ek het hieroor vannag nie goed geslaap nie. En ek het gedink, vertel die storie en luister na ander mense se opinies. Dalk veroorsaak dit dat ek my eie opinie hersien.

Ek gaan vertel wat gebeur het, en dan gaan ek vertel wat ek dink moes gebeur het. Voel vry om met my te verskil, enige tyd. Dalk is dit ‘n geval van perspektief.

Daar is gisteraand ‘n man dood. Ek ken die man net van sien, maar ek ken sy vrou (hulle was nie wettig getroud nie, maar al vir baie jare saam, so ja, ek beskou haar as sy vrou). Ek ken haar nogal goed. Die vrou was gisteraand besig om te stryk en die man het in die leefvertrek in sy stoel gesit, nog besig om musiek te luister, toe hy blykbaar net ‘n geluid maak en op die plek dood is aan ‘n massiewe hartaanval.

Die persoon wat ons bel met die tyding, rig toe ook die versoek dat ons maar ‘n draai by haar gaan maak en hoor of ons enige hulp kan aanbied. Ek was alreeds skuins oor hierdie versoek, want my persoonlike gevoel is dat al hulle familie tog onmiddellik sal gaan en dat ons, as slegs vriende, vir die spesifieke oomblik, dalk net oorbodig en onnodig in die pad sal wees. Dat ons eerder net moet bel en vir haar laat weet dat ons daar is, sou sy ons nodig kry vir enige iets.

Nou, ek het reeds my eie gedagtes oor dood en al daai dinge en soms raak die Liefie effe ongedurig met my en gisteraand vertel hy my dat mens darem net soms “compassion” moet hê. Nou moet ek byvoeg dat die man wat dood is, die arme vrou omtrent ‘n lewe gelei het. Hy was afgetree, terwyl sy nog gewerk het, en hy was meesal half of heeltemal besope en het glad nie sy aftrede goed hanteer nie, en haar ook nie aldag goed hanteer nie. Sy het baie oor hom gekla en baie gedreig om hom uit die woonstel te gooi, wat haar blyplek is. En dan, ander dae, het dit weer goed gegaan tussen hulle. Soos die lewe maar is.

So, mag ek vergewe word, maar my eerste gedagte met die tyding van sy dood was; “Wel, vir een keer het die Here ‘n slag die regte een weggeneem.” En ek het die gedagte dan ook hardop uitgespreek, dié dat die Liefie my so effe op die vingers getik het. Ek weet dit was nie vir my om so te dink nie, maar ek het nogtans.

So, ek kapituleer toe maar en ons ry na die woonstel. Daar gekom, staan meeste van die familie buite en sê vir ons die vrou is bo in die woonstel. Die dokter was reeds daar om die man dood te sertifiseer, maar hulle wag nog vir die lykswa om hom te kom haal. Die is elders besig en kan eers oor ‘n uur of wat kom (klink vir my al te veel soos onse SAPD).

Nou kan ons nie net omdraai nie, so ons is toe nou maar noodgedwonge op woonstel toe. Mens kom die woonstel direk in die leefvertrek in, en hier sit die man nog steeds in sy stoel, maar heeltemal toegegooi met ‘n laken. En die familielede marsjeer in en uit verby hom. En ons moet ons simpatie betuig, maar ek kan die man nie miskyk nie en ek weet net – hierdie is nie vir my reg nie. Hierdie is nie hoe ek dit sou gedoen het nie. Hierdie is so sonder waardigheid teenoor die dooie en so ontstellend vir my. Maar dit lyk asof al die ander mense dit net as alledaags ervaar. Die toegegooide lyk in die stoel.

Ek verstaan dat hulle mense in padongelukke toegooi, dis vir my logies. Maar gisteraand… Dit was nie vir my logies nie.

Hoe sou ek dit dan gedoen het? As dit my man / kind / geliefde was, wat stil-stil dood is in ‘n stoel of in ‘n bed, sou ek, na my aanvanklike skrik en my onmiddelikke hartseer, eers vir ‘n paar oomblikke in stilte by die persoon gaan sit het en afskeid geneem het. Want ek sou besef het dat dit die laaste keer is wat ek hom in menslike vorm sou sien. Daarna sou ek die dokter gebel het en slegs een familielid laat weet het en gevra het dat sy al die ander laat weet, maar dat niemand asseblief na my toe moet kom voordat ek hulle nie laat weet het nie. Sonder om hom toe te gooi met enige iets, sou ek dan in stilte by my geliefde gesit en wag het, dalk met hom gepraat het, heeltemal afskeid geneem het, tot die lykswa kom. Om daar by hom te sit, al is hy dood – dit sou my nie afgeskrik het nie. Dit sou vir my meer waardig gewees het as ‘n klomp mense, wat dit sekerlik ook goed bedoel het, wat heen en weer verby ‘n toegegooide dooie beweeg.

Daarna kon die mense maar kom, om te troos en sommer net by my te wees. Nadat hy weg is.

Dis hoe ek voel, dis hoe ek dink. Dis hoe ek dit sou wou hê. Ek dink nie ek is verkeerd nie. Is ek?

Cherokee Amazing Grace

Amazing Grace

“Amazing Grace, how sweet the sound,
That saved a wretch like me….
I once was lost but now am found,
Was blind, but now, I see.

T’was Grace that taught…
my heart to fear.
And Grace, my fears relieved.
How precious did that Grace appear…
the hour I first believed.

Through many dangers, toils and snares…
we have already come.
T’was Grace that brought us safe thus far…
and Grace will lead us home.

The Lord has promised good to me…
His word my hope secures.
He will my shield and portion be…
as long as life endures.

When we’ve been here ten thousand years…
bright shining as the sun.
We’ve no less days to sing God’s praise…
then when we’ve first begun.

“Amazing Grace, how sweet the sound,
That saved a wretch like me….
I once was lost but now am found,
Was blind, but now, I see.
(end)

Eet jy met ‘n vurk? Skandalig!

Ek het nog altyd meer daarvan gehou om met ‘n lepel te eet as met ‘n mes en vurk. Ek moes al selfs ‘n paar keer hoor net mense wat in die tronk was, verkies om met lepels te eet. Dan het ek seker maar die regte mentaliteit vir die tronk, maar feit bly staan, ek verkies van kleintyd af ‘n lepel, dit eet net soveel makliker. Behalwe as ek nou vleis moet sny en so aan. Maar braaivleis eet mens mos eintlik met jou hande?! Dalk is die lepel etery eerder ‘n bewys van my Afrika mentaliteit – soos om die pappot sit en met lepel en hande te eet!

Toe vind ek uit dit was vir ‘n baie lang tyd skandalig om met ‘n vurk te eet, nou het ek ‘n lekker verskoning.

Vurke is vir die eerste keer in die Middel Eeue gebruik, maar dis as skandalig beskou om met een te eet. Gedurende die 11de eeu, is ‘n Griekse prinses dood kort na haar troue met ‘n Venesiese Doge (hoofmagistraat), Domenico Selvo. Dié Griekse prinses het vurke by haar troue gehad en haar dood is gesien as goddelike straf – oor die vurke nou!

Vurke was reeds sedert die 11de eeu ‘n gereelde verskynsel op die tafels van die Italiaanse adel en is sedert die 14 de eeu gebruik in Frankryk. Vurke is egter eers in 1611 in Engeland bekendgestel, deur Thomas Coryat, deur sy boek “Coryat’s Curdities Hastily gobbled up in Five Months Travels in France, Savoy, Italy, &c.” Selfs in daardie tyd is daar van hom ‘n bespotting gemaak omdat hy die gebruik van vurke aangemoedig het. Hy is “Furcifer” genoem, wat vurkdraer beteken.

Die hoër stand in Spanje het vurke gebruik gedurende die 16de eeu. ‘n Bewys hiervan is die groot verskeidenheid vurke wat herwin is van die wrak van die skip, La Girona, wat gesink het aan die Ierlandse kus in 1588. In 1630 het die Goewerneur van Massachusetts, ene Winthrop, die eerste en enigste vurk besit in koloniale Amerika.

Waarmee het mense dan geëet voor vurke gebruik is? Hulle het houtlepels, messe en natuurlik hulle hande, gebruik. Antieke Fidjiane het meeste maaltye met hulle hande geëet, maar het ‘n spesiale houtvurk gebruik vir maaltye bestaande uit mensvleis!

Vurke, meestal twee-tand, was bekend as gesplete lepels, alhoewel daar wel voorbeelde is van vier- en vyftand vurke nog voor die 1600’s. Die viertandvurk het eers in die laat 1800’s gewild geword.

In die konserwatiewe dele van Thailand, word dit nog steeds as skandelik beskou om kos met jou vurk na jou mond toe te bring. Jy gebruik slegs die vurk om die kos in jou lepel te hou, terwyl jy die lepel na jou mond toe bring.

So, dalk sal ek lekker eet in Thailand!

Gejaag na wind?!

Ek het vandag ‘n email gekry van Anoesjka. Anoesjka het saam met my gewerk en werk nog steeds vir ons, maar sy doen dit daar uit Britstown se wêreld uit. Met behulp van Helkom en Sateliet en moderne tegnologie, programmeer Anoesjka nou bedags op die plaas.

Ek beny haar met my hele hart. Ek is so moeg vir die gejaag na wind, die dolle gejaag na niks. Dit was so pas meriete ‘meetings’ en ek wonder by myself – wat maak dit saak wat se meriete ek kry? En ek dink aan die woorde: “What strange creatures we are… and in the end, not much of this really matters.”

Anoesjka skryf, en ek haal aan:

Die plaaslewe behandel ons nog baie goed – ons was nog nie vir een oomblik spyt nie.  Eintlik kan ek nie glo ons is alweer langer as ‘n maand hier nie!  Vanoggend is dit ‘n heerlike sonskyn, windstil oggend.  Dit klink amper asof ons in die World of Birds is so erg is die getjirp en gekoer van die voëls – dit is nou lekker ontspanningsmusiek.  Natuurlik is daar een ding wat dit bederf…  die muskietee!  Na die reën wat ons ‘n tydjie terug gehad het, dra hulle jou amper weg.  As die son begin sak in die aand kan jy dit nie buite waag sonder Tabard of ‘n baadjie nie.  Hulle steek jou aan die brand.

Al die kinders (haar diere) is nog springlewedig en gesond – alhoewel, daar was ‘n paar noue ontkominge. Die een dag, toe dit tyd raak vir Hannie en Baba om terug te gaan hok toe, toe is Hannie (die kalf) net weg. Ons het oral gesoek en kon haar nêrens vind nie. Later toe sien Jaco haar ‘n hele ent weg in die veld. Hy het haar maar toe met baie geduld terug gelok huis toe. Die ander dag weer, sluk sy byna haar bottel se tiet in! Sy is mos so gulsig (sy suig tot aan die lam se ore om die bietjie melk wat daar gedrup het ook te kry). Die een oomblik suip sy nog en die volgende oomblik staan sy met die tiet in haar bek en kyk groot oog rond – “wat gaan dan nou aan?”. Terwyl ons nog sukkel om in die hok te kom sodat ons haar kan help, toe val dit gelukkig uit. Het amper gedink sy gaan die ding insluk of verstik daaraan. Nou sorg ons maar dat ons dit behoorlik vashou, want soos wat sy met daai ding tekere gaan, neem ek nie haar ma kwalik dat sy haar nie wil hê nie. Verder is sy ook lekker stout! Ek vang haar mos nou die dag pens en pote in my blombak waar ek nuwe saadjies geplant het wat nou net groen blaartjies begin maak. Trap toe net sulke diep gate daarin.  En die wat sy nie plat getrap het nie, het sy byna heel opgevreet!

Baba (die lam) raak nou vinnig groot.  Hy is sommer lekker vet.  Is vol bokspringe as ons hulle in die oggend uit die hok uit laat – ek kan my verkyk aan hulle. Ek wil dit nog een oggend afneem. Verder raak hy nou ook net so stout. Alles wat die een doen, doen die ander ene mos ook. Kort bene of nou nie, hy klim ook nou in die blombak. Maar ek slaan daai wol boude van hom. Hy het mos nou ook agtergekom ‘n skaap moet so af en toe kopstamp en my arme Kiddo is sy teiken. Maar ek het hom gewaarsku… as hy my Kiddo seer maak, dan gaan ek tjops van hom laat maak.

So gepraat van Kiddo… sy het mos amper Saterdag verdrink! Ek kry nou nog koue rillings as ek daaraan dink. Ek was in die huis en Jaco was buite in die tuin besig. Kiddo het uitasem by die voordeur aangekom en toe ek oop maak sien ek sy is pap sop nat. Jaco vertel toe dat hy ‘n vreeslike snaakse geluid gehoor het – amper soos ‘n kind geklink, maar baie benoud. Die eerste ding waaraan hy gedink het was die dam (seker so 60 meter van ons huis af) en hy en Jan het sommer dadelik soontoe begin hardloop. Toe hul daar kom toe spartel my peanut al seker ‘n hele ruk daar. Nog voor Jaco sy skoene kon uitkry, toe is Jan al in die dam om haar uit te haal. En dit is nou alles Tinkie se skuld – wat nogal ewe op die damwal gestaan en toekyk het. Sy jag mos gedurig die akkedisse en dan hardloop Kiddo maar so af en toe agterna. Nou die dag, toe kry sy mos die grootste akkedis nog (‘n likkewaan). Jaco sê sy was so bang, sy staan eintlik en bewe terwyl sy vir die ding blaf. Jaco het die likkewaan toe opgetel en verder in die veld gaan sit waar die honde dit nie kan beet kry nie. Dan is hier ‘n mol wat Tinkie nou eenvoudig nie kan uitlos nie.  Sy sal vir ure voor daardie mol gat staan (en later lê) en wag dat daar ‘n grondjie roer. Die mol het darem nou sy huis van ons voortuin verskuif na die stukkie lusernland (maar Tinkie het om al klaar weer daar ook uitgesnuffel).

Met ou Bliksem gaan dit goed. Alhoewel ek gedurig voel dat hy sy naam gestand doen, kan ek nie nou aan iets dink om oor hom te vertel nie (behalwe dat hy nou eenmaal ‘n plastiek houer nie kan uitlos nie – of daar nou ‘n blomplant in is of nie). O en hy het nou die dag ons vullissakke wat buite gelê het vir ons ‘n bietjie gerearrange. Een ding wat hy goed kan doen is slaap…kyk, hy laat nou lê lekker lyk! Maar ek moet sê ek voel darem veiliger met hom hier. As jy hom so op ‘n afstand sien staan en hoor blaf, dan sal jy nie sommer nader gaan nie.

Anoesjka – ek beny jou, met my hele hart. Een van die dae kom drink ek daai beloofde koffie en piesangbrood uit die koolstoof uit!

En om myself te troos, sal ek maar solank hierna luister – een van die mooiste songs ooit!