Jy is jy en ek is ek
en jy bly vir my jy en ek bly vir jou jy
en ek en jy loer vir mekaar en voel aan mekaar en glimlag groot
totdat ons agterkom dat jy die leemte in ek volmaak
en ek die leemte in jy
Skielik word jy deel van ek en ek deel van jy
ek is joune en jy is ek s’n
en dan ons
Ons raak verweef en verstrengel
totdat ons agterkom dat nabyheid grense vereis.
Ons word weer ek en jy
maar verlang terug na ‘n tyd van eenwording
waar ek en jy ons uitmaak sonder om ons name te verloor
en yster het yster geslyp.
Advertisements
Lewer kommentaar