Anderste

Ek wonder oor almal van ons wat anderste is

Ons wat nie aldag by die norm inpas nie.

(Wat ook al die norm mag wees.)

Hoe maak die Here anderste mense?

Het Hy iewers die draadwerk stukkie-stukkie

by klompe siele geleen,

Of het hy ons so stukkie-stukkie gemaak

tussen-in gerus en te veel

anderste stukkies bymekaargelas

omdat Hy somtyds vergeet het

waar hy laaste besig was

om aan ons te bou?

Soms wonder ek maar net.

Advertisements

13 Responses

  1. Dankie vir jou oopkop wonder oor die verskillende moontlikhede in plaas van blatante judgement .. min mense kan elke individuele blokkie in ‘n mosaïek waardeer. Die blote feit dat jy daaroor wonder .. gee my vlerke.

  2. Dan is dit mos besonders om anderste te wees.

    Nou dat jy so praat, laat jy my dink aan daardie song van -SkipSkop- wat ons so graag luister.

    Jy hoef nie verder te wonder nie Sonson, die Vader weet hoekom hy ‘n stukkie van die en ‘n stukkie van daai bymekaargelas het.

  3. ‘n Mooi inskrywing oor dinge waaroor ek ook altyd wonder!
    Hierdie storie kan my soms baie besig hou as ek gaan wegkruip om te “dink”

  4. Normaal is so boring.

  5. Ek vra omverskoning vir die lang kommentaar, en as ek dalk afwyk van jou punt af

    Son, daar ʼn groot waarheid wat baie ooreenstem met wat jy nou ervaar in die storie van ‘The Ugly Duckling’.

    Ons is anders, maar die andersheid verloor sy vreemdheid wanneer jy jouself in ‘eendersheid’ bevind. Dan vou jou siel se silwervlerke spontaan oop; you enter a state of ‘Being’ a ‘oneness’ so profound it is inexplicable, where insight, knowledge, communication, beauty and joy is boundless

    Dit is die plek waar jy die siel van die mens (jou eie en ander) ontdek, leer ken, liefkry en ervaar. Ek glo dit is baarmoeder, die kern waar ‘om grensloos te bemin’ gebore word, hoog bo alle vleeslikheid verhewe…..

    Die pad na hierdie ondekking het baie opdraandes, en mens word dikwels gekritiseer en as ‘belaglik’ bestempel, maar die soetigheid van hierdie waarheid se vreugde is alles oorheersend.

  6. Ag, weet jy wat? Ek luv jou manier van dink!

  7. Is ons nie almal maar ‘n bietjie anders nie?

    As mens na die statistiese verpreiding van mense kyk, wat is die waarskynlikheid om iemand te kry wat presies in die middel (op die norm) van die verspreiding sit? Dis nul.

  8. “stukkie-stukkie”,,,,,dis nie altyd so maklik om anders te wees nie.
    Lekker inskrywing

  9. Ek wens ek was net bietjie ‘eenders’…

  10. Truly lovely post dear, and very thought provoking, you’ve put your finger on the nub of “otherness” ….

  11. Of die Skepper gerus, bietjie vergeet het en hier en daar geleen het?

    Miskien het Hy soooo presies geweet wat Hy doen en ja, hoekom sou Hy nie hier en daar ‘n stukkie andersheid loop vat en lap en plak nie?

    Hy het dalk juis die anderste siele geskape om die norm te definieer.

    Hy het dalk juis die anderste siele geskape om vir Hom afleiding van die norm te gee.

    Hy het dalk juis die anderste siele geskape om die norm in hulle gemakstoele te skud.

    Maar Hy het bepaald nie die anderste siele groter as Sy geduld met hulle, geskape nie.

  12. Dis mooi hoe jy wonder.

    Ek wonder ook.

  13. Ek wonder ook baie keer waar ek ou eintlik inpas en wanneer ek gaan verstaan. Sy stel dit so mooi, dankie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: