Twee vir Sondag

Ek het onverwags op hierdie girl se musiek afgekom. Ek wens ek kon meer van haar hier oplaai – sy sing stunning!

Ek stel my voor dat hierdie een sommer lekker sou gedans het op Ding se gladde rooi plaasstoep, veral so langarm om die draaie! 😆

En hierdie een is sommer net vir die erg mooi woorde!

Amy MacDonald – Run

Will you tell me when the lights are fading

Cos I can’t see, I can’t see no more

Will you tell me when the song stops playing

Cos I can’t hear, I can’t hear no more

She said I don’t know what you’re living for

She said I don’t know what you’re living for at all

He said I don’t know what you’re living for

He said I don’t know what you’re living for at all

But I will run until my feet no longer run no more

And I will kiss until my lips no longer feel no more

And I will love until my heart it aches

And I will love until my heart it breaks

And I will love until there’s nothing more to live for

Will you tell me when the fighting’s over

Cos I can’t take, I can’t take no more

Will you tell me when the day is done

Cos I can’t run, I can’t run no more

She said I don’t know what you did it for

She said I don’t know what you did it for at all

He said I don’t know what you did it for

He said I don’t know what you did it for at all

But I will run until my feet no longer run no more

And I will kiss until my lips no longer feel no more

And I will love until my heart it aches

And I will love until my heart it breaks

And I will love until there’s nothing more to live for

And I will love until my heart it aches

And I will love until my heart it breaks

And I will love until there’s nothing more to live for

Laat die musiek praat

You

Vir ‘n onbekende blonde man

Ek was skaars vyftien, nog in die tyd van die ou Suid-Afrika. Elke jaar het ek saam met my ouers na die gevangenes se konsert by die Victor Verster-gevangenis gaan luister. Desjare het ek nie geweet van Mandela nie, ook nie geweet hy sou baie jare later vrygelaat word deur einste hierdie gevangenis se hekke nie.

Hoekom die gevangenes toegelaat is om konsert te hou vir mense van buite en watter gevangenes almal toegelaat is om deel te neem, weet ek nie. Ek vermoed dat hulle sekerlik die geld ingesamel het vir een of ander goeie doel, of altans ek hoop so. En ek vermoed ook dat dit slegs die minimum sekuriteit gevangenes is wat toegelaat is om deel te neem aan die konsert, want hulle was beslis nie geboei nie en ek glo dat ontsnapkans in so ‘n opset seker maklik sou wees.

Ek was bloot te jonk om enigsins aan enige van hierdie detail aandag te gee. Om die konsert by te woon, was een van die lekker dinge wat ons elke jaar gedoen het, amper soos vakansie. Die vermaak was van besondere gehalte, maar selfs dit is slegs soos ek dit onthou uit ‘n tiener se oogpunt.

Wat ek egter tot vandag nog steeds duidelik voor my geestesoog sien, is die mooiste man wat ek in my dag des lewens ooit aanskou het. Geeneen van die ander het voor dit of daarna ooit weer so ‘n blywende indruk op my gemaak nie. Hy het met sy kitaar op die verhoog gekom en met ‘n engele stem begin gesing.

Dis ‘n paar dekades later en hy moet seker al bejaard wees, en steeds wonder ek oor hom. Hoekom was hy in die tronk en wat het daarna van hom geword? Waar is hy vandag? Ek sal seker tot my dooddag wonder oor hom. En tot my dooddag hom onthou as hierdie song speel.

Hierdie is vir jou, onbekende blonde man van lank gelede:

LOBO – I’D LOVE YOU TO WANT ME

Vir Jou – In Blou

Vrydagaand kuier ons by mense wat NET na Afrikaanse musiek luister. Dis ‘n lekker kuier, maar die musiek kry my soms onder. Ek het ‘n wye musieksmaak, wat ook Afrikaans insluit, maar nie NET dit nie.

Terwyl hulle rokkie-sokkie-bokkie in die braaikamer, met glase rooiwyn of brandewyn en coke, vat ek my Jack Daniels en dwaal na die TV kamer en kom daar op ‘n hele versameling ander Afrikaanse musiek af. Ek raak vergete aan die luister daar.

Ek kon nie anders as om hierdie woorde neer te skryf nie, dis ongelooflik mooi. Sy ander musiek is ‘n “acquired taste”, maar ek sal oor en oor hierna kan luister.

VIR JOU

(Jannie Moolman)

Vir jou wil ek ‘n huis hê, ‘n huis met ‘n leiklip vloer

‘n witgekalkte skoorsteen wat deur die rietdak loer

‘n okkerneuthout onderdeur wat kreun aan die skarnier

‘n donskombers om in te duur, ‘n kaggel en ‘n vuur

Die dae is droef soos druiwe, jou naam is soet soos mos

Die herfs is in die wingerd, die son in elke tros

Want die winters hier is wondbaar as die jaar se hitte kwyn

Die seisoen word oud en waardig, wat mos was word nou wyn

Vir jou wil ek ‘n bos hê waar jy dennenaalde ruik

Reen wat oor die berg kom en timmer teen die luik

En by die hek ‘n bloekom met sy takke in die wind

Hier in die koperledekant jou warm blou-oog kind

Want die dae is droef soos druiwe, jou naam is soet soos mos

Die herfs is in die wingerd, die son in elke tros

Want die winters hier is wondbaar as die jaar se hitte kwyn

Die seisoen word oud en waardig, wat mos was word nou wyn

Al maak ek hierdie versie eenvoudig net soos nou

Die wens bly tog maar net ‘n wens, die werklikheid verbrou

Die wens bly tog maar net ‘n wens, die werklikheid verbrou

Want die dae is droef soos druiwe, jou naam is soet soos mos

Die herfs is in die wingerd, die son in elke tros

Want die winters hier is wondbaar as die jaar se hitte kwyn

Die seisoen word oud en waardig, wat mos was word nou wyn

Maar die song wat my binne geslaan het, was hierdie een – ek MOES dit net hier verewig!

Ek hou van blou – Illse Roos

Daar’s berge in die Boland wat versadig is van blou

Hoe dieper jy die vlaktes in, hoe blouer word die blou

Die bloute van die verste berg herinner my aan jou

Hoe verder die verlede in, hoe meer word jy van nou

Ek hou van blou, ek hou van blou

Ek hou, ek hou, ek hou, ek hou van blou

Die hemel en die maan is blou

En als wat ek van jou onthou

Word jaar na jaar ‘n blouer blou

Ek het jou êrens op die tyd se kronkelpad verloor,

Net die vae blou van jou afwesigheid bly oor

Verlange help nie baie nie, nog minder help berou

Hoe meer van jou verlore raak, hoe meer wil ek behou

Ek hou van blou, ek hou van blou

Ek hou, ek hou, ek hou van blou

Die hemel en die see is blou

En als wat ek van jou wou

Word jaar na jaar ‘n blouer blou

Miskien is ver tog nie ‘n plek nie, verloor is dalk behou –

Jy was dalk nog altyd net ‘n afgeleë kleur, maar

Ek hou van blou, ek hou van blou

Ek hou, ek hou, ek hou, ek hou van blou

Die hemel en die maan is blou

En als wat ek van jou onthou

Word jaar na jaar ‘n blouer blou

Die hemel en die maan is blou

En als wat ek van jou onthou

Word jaar na jaar ‘n blouer blou

Jy is uniek

Jou skaduwee

Leaving on a Jet Plane

Vir almal wat moet weggaan, maar liewers sou wou bly  😥