Vrouens en gevaarlike mans

Onlangs het hierdie onderwerp in ons vriendekring opgeduik. Ek self het ‘n geskiedenis van versot wees op sogenaamde gevaarlike mans. Op skool het die skool skollie my altyd meer geinteresseer as die goeie ouens – die wat binne die reëls gebly het. Hulle was tog sooo bitter vervelig!

Later het ek feitlik op trou gestaan met ‘n man wat elke skoonma se droom was, net om hom te verruil vir ‘n James Dean “look alike”. Hy het net ongelukkig nie dieselfde paadjie as James Dean geloop en vroeg gegaan nie. Die res is geskiedenis. Ek het die aarde harder getref as ‘n bliksemstraal, maar gelukkig was ek nie ‘n donkie wat my kop aanhoudend teen dieselfde muur loop en stamp het nie. Een mooie dag het ek my kleed gevat, opgestaan en uitgestap. En ek is genees van gevaarlike mans, vir altyd.

So, hoekom is vrouens so dikwels aangetrokke tot mans wat nie vir hulle goed is nie? Mans wat hulle verniel, fisies en emosioneel. En hulle is nie by magte om die kringloop te verbreek nie.

Eerstens, wat is ‘n gevaarlike man? Dalk dink jy onmiddellik aan iemand wat fisies geweldadig is, maar daar is ander gedrag wat ook gevaarlik is vir ‘n vrou se emosionele groei en lewenskwaliteit. Daar is mans wat slegs ‘n moederfiguur soek, mans wat teer op emosioneel verwonde vroue, mans wat emosioneel afwesig is in ‘n verhouding, mans wat sielkundige probleme het, verslaaf is aan een of ander middel of selfs aan ander verhoudings. Raak betrokke by so ‘n man en die uiteinde is dat jy jou selfwaarde verloor. Totaal. Hulle bedreig ‘n vrou se veiligheid, finansiële sekuriteit, ondermyn haar selfvertroue en haar gemoedsrus.

Ironies genoeg het die meeste gevaarlike mans nog nooit ‘n vrou geslaan nie, maar die langtermyn skade wat so ‘n man aan ‘n vrou se siel kan doen, is ongelooflik.

Vrouens wat aangetrokke voel tot gevaarlike mans, kom in alle klasse, rasse en ouderdomsgroepe voor. Dis nie net jong en onervare vrouens of meisies wat vir hierdie mans val nie. Daar is ervare, lewenswyse, professionele vrouens wat amper ‘n loopbaan daarvan gemaak het om die een na die ander gevaarlike man te “date”.

Maar hoekom word vrouens, selfs geviktimiseerde vrouens, keer op keer aangetrek deur hierdie gevaarlike mans? Omdat so ‘n man jou in die begin van jou voete af “charm”. Hy is alles wat jy wil hê, wat jy DINK jy wil hê. Hy speel jou soos ‘n kitaar, weet net waar om watter snaar te pluk. Hy laat jou veilig voel – in die begin. En stadig, baie stadig, verander die verhouding. Geleidelik vervreem hy jou van jou vriende, jou familie. Dis dan so lekker, net hy en jy alleen. En dan, op ‘n dag, bars die borrel.

In die begin is hy so jammer na elke insident en jy bly of jy kom weer terug, want eintlik het jy nêrens meer om heen te gaan nie. Jou brue is verbrand, of jy is te skaam om te sê hoe dit regtig in jou verhouding gaan. Jy “cover” vir hom, veral as hy jou slaan. Jy begin selfs later glo as jy hom net beter verstaan sal alles weer regkom. Jy soek die fout orals, behalwe by hom. En meeste van alles, soek jy die fout in jouself. Die hele tyd. As ek dit net sò doen, sal hy ophou, of as ek dit net nie sò gesê het nie, sou hy nie kwaad geword het nie. STOP!

Jy is besig om SY abnormale en skadelike gedrag te normaliseer. Jy is besig om die res van jou toekoms en lewe op die spel te plaas.

Sandra L Brown skryf die volgende in haar boek: “How to Spot a Dangerous Man before you get Involved.

All men are not created equal. The dangerous ones are an entity unto themselves however they do not always look overtly dangerous. If all dangerous men came marked with the sign of Charles Manson between their eyes it would make choosing a relationship a lot easier.
The relationship issues that make men dangerous exceed the normal woman’s knowledge. Most equate dangerousness with only physical violence within the relationship. What makes a man truly dangerous other than physical violence is not taught to the general public. A dangerous man is one who harms women emotionally, physically, sexually, financially, or spiritually due to his permanent condition that is untreatable. What is common amongst dangerous men is their inability to grow, change, or have insight about their behavior in or out of a relationship. Women with these types of dangerous pathological men will never get their needs met in the relationship and are also at risk of never escaping the relationship. Unfortunately, 9 out of 10 women don’t know even one fact about ‘what’ makes a man pathological or the signs and symptoms of men that are dangerous and permanently disordered.

Dangerous men are either diagnosisably pathological or stray so close to the edge of pathology as to be indistinguishable. These are men who not only do not ever change, but by virtue of what is wrong with them, cannot change, in or out of the relationship. The end result of dangerous men to women is the soul deadening effects that teach her to normalize abnormal behavior until it is what she becomes primarily attracted to in a relationship. Each go round with another dangerous man in another relationship only entrenches her choices until it is the only type of man she selects. Pathological behavior begins to look and feel normal.

Sy identifiseer ook 8 verskillende tipes gevaarlike mans:

Die Ewige Klewer: Hierdie man gee jou sakke vol aandag, maar vereis totale toewyding van jou. Jy het geen persoonlike lewe nie. Hy is jaloers op ander mense, isoleer jou en het ‘n lae selfbeeld. Hy dreig gereeld om homself iets aan te doen as jy dalk die verhouding wil verbreek. Hy suig jou lewe uit jou uit. Hy teiken vroue wat voorheen afgeskeep is in hul verhoudings en vang hulle met al die aanvanklike aandag wat hy aan hulle gee. Hy is aangetrokke tot vroue in sogenaamde versorgings beroepe, soos verpleegsters, onderwyseresse, maatskaplike werkers, ens.

Die Ouer Soeker (Die Klewer se Nefie): hy soek ‘n ma, nie ‘n maat nie, in ‘n verhouding. Hierdie man funksioneer nie baie goed in alledaagse omstandighede nie, of onderpresteer, om sodoende volwasse verantwoordelikhede te vermy. Hy word net nog ‘n kind waarvoor die vrou moet sorg. Hy teiken ook veral vroue wat daarvan hou om in ‘n versorgings rol te staan.

Die Emosioneel Onbeskikbare: Hy is getroud, weg van sy vrou, of in ‘n verhouding met iemand anders, maar vertel gewoonlik vir jou dat hy ‘oppad uit’ is uit sy verhouding, maar ironies genoeg kom hy nooit regtig so ver om heeltemal daaruit pad te gee nie. Hy teiken hiper verdraagsame vrouens wat sal wag en wag totdat hy uiteindelik ‘eendag’ beskikbaar sal wees.

Die Geestelike Sieke: Hy kom gewoonlik in die begin heeltemal normaal voor, selfs hoogs talentvol, maar dan begin hy om met sy irrasionele optrede die vrou se lewe moeilik en vreesaanjaend te maak. Om uit so ‘n verhouding te ontsnap is gewoonlik gevaarlik en tydrowend.

Die Verslaafde: Die verslaafde gaan baie keer hand aan hand met een van die ander kategorieë. Soos die Geestelike Sieke en die Geweldadige. Verslawings kan dwelms, alkohol, en selfs ander verhoudings, insluit. Hy teiken soms vrouens wat self ook een of ander verslawing het, maar ook vrouens wat geen kennis van verslawings het nie en dus nie syne sal herken nie.

Die Geweldadige: Dr. Jekyll kom baie perfek voor in die begin – hy gee baie aandag aan jou. En dan verskyn Mnr. Hyde. – hy blameer jou, slaan jou, verneder jou, maak jou seer – enige iets, solank hy te alle tye in beheer is in die verhouding. Na elke martelsessie, sweer hy dat hy dit nooit weer sal doen nie, en jy glo hom. Tot volgende keer. Hy teiken vroue wat hoogs toegewyd en getrou is in ‘n verhouding.

Die Weggesteekte Lewe: Hierdie man het ander vrouens, kinders, siektes, kriminele rekords, gevaarlike werk/stokperdjies of lewens wat hy wegsteek. Hy hou van vrouens wat hom sal beskerm, selfs nadat hulle uitgevind het van al die geheime wat hy wegsteek, juis omdat hulle in ‘n verhouding met hom is.

Die Emosionele Uitbuiter: Hy het ‘n sesde sintuig vir ‘n vrou se behoeftes, haar swak plekke en haar seer plekke. Hy is ‘n verkleurmannetjie wat homself instel op haar lyftaal, wat sy sê en wat sy doen en hy pas homself aan om in haar behoeftes te voorsien. Soms is dit om toegang tot die vrou se kinders te kry, soms is dit om net afpakplek te kry, sodat hy nie hoef te werk nie. Vrouens uit vorige verhoudings waar daar nie aan hulle emosionele behoeftes voldoen is nie, pas geskeide vrouens, vrouens wat toegegooi voel onder ouerlike verantwoordelikehede, eensame vrouens, is gewoonlik sy prooi.

Nauurlik is daar net so veel en meer goeie en ordentlike mans daar buite. En natuurlike is daar ook vrouens daar buite wat soort van in dieselfde kategorieë as hier bo kan val en mans ook misbruik.

Wat ook al die geval, pasop vir die opwinding van ‘n gevaarlike verhouding. Jy gaan dalk baie langer huil as wat die verhouding geduur het en die uiteinde kan baie maklik fataal wees. Onthou, ‘liefde’ is soms baie blind!

My naweek – sonder woorde!

Van hier   1.jpg  

na hier        2.jpg

na hier        3.jpg

na hier       4.jpg

na hier       5.jpg

na hier       6.jpg

na hier       7.jpg

tot hier!       8.jpg

Daar is vanaand rus, vrede en stilte in my siel!

Saterdag Song

Mary Frye’s bereavement poem

rivier.jpg

Do not stand at my grave and weep,
I am not there, I do not sleep.
I am in a thousand winds that blow,
I am the softly falling snow.
I am the gentle showers of rain,
I am the fields of ripening grain.

I am in the morning hush,
I am in the graceful rush
Of beautiful birds in circling flight,
I am the starshine of the night.
I am in the flowers that bloom,
I am in a quiet room.
I am in the birds that sing,
I am in each lovely thing.
Do not stand at my grave and cry,
I am not there. I did not die.

Normaal?

Ek worstel nou al lank met die idee van normaliteit. Wat is normaal? Waaraan word normaal gemeet? Wie het die streep opgestel waar normaal eindig en abnormaal begin?

Ek het bietjie gaan soek vir verduidelikings van normaliteit en onder ander op hierdie afgekom in Wikipedia toe ek normaliteit intik:

Simone de Beauvoir (9 Januarie 190814 April 1986) was ‘n Franse skrywer, filosoof en feminis. Die omvang van haar werk is divers; sy was ‘n romanskrywer, politieke teoretikus, essayis, asook ‘n biograaf en outobiograaf. Sy is veral bekend vir haar werk, Le Deuxième Sexe (Die tweede geslag, 1949), waarin sy ‘n gedetailleerde analise van die onderdrukking van die vrou gedoen het. Die eksistensiële dilemma is die sentrale tema van vele van haar werke, maar haar perspektief strek van die outobiografiese tot die historiese.

Simone de Beauvoir beredeneer ‘n feministiese eksistensialisme in haar werk Le Deuxième Sexe (Die tweede geslag), gepubliseer in 1949. As ‘n eksistensialis aanvaar de Beauvoir die doktrine “bestaan gaan essensie vooraf” en huldig die standpunt dat ‘n mens nie as ‘n vrou gebore word nie, maar een gemaak word. Die samelewing beskou die man as die absolute en die noodsaaklikste onderwerp van die samelewing. Haar analise fokus op die konsep van die vrou as “Die Ander”. Die vrou word altyd as afhanklik van die man gedefinieer. Dit is die (sosiale) opvatting van Vrou as die beliggaamde Ander wat de Beauvoir as fundamenteel tot die vrou se onderdrukking identifiseer.

De Beauvoir argumenteer dat vroue histories beskou word as afwykend en abnormaal.

(Hoe lag die manne nou?!)

Sy verklaar dat selfs Mary Wollstonecraft mans beskou as die ideaal waarna vrouens moet streef. De Beauvoir sê dat hierdie houding vroue se sukses beperk het omdat die persepsie dat vroue afwyk van die normale, vroue buitestaanders gemaak het wat bloot poog om “normaliteit” na te maak. Volgens haar sal hierdie veronderstelling deur feminisme opsy gesit moet word om vordering te maak. Simone de Beauvoir glo dat vrouens net soos mans in staat is om keuses uit te oefen, hulself te verbeter en daardeur manlike bewustheid te verminder tot innerlikheid.

“Well, I’ll be damned!”

Die volgende het opgekom onder die soektog na normale mense en is ook nogal heel interessant:

Laterale denke is ‘n manier van dink wat deur Edward De Bono verwoord is. Die tegniek is gebore uit sy teorie rondom die werking van die mens se brein en selforganiserende stelsels. Volgens hierdie teorie werk ‘n mens se brein baie soos ‘n landskap met ‘n rivier wat daaroor vloei. Patrone raak gevestig (net soos ‘n rivier se loop) en hoewel dit ‘n mens se brein in staat stel om blitsvinnig te reageer op patrone wat reeds gevestig is (oorweeg as voorbeeld al die besluite wat ‘n tennisspeler binne ‘n fraksie van ‘n sekonde moet neem), is dit geneig om ‘n mens te kortwiek in die ontwikkeling van nuwe idees. Sy tegnieke is daarop gemik om hierdie spreekwoordelike rivier te forseer om sy normale loop te verlaat en oor nuwe terreine te laat beweeg. Om dit te bewerkstellig gebruik hy tegnieke wat daarop gemik is om provokasie tot die normale gedagtevloei in te voer. Sy tegnieke fokus sterk op die menslike persepsie (wat basies maar die gevestigde denkpatroon is wat deur die jare aangeleer is).

‘n Voorbeeld van sy tegnieke om ‘n mens te forseer om probleme indirek en vanuit verskeie hoeke te beskou, is:

Dit neem twee ure vir twee mans om ‘n gat vyf voet diep te grou. Hoe diep sou dit wees as tien mans die gat vir twee ure lank gegrou het?

Simplisties gesproke is die antwoord oënskynlik 25 voet diep. Dié antwoord is gebaseer op ‘n paar (moontlik) verkeerde aannames:

  • Die gat moet so diep as moontlik wees, eerder as langer of wyer soos in die geval van ‘n sloot.
  • Tien mans het net soveel ruimte om rond te beweeg om te grawe (sonder om in mekaar se pad te kom) as wat twee mans het.
  • Elkeen van die tien man sal net so hard werk as wat die twee mans gewerk het, terwyl ‘n mens tipies vind dat hoe meer mense daar is, hoe meer van hulle sal aanneem dat hulle stadiger kan werk, en daar is natuurlik meer mense om mee te gesels ook!

Die korrekte antwoord—wat dit ook al mag wees—druis in teen die standaard wiskundige opleiding. Die wiskundige antwoord is dus nie noodwendig verkeerd nie, maar die punt is dat die standaard wiskundige opleidingstegnieke ‘n mens nie altyd leer hoe om wiskunde in die werklike wêreld goed toe te pas nie. Laterale denke laat ‘n mens toe om die beste antwoord te ontdek deur meer faktore in ag te neem: die persepsies wat in woorde opgesluit lê, word ontleed en ‘n mens word dus doelbewus toegelaat om vanaf die gevestigde denkpatrone te ontsnap.

Daar bestaan die wanopvatting dat laterale denke slegs te doen het met die vrymaak van ‘n mens se inhibisies en om ‘n mens se kindergees toe te laat om met dikwels absurde idees vorendag te kom. Die tegnieke het egter ‘n rasionele grondslag en die absurde idees is maar net een van die metodes waarop provokasie geskep word. ‘n Mens kan byvoorbeeld met die idee vorendag kom om die stuurkajuit onder aan die vliegtuig te monteer in plaas van voor in die vliegtuig. Die idee op sigself het dalk weinig waarde, maar die sielkundige tegniek behels dat ‘n mens ‘n mens in ‘n mens se verbeelding inlewe in so ‘n tipe vliegtuig en die voordele daarvan raaksien (soos dat die vlieënier ‘n uitstekende uitsig op die landingstrook gaan hê as hy of sy land). So kan daar dus ontsnap word vanaf die geykte denkpatrone en nuwe idees rondom stuurkajuitontwerp gewerk word wat die loods ‘n beter uitsig sal gee op die aanloopbaan (soos met Concorde se geboë neus).

Hier is ‘n paar probleme om te illustreer hoe ‘n goeie antwoord tot ‘n probleem ‘n mens kan ontwyk as gevolg van ‘n mens se persepsie van die probleem.

  • Hoe lank vat dit om ‘n halwe gat te grou?
    • ‘n Mens kan nie ‘n halwe gat grou nie.
  • As een eier drie minute neem om gaar te kook, hoe lank vat twee eiers om gaar te word?
    • Ongeveer drie minute (die energie benodig om die eiers gaar te maak is klein in vergelyking met die energie wat benodig word om die omliggende water te laat kook)
    • Of: ongeveer 10 minute as jy op ‘n berg sit (daar is die kookpunt van water laer)
  • As ‘n knoop in ‘n 5-voetlange tou 5-minute neem om los te kry, hoe lank gaan dit neem om ‘n knoop in ‘n 10-voetlange tou los te maak?
    • Ook 5 minute (die lengte van die tou het gewoonlik niks met die ingewikkeldheid van die knoop te make nie).

Nou weet ek nog steeds nie veel meer nie, behalwe dat vrouens nie normaal is nie! En dis seker nie juis nuus nie.

Vreeslike Vrydag!

Hierdie Vrydag akkordeer nie met my nie. Ek kan net hoop die naweek gaan dit beter maak.

Eerstens het ek gisteraand by my kataboks aangekom en hier het ons skielik ‘n ander instrukteur. Die vorige een, ‘n dame, het ons nie eintlik vreeslik gedril nie. Die nuwe een, so ‘n kompakte, spierbol, kort swart man, het gisteraand sewe soorte heilige wit waks uit ons gedril. Die man het seker by homself gedink: “Laat ek vanaand hierdie bevoorregte klomp wit vroumense wys waar David die wortels begrawe het!”

Ek het laas so gevoel op die army se paradegrond! Ek sou nog na die kataboks saam met Megan gaan oefen het, maar ek moes net keer of ek kruip kar toe. In my lewe in! Ek het vanoggend seer op plekke waar ek nie geweet het ek het plekke nie. Ek het selfs seer as ek my kar se clutch trap! En om die cherry op die koek te plaas, het hy die klas afgesluit met gebed. Ek kon nie lekker hoor wat hy bid nie, maar hy het seker gevra om vergewe te word vir hoe ons vandag gaan voel!

Ek het dit darem vanoggend uit die bed gemaak tot by die werk, al voel ek asof ‘n volstruis my geskop het. Hier gekom, onthou ek dat ek belowe het om vir my suster iets te gaan optel in Tygervallei. Teen 11 uur skraap ek toe my moed bymekaar om myself op te lig van my stoel en Tygervallei toe te mission.

Nou, my kar staan in ‘n parkering onder in ons “basement”. Dis kastig veilig, maar die bleddie hek is meer stukkend as wat hy heel is. Vanoggend was hy nog heel toe ek inkom, maar 11 uur, toe ek wil uitry, toe maak hy net kwartpad oop.

Ek trek my seer lyf uit die kar en probeer die ding verder oopstoot, maar verniet. Hy SIT. Ek het ook nie lus om weer trappe op te klim en vir ontvangs te gaan sê hulle moet sekuriteit bel nie, so ek bel sommer op my selfoon op ontvangs toe en ek sê vir ons ontvangsdame sy beter vir sekuriteit sê hulle moet hulle gat roer, ek wil UIT!

En ek wag; en ek wag. En ek begin voel ek gaan nou iemand ernstig aanrand. Ek klim weer uit en probeer die hek stoot, al weet ek dis futiel. En toe SKOP ek die hek. En ..f0k.. dit was seer! Na 10 bliksemse minute kom die sekuriteit daar aangewals en kyk my net so aan, terwyl hulle die hek se briek of iets losmaak en hom oopstoot. En ek, wat so heilig is op my kar, spin uit daardie flippin basement uit – letterlik!

Anyway, so kom ek darem by Tygervallei uit en gode sy dank, kry ek gou parkering ook. Nou het my bui darem al so een strepie gesak. Dis toe ek nou in die winkelkompleks se gange loop, haastig oppad om te gaan kry wat ek moet kry, wat ek amper weer myself verloor.

Verduidelik asseblief vir my een ding. Hoekom kom Ma, Pa, Ouma, Dogter en 7 kinders saam winkels toe en dan loop hulle LANGS mekaar oor die breedte van die gang, teen slakkespoed, terwyl die een verby die ander een loer en met die een sesde in die ry van haar af ‘n gesprek voer, en nog stadiger loop, en FOK die mense wat agter hulle loop en dalk net baie graag sou wou verbykom om verder te loop, teen normale menslike spoed?!

En hoekom, presies vandag, wat ek net vinnig vir my ‘n wegneem cappuchino wil koop, moet ek agter ‘n vroumens beland wat nou eers besig is om vir die girl agter die toonbank haar lewensverhaal te vertel, terwyl sy reeds al haar goed betaal het? En sy staan en sy staan en sy praat en sy praat terwyl ek wag vir ‘n stupid flippin eenvoudige bleddie koppie koffie, wat my eintlik net vyf minute moes gevat het.

Ek sweer, eendag gaan ek nog ‘n woeste wrede wobbly slaan so binne in ‘n winkelkompleks en dan sal hulle seker die manne met die wit jasse stuur om my te kom wegvat! Nee, dis nie my dag vandag nie. Miskien moet ek huis toe gaan en in my bed klim en my kop toe trek tot more toe. Dit lyk hoeka na reën buite!

Leen jou ore uit vir ‘n kind en jy’s in jou peetjie!

Dis wat ek gedoen het – my ore uitgeleen vir my meisiekind. Die ding het so begin.

Ons twee behoort aan dieselfde gym. Nou karring sy al ‘n ruk aan my; “Maaaaa, jy kan nie net kataboks en joga doen nie – dis sooo boring. Kom doen nou een aand saam met my die masjiene.  Nou kyk, ek het ‘n regte fiets met wiele wat draai en wat jou actually iewers bring en in die somer ry ek hom gereeld en ek swem baie, maar in die winter is ek mos nou die beer met die seer kop en ek doen net so die nodigste oefening om darem nie heeltemal uit die bus te val nie.

Die kataboks en die joga het nou lekker vir my gewerk. Die een leer jou selfverdediging en die ander hou jou soepel en nie een moor jou te erg nie. Maar, glo my, daar is ‘n wêreld se verskil in dit en DIT wat ek vanaand deurgegaan het!

Ek’s ook nie ‘n tekkie mens nie. Vir die kataboks dra ek sulke slip-ons en joga doen ek kaalvoet – my beste skoene! So het ek toe nou darem gister vir my ‘n paar ordentlike tekkies gaan aanskaf, alhoewel ek die goed haat. Die soektog daarna is ‘n storie vir ‘n ander dag.

Verder is ek ook nie ‘n oggend mens nie en so verslaap ek vanoggend, so ek gryp 3 stukke beskuit vir my dag se ete. Direk na werk is dit gym toe, ewe dapper. Heel eerste sit sy my op so ‘n trapmasjien, druk ‘n klomp inligting daarin en daar gaan ek. Goeie hemel, ek kon net so wel Tafelberg gaan uitklim het, dan het ek darem minstens ‘n “view” gehad! Al wat ek voor my sien is rooi strepies en dis net opdraande. Langs my is sy lustig besig om te klim.

Ek vra haar: “Op wat het jy my masjien gestel?”

Sy: “Dieselfde as myne.”

Ek: “Is jy mal!. Jy’s 20 jaar jonger as ek. Wil jy hê ek moet ‘n hartaanval kry?!

Sy wil haar vrek lag, terwyl sy nie eers moeilik asemhaal met die klimmery nie.

Ek dink; jou merrie, ek sal jou wys, so maklik kry jy my nie onder nie. En ek klim! Met mening.

Tien minute later klim ek darem lewendig daar af, al is daar so ‘n snaakse bewerigheid in my knieë.

Ek: “Waarheen nou?”

Sy: “Nou gaan ons bietjie loop.” en sy wys na die loop/drafmasjiene.

Dit klink vir my toe okay en die keer sorg ek dat ek self in beheer is van my knoppies. Ek stap ‘n heerlike 10 minute gelykpad, teen ‘n redelike spoed en ek voel nogal dit raak nou lekker. Van daar af sleep sy my na die nuwerwetse soort fietse toe en hierdie keer laat ek haar weer die knoppies stel, maar ek maak seker sy laat my nie weer ‘n berg uitry nie. Halfpad toe kry ek hierdie euforiese gevoel en ek begin al vinniger trap en ek dink, sjoe, dis nogal vrek lekker.

Natuurlik sien Madam toe ek geniet dit nou te veel en na 15 minute kom sleep sy my daar af en sê nou moet ons gaan sit-ups doen en bietjie gewigte lig. Ek dog naderhand ek is klaar dood, maar sy dryf my en ek is te hardkoppig om in te gee. Die hele res van die sage sal ek julle spaar.

Toe ons uiteindelik daar uitloop, oppad kar toe, weet ek nie lekker of ek naar of lam of bewerig of wat is nie. Sy kyk my so en “grin” so: “Ma, hoekom lyk jy so bleek.”

“Megan, loop speel op die bleddie highway!” En sy skater soos sy lag!

Mense het altyd gesê my ma lyk baie jonger as haar jare. Dan het sy geantwoord dis ons kinders wat haar so jonk hou. Wel, nou verstaan ek. As hulle jou nie doodmaak nie, dan sal hulle jou seker jonk hou.

As ek dalk nie gou weer hier skryf nie, dan moet julle maar gaan verneem by die naaste hospitaal. Ek voel juis reeds as ek hier opstaan, ek gaan dalk binnekort nie te vinnig kan beweeg nie!