Untraceable

Ek het vandag die fliek “Untraceable” gaan kyk. Die film speel in Portland, Oregon, af en gaan oor ‘n reeksmoordenaar wat toestelle opstel wat sy slagoffers doodmaak, gebaseer op die hoeveelheid “hits” wat sy webwerf, (“www.killwithme.com”) kry.

In die FBI is daar ‘n afdeling wat toegewyd is slegs aan die ondersoek en vervolging van internet kriminele. Hulle het gewoonlik meer te doen met internet identiteitsdiefstal en pornografie. Deur ‘n anonieme wenk kom Spesiale Agent Jennifer Marsh egter op die reeksmoordenaar se webwerf af.  

Die moordenaar begin met ‘n lewendige katjie, maar gradeer baie gou op na menslike slagoffers. ‘n “Live streaming video” word van die slagoffer gewys. Hoe meer mense aanlyn gaan op hierdie webwerf, hoe vinniger sterf die slagoffer.

Die FBI hou ‘n perskonferensie en doen ‘n beroep op die publiek om NIE die webwerf te besoek nie, maar tevergeefs. Die webwerf word net nog meer gewild en elke nuwe slagoffer sterf vinniger en wreder as die vorige een, voor die oë van die mense wat die webwerf besoek.

Word die slagoffers lukraak gekies of is daar ‘n verband tussen hulle?

Ek gaan nie verder die kat uit die sak laat nie. Die fliek het redelik baie negatiewe kritiek gekry. Verskeie kritici veroordeel die fliek as skynheilig omdat dit juis munt slaan uit die “torture porn” wat dit eintlik probeer veroordeel. Dit word ook gekritiseer oor die effens vergesogte klimaks.

Die fliek het ‘n effense wrang smaak in my mond gelaat. Ek glo werklik dat die publiek so ‘n onversadigbare behoefte het om ander mense se leed en lyding te sien, dat so iets dalk baie maklik in die werklike lewe kan gebeur. Dink net aan die toeskouers by motorongelukke. Dink aan die fotos wat onlangs via e-pos versprei is van die twee vrouens wat op die N1 dood is nadat die vraghouer op hul motor geval het. Mense se nuuskierigheid kan soms hul inherente ordentlikheid oorskadu.  

Dis nie die beste fliek wat ek al gesien het nie, maar as jy bietjie wil gril, gaan kyk dit. Moet net nie iets “spectaculars” verwag nie.

O ja, en die regte webwerf is nie by (“www.killwithme.com”), maar wel HIER:

http://www.killwithus.com/

Gaan loer gerus daar!

😆 Toemaar, dis nie regtig nie, maar dit is nogal die moeite werd om te gaan loer… en kyk enduit, hoor!

Advertisements

10 Responses

  1. EK het die film oor die naweek gesien en dis scary om te dink dat mense actually regtig so webwerf sal besoek ten koste van iemand anders se lewe. Dit was nou nie die beste fliek wat ek al gesien het nie (persoonlik het ek meer van SAW 1-3 gehou), maar as jy nie ‘n sterk maag het nie, sal dit seker iets vir jou doen. Hulle maak oook nie meer deesdae goeie suspence movies nie – die goed is als so voorspelbaar!

  2. Hey, ek worry oor jou psige as jy sulke flieks kyk. Neem eerder Bee movie uit, en laat B pasta maak, dan kry jou siel bietjie rus…

  3. jy moet saw 4 sien,excellent!

  4. Nee dan sal ek nou maar liewer Lion King gaan kyk, en hierdie een ‘n mis gee 😆

  5. Horror movies is nou glad nie vir my nie. Ek vind dit erg irriterend. Die karakters doen altyd dinge wat ‘n normale mens nie sal doen as jy bang is.
    Gee maar liewer vir my ‘n Franse movie met sub titles.

  6. Haai Sonkind, dankie vir daai ‘review’. Ek sal dit beslis nie gaan kyk nie. Ek gaan movies toe om iets te sien wat my laat dink of om my te laat goed voel oor myself, die wêreld en die mensdom. En as daar skop skiet en donner is dan moet die baddies altyd op die ou ent die slegste daarvan afkom en die prinsessie moet gered word. Vir die res mors ek nie my geld nie. Lees liewer ‘n geleende kopie van Die Beeld of Die Huisgenoot as jy wil sien hoe vrot die wêreld rêrig kan wees.

  7. Het nogal gewonder of ek hierdie een moet gaan kyk, maar na jou inskrywing hier weet ek sommer dis nie vir my nie. Thanx!

  8. Gelukkig skrik ek nie vir koue pampoen nie anders het ek dalk ‘n paar Koreane ‘n hartaanval gegee. Ek het na die website gaan kyk 😉

    Ek het intussen ‘n stunning fliek gekyk en dis glad nie ‘n “bloody mess” nie. Die film se naam is “impulse” en ek dink nie dis al in SA nie, maar beslis die moeitewerd as jy van films soos “Identity” hou.

  9. Kan nie wag vir SawIV, kyk dit vanaand. Nee Rustig, as ek movie kyk, wil ek kyk. As ek lees vat ek ‘n boek! hahaha

  10. wow! ek het na die website gaan kyk en amper in my graanvlokkies verstik!
    ja, ek eet graanvlokkies in die middag.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: