Anderste

Ek wonder oor almal van ons wat anderste is

Ons wat nie aldag by die norm inpas nie.

(Wat ook al die norm mag wees.)

Hoe maak die Here anderste mense?

Het Hy iewers die draadwerk stukkie-stukkie

by klompe siele geleen,

Of het hy ons so stukkie-stukkie gemaak

tussen-in gerus en te veel

anderste stukkies bymekaargelas

omdat Hy somtyds vergeet het

waar hy laaste besig was

om aan ons te bou?

Soms wonder ek maar net.

Advertisements