Geskryf deur Onbekend

Optelwoorde

tussen dwaaldistels en doringspore
in die soekloop op die verwegpad
soos genadelig lê daar optelwoorde
wat ‘n wegloopsiel weer huistoe kan vat
optelwoorde
vir ‘n valkind
optelwoorde
wat verloormense vind
in die skaduweelaagtes
diep gaan haal
en huistoe bring
na die optelkraal

Opstaan

mag jy mooi wees as die lelik verby is
en sag kyk na elke harde tyd
mag jy bly wees as die huil verby is
en vrede hê na die stryd

verkeerde goed kom môre weer reg
en die wyn is soet na die bitter en sleg

mag jy opstaan as jy seer geval het
en jou vrae verdwyn as die antwoord kom
mag jy huistoe kom as jy klaar verdwaal het
en die winter los vir die son

en mag jy droom, mag jy ook vergeet
en op plekke woon wat van horisonne weet

jy kan opstaan as jy seer geval het
en jou vrae verdwyn as die antwoord kom
jy kan huistoe kom as jy klaar verdwaal het
en die winter los vir die son

Advertisements

14 Responses

  1. Dis vreeslike mooi woorde. Vanaand “praat” al die verwysings na huistoe gaan baie met my!

  2. Mooi woordjies.

  3. Baie mooi woorde…een van die dae gaan ek huistoe!

  4. Baie mooi!

  5. Die valkind se wegloopsiel in die verloormens kry soek-soek sy pad huis toe waar die optelkraal in laaste genadelig vir hom wag met net die son sy padwyser sodat hy nie verder verdwaal.

  6. Very very nice!

  7. “Opstaan” praat vandag met my!!

    Baie mooi, dankie Sonnie!

  8. Ja Sonstreep. Ek sien jy is darem nog hier.

    Dis vokin mooi woorde wat jy hier neergesit het. Ek hoop mense lees hier.

    Ek sien hier is maar vokin baie pyn op die blogs. Die lewe is maar ‘n bliksem.

    Soos ek! 😀

  9. Pragtig….. huistoe……!

  10. Dankie vir die mooi woorde.

  11. Sonkind, dankie…

    Ek kon geen woorde vind wat eers naastenby kan beskryf wat ek in die woorde ervaar nie.

  12. Dis Koos van der Merwe se poem die.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: