Baba Jaga

Doringrosie tag my om te skryf oor vlieg. Sy het nie voorwaardes gestel oor watse vlieg nie, so ek fantaseer bietjie en vertel julle van Baba Jaga, iemand uit Russiese volksverhale.

Baba Jaga is ‘n heks, ‘n towenares, ‘n wilde ou vrou uit die Slawiese mitologie. Sy is ook soms ‘n woudgees wat ander geeste lei.

Baba Jaga vlieg deur die lug op ‘n stamper, van ‘n vysel. Sy gebruik die stamper as ‘n roer en vee haar spore dood met ‘n besem gemaak van silwerberkehout. Sy bly in ‘n houthut wat kan rondbeweeg op dansende hoenderpote. Haar hut het geen vensters en deure nie. Baba Jaga self gebruik dikwels die skoorsteen om in en uit haar huis te vlieg.

Baba Jaga se houthut is omring deur ‘n heining met ‘n kopbeen op elke paal. Daar is gewoonlik een paal sonder ‘n kopbeen sodat daar plek is vir die kopbeen van die verhaal se held. Die voordeur se sleutelgat is ‘n mond vol skerp tande. In party volksverhale is die deur aan die ander kant van die hut en kan die held dit nie sien nie. Hy moet dan eers ‘n towerspreuk sê: “Hut, o hut, draai jou rug na die woud, jou voorkant na my.” So dwing hy die hut om om te draai en kan hy dan die deur sien.

In party volksverhale word Baba Jaga se huis verbind met drie ruiters: een in wit geklee op ‘n wit perd met ‘n wit tuig, (hy word Dag genoem); ‘n rooi ruiter (Son) en ‘n swart ruiter (Nag).

In haar huis werk onsigbare bediendes. As iemand haar na die ruiters vra, sal sy verduidelik, maar as iemand na die bediendes vra, kan sy hulle dalk doodmaak. Baba Jaga is soms ‘n goeie mens en soms ‘n slegte mens. In sekere stories help sy mense, in ander vang sy kinders en dreig om hulle op te eet. Dit is gewoonlik gevaarlik om haar hulp te vra. Sy glo mens moet behoorlik voorbereid wees, goeie maniere en ‘n reinheid van gees hê, anders raak sy baie kwaad.

In die volksverhaal Wasilissa die Mooie, kry ‘n meisie drie onmoontlike take wat sy moet uitvoer met die hulp van ‘n towerpop wat haar ma vir haar gegee het. Wasilissa word na Baba Jaga gestuur en word deur haar gevang, maar die heks se bediendes – ‘n kat, ‘n hond, ‘n hek en ‘n boom – help vir Wasilissa ontsnap omdat sy vriendelik was met hulle. Op die ou end word Baba Jaga in ‘n kraai verander, maar sy ontsnap weer en vlieg weg.

Baba Jaga verskil bietjie in Poolse volksverhale van die Russiese Baba Jaga. Haar huis het byvoorbeeld net een hoenderpoot. Slegte hekse wat in gemmerbroodhuise woon, word ook Baba Jaga genoem. Sy vlieg weer op ‘n mop rond met swart en rooi gestreepte klere.

In party verhale, soos Die Veer van Finist die Valk, ontmoet die held sommer drie Baba Jaga’s. Sulke getalle is gewoonlik ‘n goeie teken, omdat dit aan die prins raad of towergeskenke gee.

Baba Jaga se houthut sonder vensters en deure is moontlik die interpretasie van ‘n doodgewone boustyl wat gewild is onder nomadiese jagtervolke van Siberië. Dit word so gebou om voorrade te beskerm teen diere wanneer hulle vir lang tye van die huis af weg is. ‘n Houthut sonder vensters en deure word gebou op stutte gemaak van stompe van nabygeleë bome. Die stompe, met hul wortels, gee die indruk van “hoenderpote”.

Baba Jaga is ‘n gewilde karakter van Russiese rolprente en tekenprente. Georgi Milliar, ‘n manlike akteur, het Baba Jaga gespeel in verskeie rolprente van die 1930’s tot die 1960’s, onder meer in Wasilissa die Mooie, Ryp, Die nuwe Avonture van die Gestewelde Kat en ander. Hy het ook al Kosjtsjei, die Onsterflike gespeel.

Volgende keer as dit volmaan is, kyk mooi. Dalk sien jy Baba Jaga verby vlieg.

Bron: – Wikipedia

Advertisements

14 Responses

  1. Jy het my nou iets geleer, ek gaan nou met ander oë na die heks-stories kyk wat ek vir my klein-reusies vertel.

    Dankie dit was baie interessant gewees. Jy is vol verrassings hehe

  2. Vol verrassings is ‘n understatement.

    Ek is mal verby oor Engel van Tobi Jooste

  3. Dankie Mefri! Dankie vir jou mooi woorde wat jy altyd hier kom los – ek waardeer.

    Dankie ook vir almal van julle wat altyd hier inloer, al is hier ook woorddroogte 😉

  4. Wow! Dit was nou cool en interessant! Leer ek weer iets nuut! Thanx Sonkind! 😉

  5. Cool! Me like! :mrgreen:

  6. Dit is nou interessant. Juis wat ek gehoop het om met my tag te bereik.

    Ek het 5 mense getag en al 5 het met iets interessant vorendag gekom. Snaaks hoe ‘n mens met een gedagte soveel verskillende idees vorendag kan kom. Ek dink dat ek (self) vir ‘n maand lank net oor vlieg kan blog, sonder om iets te herhaal. Sal julle daardie drama spaar.

  7. (((Sonkind)))

  8. Oulik!

  9. Nice, baie nice.

  10. Is dit woorddroogte??? Ek doen nie so goed in woorddroogte nie. 😯

    Ek het lekker gelees Sonnie!

    Lekker week vir jou 🙂

  11. Wipneus, jy laat my skater van die lag met jou groot wydgerekte ogies.

  12. Interessant. Dit wil wil ‘n klokkie lui. Sal bietjie rustig gaan dink oor Baba Jaga.

  13. As jy aan woorddroogte ly is dit ‘n siekte wat ek ook vreeslik graag wil hê! Dit is ‘n baie interessante inskrywing. En ‘n lekker lees en iets nuuts! Knap gedaan, (((Sonkind)))

  14. […] Trek nou almal julle koffie nader, en vat ‘n paar minute om hierdie lekker gepende stories te lees. Aspoesterjie, Vlieë, Volksie, Skoolsusters en Baba-Jaga. […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: