Donker Liefde – Heroien

Ek sien verlede naweek die boek in ‘n vriendin se huis; Donker Liefde, my verhouding met heroïen – Anoux Venter.

Dis duidelik dat die boek al deur en deur gelees is. Ek tel op en blaai daardeur en my kop loop ver draaie. Sy kom die vertrek binne en sê: “Jy kan dit kry, vat dit saam en lees dit. Gee dit daarna vir wie jy ookal dink nodig het om dit te moet lees. Ek het dit by L gekry.”

Ek weet L se dogter is dood van ‘n oordosis. Ek wonder wat die boek vir haar vertel het.

Sondagoggend trek ek die boek nader en begin langtand lees. Ek sit die boek nie weer neer nie, behalwe net om aan te trek. Ek lees selfs terwyl ek eet. Ek lees aaneen, ek lees tot die boek klaar is, al 200 bladsye. Ek dink aan soveel mense vir wie ek graag die boek sou wou gee om te lees.

Anoux Venter skryf oor haar jarelange verslawing aan dwelms en uiteindelik aan heroïen, dodelikste dwelm van almal.

Sy skryf:

“Ek kan aangaan en aangaan oor daardie eerste keer, die emosies en gevoelens was enorm groot. Maar ek moes dit net nooit gedoen het nie, dis die punt. Sommige mense, soos ek, is gemaak om daarvan te hou. Ons persoonlikhede, swakhede, vrese en liggaamselle is eenvoudig gemaak om heroïen te aanbid. En jy sal nooit weet watter mens jy is totdat jy dit probeer het nie, en dan is dit reeds te laat.”

“Waar heroïen die vorige dag nog vir my ‘n aaklige, vieslike ding was, het dit skielik my persoonlikheid versterk, my goed laat voel oor myself. Ek het myself vinnig oortuig dis glad nie so erg as wat die TV en grootmense dit laat klink het nie.

 Daardie aand het ek die trickster ontmoet – dis daardie stemmetjie wat jou altyd vertel dat jy okay is, nie verslaaf is nie, dat jy nie werklik steel of lieg of die waarheid vermy nie. Dit laat jou altyd beter voel.”

“Die ontrekkingsimptome het gereelder geword omdat ons geld begin opraak het. Die demoon wat op my siel geteer het, was heeltyd honger, heeltyd op soek.

 Ons het Raine se ouers leeggetap. Mooi gevra vir geld, gesmeek, gesteel. Alles gevat wat hulle gehad het. Ek kon soms nie glo wat ek alles gedoen het nie, maar ek het probeer om so min as moontlik daaraan te dink, anders sou ek mal word. Ek het eenvoudig gedoen wat ek moes terwyl ek gesukkel het om dit vir almal weg te steek. As jy siek en seer is en jy het nie ‘n sent op jou naam nie, gee jy nie ‘n hel om van wie jy steel of hoe jy dit doen nie.”

Wanneer Anoux uiteindelik besluit om haar verslawing te verbreek, draai sy naby die dood om voor sy haar lewe weer kan begin opbou.

Elke mens met kinders behoort hierdie boek te lees, en ook dié sonder kinders. Vir die van ons wat al die paadjie gestap het met ‘n kind, sny hierdie boek skoon tot op die been.

Advertisements

19 Responses

  1. En hier sien ek my kind se lewe weer voor my afspeel. Dit is hel. Vir hom en die ouers!

    Sonkind, het jy al ooit The Million Dollar Teaspoon gelees? Dit gaan ook oor ‘n herion verslaafde en kon ook nie die boek neersit nie. Ek gaan bietjie kyk of ek hierdie boek in die hande kan kry!

  2. Ek gaan ook hierdie boek soek…

  3. Dis per ongeluk dat ek op die sonkind afgekom het..of dalk nie, ek is bekommerd van tyd tot tyd gebruik my dogter dagga…is dit rerig die veiligste drug? soos wat sy my probeer oortuig? selfs veiliger as Vodka?

  4. Zee – ek het SO aan jou gedink terwyl ek die boek gelees het. Jy sal nie ‘n oomblik spyt wees as jy dit lees nie.

    Minke – Ek hoop jy lees weer hier en jy neem ernstig op wat ek hier skryf. Daar bestaan nie so iets soos veilige drugs nie. Die veiligste is GEEN dwelms en my persoonlike opinie is natuurlik ook geen alkohol, of dan baie matige alkohol gebruik. Daar is SO baie faktore wat hier ‘n invloed kan hê. As jou dogter ‘n “addictive personality” het, gaan NET dagga later nie meer genoeg wees nie en dan begin die eksperimentering met ander, gevaarliker dwelms en jy het geen beheer oor waar dit kan eindig nie. As jy enigsins kan, lees ASSEBLIEF hierdie boek. Jy sal sien, dwelms is NIE om mee te speel nie, NOOIT nie, nie eers vir een keer se pret nie. Groot asseblief, wys dit ook vir jou dogter.

  5. Het ook die boek op my tafel maar nog nie gelees nie. Dit is so waar dagga is nie onskadelik nie, so ook nie alkohol nie.

    Dagga is alle ander dwelms verwoes die neurone en neurontransmitters in die brein. Sommige dwelms doen dit net stadiger as ander. Uiteindelik kan jou brein nie meer self die noodsaaklike hormone afskei nie.

    Minke los ‘n kommentaar by my blog sodat ek jou epos kan kry, as jy wil. Dan sal ek vir jou maklike feite oor dagga aanstuur.

  6. Ek sal ook die boek gaan soek.

    Ek dink ek moet ‘n geheelonthouer word waar dit alkohol aangaan. Ek voel elke keer skuldig as iemand daaroor iets se. Die beste is dat ek ‘n baie swak drinker is, wat streng volgens die reels hou. Dalk my intuisie wat my oor iets waarsku?

  7. ek raak maklik verslaaf dis hoekom ek my lewe lank heavy versigtig is vir sosiale pressures; alleen is ek oukei maar tussen mense gryp ek ‘n sigaret en ‘n shootertjie hm,….my vriendin elzette se dogter was 4 jaar op heroin, toe’t elzette 24/7 langs haar bed gesit innie inrigting en sy is toe genees en is nou getroud met babatjie…skoon, sy het wel by die dood omgedraai. veral vandag moet mens mens se kinnders soos goud oppas en daar wees vir hulle sover moontlik dat hulle daai geborgenheid en sekuriteit kan aanvoel
    daar is onlangs kinners in ‘n privaatskool se badkamer ondek wat gom gesnuif het, later kom dit an die lig dat hulle vyfuur elke oggend al by die skool afgelaai word.
    Goeie inskrywing.
    Treffend!

  8. Hi Sonnie ek sal verseker ook die boek kry. Mens moet weet van die goed as jy groen koring op die land het.

  9. Ansophie, dit is wonderlik van Elzette se dogter!! Dit is so sad dat party kinders al oop so vroeë ouderdom met dwelms begin….

    Minke, dagga is ‘n dwelm, en die gebruiker sal jou enige rat voor die oog probeer draai om dit te regverdig. Ek stel voor dat jy Rosalind se raad volg sodat jy die regte feite kan he om jou dogter mee te konfronteer.

    ((Sonkind)) ek weet dankie!

  10. Baie goed! ‘n Goeie boek om te lees is ook “A million little pieces” van James Frey (Ek dink dis die skrywer se naam) Dis ook ‘n ware verhaal en baie treffend!

  11. Anoniem!!! Ja, as ek bg lees….wonder ekn of dit nie dalk my redding sal wees nie…net bietjie! Ek weet hoe julle bloggers voel oor verloorders, jammergatte, ruggraatloses…en wat ook al! Ek sal enige iets in die lewe gee om net beter te voel oor myself!! My negatiwiteit maak my MAJOR depressief en verder kraak my man my AANMEKAAR ONGELOOFLIK af. Volgens hom is ek daar NET vir seks “plain kommen raw seks….” Ek voel soos ‘n stortingsterrein – ELKE DAG! Hy se nie eers hy is lief vir my nie. As ek my selfoon nie vinnig antwoord nie, se hy dis daar vir sy gerief. Volgens hom moet respek verdien word en daar is nie iets soos liefde nie….. Ek weet nie meer nie. Is dit waaroor als gaan?

  12. Ek gaan biekie soek en ook die boek koop. Klink interesant.

  13. Ai dis bad , ek het al gehoor net eenmaal se try dan is jy gehook. En die gevolge is tragies en uitmergelend.Die stukie wat jy geplaas het uit die boek vat aan mens se hart.

  14. Dis verskriklik dat “iets” ‘n mens se lewe so kan oorneem. Baie treffende possie, Sonkind.

  15. MaarNetEk, kom kuier vir my, en los my ‘n comment dat ek jou email adres kan kry, ek wil graag met jou gesels.
    Baie treffende possie Sonkind, soos altyd!

  16. Dwelms is ‘n euwel! Dit laat net ‘n baie sad streep agter sover dit gaan!

  17. Kaalvoetkind, toevallig gister vertel een van ons reps dat hy besig is om “A million little pieces” te lees. Hy gaan dit vir my gee om te lees sodra hy klaar is!

  18. […] marijuana trackback Ek wou eers later “Joints” doen maar nadat ek weer oor dagga by Sonkind en Demoerin gelees het, het ek maar besluit dat nou seker die regte tyd is.  Ek het ook voorheen […]

  19. My sus ervaar daagliks hierdie nagmerrie omdat haar kind verslaaf is. Sy het onlangs by die dood omgedraai, maar nie eers dit kon die verslawing keer nie. Die pyn en bekommernis waardeur my sus en sommige ander gesinslede gaan is vrek erg, veral ook omdat daar 2 klein kindertjies betrokke is.

    Sy was 3 jaar lank in Serenity House, maar die oomblik toe sy daaruit gekom het, het sy dadelik haar ‘fix’ gaan soek.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: