Son vol winter

Tussen Maandag en vandag het ek ‘n ander lewe geleef in koorsdrome. Terwyl die Kaap verspoel in hemelwater en nogmaals water, het ek verspoel in ‘n griepvirus.

Hoe voel dit om te dink jy is besig om dood te gaan en om dan maar later net te wens dat jy eerder tog maar net dood WIL gaan? Ek weet nou hoe.

Siekte sit nie goed aan my nie, ek sit nie goed aan siekte nie. Ek het ook nie veel geduld met siekte nie en glo nog steeds mens kan jou gesond dink – dis ‘n kwessie van “mind over matter.” Dalk is dit hoekom Baas Lewe besluit het om my ‘n les te leer.

Van Maandag tot gisteraand het ek ‘n stuk lewe verloor. Ek het gaan draai by die horlosiemaker oom wat jare gelede al dood is en nie kon rus kry nie, by my standerd vyf maatjie wat in ‘n motor ongeluk dood is een aand oppad terug van die inryfliek af, by ander lank gelede oorledenes. Ek het net nooit besef ek het al die pad gekruis van so baie mense wat nie meer lewe nie.

Soms het hulle in ‘n ry voor my verby beweeg, besig om in my koorsdrome te lewe, met mekaar te praat, met ander lewendes te praat, maar nooit, net NOOIT met my nie. Ek bly op die rand staan, ‘n toeskouer. Maak nie saak hoe ek probeer uitreik nie, hulle sien my nie, hoor my nie. Seker omdat dit nog nie my tyd is nie.

Met tye het ek besef ek is siek. ‘n Mens kan nie hoes dat jou longe skeur sonder om iewers in jouself te weet dat jy siek is nie. Ek weet Liefie het my gedokter, ek weet ek het goeters gesluk en dan weer die genadige slaap oor my voel toemaak. En tussen-in was daar die koors en die drome en die dooies.

Gistermiddag laat het ek vir die eerste keer geweet wie en waar ek is, met totale bewussyn. Vandag het ek begin kriewelrig raak, vir iets om te eet en iets om my brein te stimuleer. Dit beteken vir seker ek word gesond.

Ek is nog in my bed, mooi skoon en netjies, met my rekenaar om my geselsskap te hou. Ek het bietjie opgestaan, maar voel soos iemand wat net onder narkose uitgekom het. Nou kuier ek maar onder die komberse by julle. Al is dit sneeukoud, skyn die son ook vandag vir die eerste keer buite. Dalk is dit hoekom ek besig is om gesond te word.  😉

Advertisements

18 Responses

  1. Bly maar eerder innie bed! Beste medisyne!

  2. Baie sterkte daardie kant!!! Hoop jy voeg sommer gou gou beter.

  3. Goeie kriek en ons weet nie eers jy wou die tydelike met die ewige verwissel nie!!!! Sterkte Son en ek hoop jy voel gou beter… (DMI is maar ‘n softie, volg maar sy raad 🙂 )

  4. Lyk my die griepvirus wat die jaar die rondte doen is regoor die wereld maar woes verby! Strongs man en rus goed uit! Lekker kuier onder die komberse 😉

  5. ek veol ook van maan dag af kroes en moe… so vandag in my bloedtoetse is toe die bewys: my immuniteit is way AF, ek wonder… nee ek dink ek moet gaan rus onder dik komberse met koffie chokolade… en ja yo guessed it MY BIEK> KOM liefste Sonkind, kom lê saam met my, eks so MAL oor jou en jy IGNORE my sos..hhmmm? ek sla jou keeltjie soen jou lyfie streel en vir jou warme tee amaaak met brannewyn hmm en ook vir jou uit hoofstuk 68 van my boekie lees
    hmmm
    hehehe
    😉

  6. Hello Son 😯

    Ek hoop jy voel gou beter!! Gewonder waar is jy!
    Hierdie griep is regtig erg die jaar. Die ding vat my en dan sluk ek so overdose viral choice dan los hy my 3 dae en dan het hy my weer!! Mens raak erg koorsig!!

    Sterkte!

  7. Sjoe, hierdie griep klink omtrent woes. Word gou gesond!

  8. Moet bieg, met die weer van die afgelope ruk wat selfs vir my bietjie erg begin raak het, het ek gewonder: Hoe cope Sonkind hiermee, as ek gereed is om te crack? Siende dat jy jou gevoelens oor die tipe weer al mooi duidelik gemaak het.

    So toe kies jy maar om eerder op reis te gaan. 😉

    Hoop jy is gou beter.

  9. As jy griep het, is rekenaar-rekenaar speel, die laaste ding wat jou oe sal kan deurstaan.

    Sit aan die draadloos en vergeet die cyberwereld vir ‘n wyle. Niemand sal jou blog steel nie, maar kan jy imagine as jy nie gesond raak nie, hoe cac sal dit wees! En waar lees ons dan die latest lytste?

    Sterkte ou Sonnie, drink sommer baie water en versuip die kieme. En jy sal oefening kry as jy aanmekaar moet gaan piepie!

  10. Hoop jy voel gou weer mens.

  11. Sterkte Son!!!

  12. Arme jy. Ek het nogal gewonder hoekom jy so aan die stil kant is. Bly maar knus onder die bersies. Dit klink my die weer daar by julle speel saam vir ‘n naweek in die bed.

  13. vertel ons van old smoky joe’s kafee as jy nou weer beter voel

    tonne bewonderaarsliefde

    shoe 30 000 keer gelees!
    xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
    janee die cyberwereld sal absoluut cac vr my ok wees as jy nie weer inlog nie
    love ann kisses sonkind
    van
    ANSOPHIE
    ( Poet)
    (And Recluse) Soos Annora the recluse of Ktele: Interessante storie wat ek op die Internet gelees het.
    Annora the anchoress
    The Church Guide of St Mary’s Iffley Oxfordshire alludes to a mysterious person called Annora, the anchoress, who lived for nine years enclosed in a cell beside the church in the thirteenth century.

    Mar wat praat ek, ek dwaal maklik af so op my eie padjies… anyway hiers vir jou lekker heuningbostee met suurlemoen
    Liefies
    ansofietjie
    xxx

  14. Ek hoop jy voel gou beter!! Sterkte!! Liefies

  15. Sterke met die griep en met die “ander lewe weer leef’. Al die spoke van die verlede wat weer kom kuier het.

  16. Ek hoop jy voel sommer al stukke beter. Pas jouself mooi op!

  17. Shame man…hoop jy voel gou beter! 😐

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: