Vir ‘n onbekende blonde man

Ek was skaars vyftien, nog in die tyd van die ou Suid-Afrika. Elke jaar het ek saam met my ouers na die gevangenes se konsert by die Victor Verster-gevangenis gaan luister. Desjare het ek nie geweet van Mandela nie, ook nie geweet hy sou baie jare later vrygelaat word deur einste hierdie gevangenis se hekke nie.

Hoekom die gevangenes toegelaat is om konsert te hou vir mense van buite en watter gevangenes almal toegelaat is om deel te neem, weet ek nie. Ek vermoed dat hulle sekerlik die geld ingesamel het vir een of ander goeie doel, of altans ek hoop so. En ek vermoed ook dat dit slegs die minimum sekuriteit gevangenes is wat toegelaat is om deel te neem aan die konsert, want hulle was beslis nie geboei nie en ek glo dat ontsnapkans in so ‘n opset seker maklik sou wees.

Ek was bloot te jonk om enigsins aan enige van hierdie detail aandag te gee. Om die konsert by te woon, was een van die lekker dinge wat ons elke jaar gedoen het, amper soos vakansie. Die vermaak was van besondere gehalte, maar selfs dit is slegs soos ek dit onthou uit ‘n tiener se oogpunt.

Wat ek egter tot vandag nog steeds duidelik voor my geestesoog sien, is die mooiste man wat ek in my dag des lewens ooit aanskou het. Geeneen van die ander het voor dit of daarna ooit weer so ‘n blywende indruk op my gemaak nie. Hy het met sy kitaar op die verhoog gekom en met ‘n engele stem begin gesing.

Dis ‘n paar dekades later en hy moet seker al bejaard wees, en steeds wonder ek oor hom. Hoekom was hy in die tronk en wat het daarna van hom geword? Waar is hy vandag? Ek sal seker tot my dooddag wonder oor hom. En tot my dooddag hom onthou as hierdie song speel.

Hierdie is vir jou, onbekende blonde man van lank gelede:

LOBO – I’D LOVE YOU TO WANT ME

Advertisements

9 Responses

  1. Stunning song! Skitterende post, weereens. Ons almal het seker maar so ‘n iemand oor wie ons altyd sal wonder. Ek was 16, hy was ‘n jong apteker in ‘n rolstoel. Mooiste man wat ek in my lewe gesien het. Wonder nou nog oor hom.

  2. Een van my gunsteling songs gewees as jong girl!!! Hierdie song bring baie herinneringe na vore, moes dit in ons skool konsert doen 😳 Het vanaand agter gekom ek ken nog die woorde!!! Gelukkig werk die brein darem nog.

    Baie goeie inskrywing, is daar nie baie mense waaroor mens altyd sal bly wonder nie? Hoekoms en Waaroms wat nooit beantwoord sal word nie.

  3. Goeie song.

  4. Dit is die wonderlike van die brein, partykeer het iemand so ‘n groot impak op ons, ons kan nie vergeet nie. Ek wonder nog steeds baie oor ‘n sekere girl van laerskool, hoekom weet ek nie? Ons praat hier van seker 25 jaar terug?

  5. Dit is ‘n onvergeetlike liedjie. Die ‘images’ by die song is ook van die mooiste wat ek nog ooit gesien het! Ek wonder ook soms oor die hoekoms en waaroms en wie’s in die lewe… ‘n Mens is maar ‘n snaakse ding…

  6. Baie mooi lied! Overgeetlik meevoerend.

  7. Die misterie van die lewe is nie altyd goed nie, verder is dit feitlik altyd sonder antwoorde. Darem snaaks dat mens selde ‘n gemiste ‘antwoord’ weer vorentoe op jou lewenspad inhaal.

    Al wat oorbly is om te wonder…

    Ja, voorwaar ‘n baie mooi lied!

  8. Mooi Video en liedjie, baie romanties en mooi.

  9. yor! n blondie op my tafel,tjoe!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: