My Motto

Die Roos met die skerp dorings het beveel dat ek my persoonlike slagspreuk deel. Nou, as Doringrosie praat, dan luister ek, want sy is BAIE kwaai! 😈

My motto is: “As die lewe jou ‘n draaibal boul, slaan hom vir ‘n ses!”

Die lewe het my ook al meer as my deel taai klappe toegedien, maar ek het elke keer weer regop gekom, my klere afgestof, my tong uitgesteek, skewemond getrek en vir Ou Lewe gewys ek laat my nie onderkry nie, se dinges!

Daar bestaan nie so iets dat die lewe enigiemand iets skuld nie. Die lewe skuld my niks. My ouers skuld my niks, net omdat hulle my in die lewe gebring het nie. Met ‘niks’ bedoel ek materieel / finansieel. Natuurlik behoort hulle my lief te hê en my ‘n goeie opvoeding te gee, maar selfs dit is vir baie kinders nie ‘n waarborg nie.

Iewers langs die pad word ons almal groot, volwasse en dan moet ons verantwoordelikheid vir ons eie lewens aanvaar. Ek kan nie vir die res van my lewe op die rug ry van ‘n slegte kinderlewe nie. Ek kan nie heeltyd huil omdat die lewe my ‘n “raw deal” gegee het nie. Basta!

As jou pa jou ma geslaan het, leer daaruit. Moenie ‘n man trou wat jou slaan nie – jy behoort hulle te kan uitken. As jy ‘n seun is, moenie jou pa se foute herhaal en jou vrou slaan nie. Jy weet mos dis verdomp verkeerd!

As jou suster of broer die witbroodjie was, sorg dat jy dit nooit aan jou eie kinders doen nie, jy weet mos hoe dit voel. Wees vir al jou kinders ewe lief, al is dit miskien op verskillende maniere.

As jy gemolesteer is toe jy klein was, gaan sien ‘n professionele persoon om jou te help om dit te verwerk. Daar is vandag meer as genoeg plekke waar mens kan praat en hulp kry. Dis verskriklik dat so iets met enige kind kan gebeur, maar jy kan nie die res van jou lewe Jannie-jammergat wees daaroor nie. Dan gee jy jou aanrander / molesteerder ‘n magtige wapen in die hand, wat jou weerhou daarvan om jou eie potensiaal ten volle uit te leef. Jy leef in werklikheid dan glad nie, jy haal slegs asem en trap spore soos ‘n mens.

As jy jou werk verloor het en dit was nie jou skuld nie, is dit regtig baie erg. Maar moenie jou neus optrek vir enige werk nie. Wees bereid om enige iets (wettigs natuurlik) te doen. Om ‘n minder glansryke werk met minder betaling te doen, omdat dit al is wat daar op die oomblik beskikbaar is, is nie ‘n skande nie. Om by die huis te sit en glad nie te werk nie omdat jy te uitsoekerig is, is ‘n bleddie skande! Min geld per maand is beter as geen geld per maand.

Moenie ander mense manipuleer deur op die rug van jou slegte ervarings in die lewe te ry nie. Staan op, skud jouself reg en LEWE!

Miskien het die lewe my hard gemaak in die sin dat ek nie tyd het vir patetiese mense nie. Ek weet ons is nie almal ewe sterk nie en verwerk nie alles wat met ons gebeur op dieselfde manier nie. Maar om te sit en vergaan in jou slegte omstandighede, daaroor te kla en te kerm en nie jou eie arms uit jou moue te steek en iets daaraan te probeer doen nie – Aikona, daai ene werk nie vir my nie!

Advertisements

18 Responses

  1. Wonderlik Sonkind. Ek stem so saam met jou! Elke mens is verantwoordelik vir sy/haar eie geluk… Shit happens, live with it!!! 🙂

  2. Bravo Sonnie. Ek het helse respek vir iemand wat die lewe so trompop kan storm soos jy.
    Ek kon nie help om te giggel toe ek jou laaste paragraaf lees nie. Blykbaar is die rede hoekom Krista nie die werk in die Kaap gekry het nie, omdat sy in die onderhoud gesê het sy kan patetiese mense nie hanteer nie. Hulle verlies.

    Baie goeie stukkie filosofie hierdie van jou.

  3. Goeie inskrywing!

    Ek is ook baie hard, sê maklik vir mense “get over it!” of “ja? en wat gaan JY nou daaromtrent doen?”.

  4. As mens nie net vir individue nie, maar ook vir volke hierdie les kan leer!

  5. Sela. Ek kan dit nie beter stel nie. In my beroep word daar van ons verwag om mense met ‘n “arme-jy-jy-is-‘n-victim” gevoel groot te maak. Se m0∑r! Ek dink die wêreld het genoeg losers – ons hoef nie ‘n hele nuwe generasie groot te maak om die oues te vervang nie.

    Ons het eerder ‘n generasie CHAMPIONS nodig. En hierdie houding van jou is ‘n CHAMPION se houding.

  6. Lekker een. Ek glo ook daaraan om professionele hulp te kry as ‘n mens probleme het wat te groot is vir jou alleen. Wat my soms net verstom is hoeveel mense gekant is daarteen!

  7. Nes jy daar se Sonkind! Bou ‘n brug en kom daaroor, more skyn die son weer!

  8. Eish!! Ek kan ook nie ‘n Jannie Jammergat houding hanteer nie!! Daar is genoeg professionele mense om jou te help – gaan sien hulle en “get over it”!

  9. Jaco / Krista – ek het amper nie daai stukkie van die patetiese mense geskryf nie, want ek is ook al oor my vingers getik daaroor. Krista – as ‘n werkgewer jou daaroor nie wil he nie, dan wil jy ook nie vir so ‘n patetiese company werk nie! 👿

    BiB – ja, veral sal SA dan ‘n beter plek word om in te bly!

  10. Sonkind hierdie blog entry moet geraam word of in ketting emails versprei word. Jy se dit baie goed. Dit is seker die belangrikste ding wat enige iemand in sy of haar lewe tot besef moet kom en ek glo voordat jy nie die beginsel verstaan nie sal jy nooit regtig voluit kan lewe nie en jou eie hoogtes bereik nie. Ek self was n angry jong man en alles was altyd almal om my se skuld, die army, die establishment my Pa se dood etc. Die dag toe ek dit vir myself uitgewerk het dat ek my lewe en my alles wat ek wil in my eie hande vashou en net ek bepaal waarheen ek gaan. Toe eers het ek n man geword. Die ding is egter dat die wysheid nie geleer kan word nie, elkeen moet dit self ontdek. So as te ware tot n soort bekering kom.

  11. Lekker een. Ek beaam Bib.

  12. Sê ek ook. Bou n brug en kom daaroor!

  13. Aitsa

    Ek like jou motto. En ek beskou die eerste paragraaf as ‘n kompliment.

    Patete moet na my mening uit gesit word. Hulle ly.

  14. Sonkind, UITSTEKEND!!

    Lewies, dis so waar wat jy daar praat!

  15. Hi Sonnie
    Ek hou van jou skrywe, ek kon dit self geskryf het. Ek is baie hard waar dit by mense kom wat net wil sit en verwag alles moet voor hulle verskyn, so asof hulle net Alladin se lamp kan vryf en woerts dinge gebeur. Dit gee my die creeps!

  16. Baie goed , is jy polities of is dit ek , die “ou regime” omdat ek swart of bruin is , die benadeelde en so kan ons aangaan maar nooit is die skuldgevoel waar dit werklik is nie. Hierdie land sal n beter plek wees die dag wanneer ons elk ons foute erken en nie jou slegtigheid wil verander asgevolg van die verlede.ek het in erge armmoede groot geword std agt die skool verlaat en gaan werk om my familie finansieel by te staan. Ek wou graag regte studeer maar asgevolg van hierdie omstandighede kon ek nie en het voort geveg in die lewe en is vandag n suksesvolle sakeman vir die afgelope 30 jaar.Die terugslae en struikelbokke in die lewe het net van my n beter persoon gemaak.Nooit het ek teruggestaan vir ander nie en ja ek het met trots my bors altyd uitgesteek en openebaar wie ek is en waar ek vandaan kom en glo my dit was my insperasie . De hel met jou tekorte in die verlede , konsentreer op “nou”. Die engelse gesegde is “Put it in your pipe en smoke it” Groete Neville Botha

  17. waarom is julle so stil

  18. ek dink jy het hulle kwaad gemaak meskien is daar meer “jannie jammergatte” as wat jy gedink het

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: