Kondome vir die donkerte

Ek het nie tyd om te blog nie, ek moet 10 dae se werk in 3 dae gedoen kry. Nee, REGTIG. Ek werk saans tot na 10, maar ek is amper daar! Die einde is in sig.

Ek skep gou asem en lees die hoofberigte in die koerant, sommer so online, en ek dog julle sal hierdie interessant / komies / weird vind:

http://dieburgerblogs.mweb.co.za/ViewBlog.aspx?blogid=56

Ek wonder nogal hieroor, veral oor die ‘skeleton staff’ 😈

Advertisements

12 Responses

  1. Ek hoop nie die kondome was deur die SABS getoets nie. Netnou word die skeleton staff ‘n kolonie.

  2. Sterkte met die 10 dae se werk

  3. Whahaha! Kan mens dit nou oor vertel… sterkte met die werkies!

  4. 😆 Maar gaan werk dit uit dan kom dit op 132 kondome per persoon uit. Ook seker nie veel as daar niks anders te doen is nie 😉 😆
    Sterkte met die werk Sonkind… 😕

  5. Dankie vir die sterkte. Ek is oor die hond se stert. Dit was 2 questionnaires wat geprogrammeer moes word. Gewoonlik kry ons 5 dae vir een, maar die kliënt (en hulle is mos altyd reg) wil hierdie naweek die konsep hardloop, want dis mos langnaweek. En hulle het ons Vrydag eers gevra of ons dit kan doen en natuurlik kan ons nie nee sê nie, want hulle is ‘n BAIE belangrike kliënt.

    Niemand anders mag aan die projek werk nie, want ek hanteer dit al vir amper 3 jaar, het al in die verlede twee keer my verlof gekanselleer vir hulle. Toe vra hulle mooi en ek hang myself ampertjies, maar vanmiddag net na 6 was dit klaar en is nou by die toetsspan. As als goed gaan, sal ons more net afrond en dan is dit “all systems go.”

    Dis ‘n nuwe produk wat die kliënt op die rak wil sit, en ek mag natuurlik niks uitlap nie, maar ek kan julle sê, ek glo meeste van ons het hulle produkte gewoonlik in ons yskaste, maar mens kan dit nie eet nie. 😆

    Zee, jy sal dalk kan raai, maar jy is gesweer tot stilte!!!

  6. Bly die werk is klaar, is dit dalk bier 😆

  7. Jy weet wat se hulle van mans wat koud kry…..

    Ek wonder of die hele besending XXX-small was 😆

  8. Whahaha @ Jasper!

  9. ek trek soontoe met my tafel.

  10. (((((sonkind)))))

  11. oooh, watter werk moet jy doen?

  12. /me sit zip oor mond. Hoop om jou volgende week te sien.

    Sjoe, ek is bly ek hoef nie van die goeters te gebruik ne! 😆

    LoL @ Jasper

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: