Numero Uno

Adriana vra hier dat ek moet vertel:

Wat is die HEEL BELANGRIKSTE iets in die LEWE? – vir my. (Ja, ek weet sy het gesê 5 belangrikste goed, maar iets is óf belangrik, óf dit is nie. So ek gee net een.)  🙂

Dis nogals nie ‘n vraag om sommer so losweg te beantwoord nie en sy het my mooi laat dink. Watter EEN ding is vir my so belangrik, dat dit alle ander dinge oorskadu?

Na deeglike nadenke, het ek besluit.

INTEGRITEIT.

As jy integriteit het, sal jy probeer om die regte dinge in die lewe te doen, om op die regte manier te lewe. (Let wel, ek sê probeer, want ons is almal net mense, nie engele nie.)

Integriteit is om eerlik te wees in jou alledaagse doen en late. Om eerlik te wees in besigheid. Om nie jou maat wat jy gekies het, te verneuk nie. Om nie mense met opset seer te maak nie.

As jy integriteit het, dan sal jy nie dinge van mense agter hulle rug sê, maar nie bereid wees om dit voor hulle te herhaal nie.

As jy integriteit het, sal jy verskoning vra as jy verkeerd was, al is dit hoe moeilik. Selfs as jy alleen uitvind dat jy verkeerd was en die ander persoon reg.

As jy integriteit het, sal jy nie in ‘n parkeerarea iemand se motor stamp en wegry, net omdat niemand anders jou gesien het nie.

As jy integriteit het, sal jy nie toekyk as onskuldige kinders / vrouens (of enige onskuldige mens) seergemaak word en net wegdraai omdat jy nie betrokke wil raak nie.

As jy integriteit het, sal jy dit waarin jy glo, of dit nou God is, of Buddha, of wat ook al, onvoorwaardelik uitlewe, maar jy sal nie ander oordeel wat nie dieselfde as jy glo nie.

Ek kan aangaan en aangaan en ek is seker julle sal ook nog ‘n paar kon byvoeg.

Bottomline is…

As ek integriteit het, sal ek probeer om reg te lewe. Natuurlik sal ek ook soms van die wa afval, want ek is ‘n mens, nie God nie. Maar dan sal ek opstaan, myself afstof en probeer regmaak wat ek verkeerd gemaak het. Want ek het INTEGRITEIT.

Advertisements

12 Responses

  1. Pragtig gestel. 😉

  2. Ek hou hiervan, integriteit. Dit is vir my ook baie belangrik.

  3. Integriteit – dit is regtig iets waarna mens moet streef, want soos jy sê, ander dinge sal dan in plek val.

  4. Mooi een. Stem saam met Netjane.

  5. Cool stukkie, snaaks hoe verskillende mense se idees een of ander tyd by ‘n sentrale idee uitkom!

  6. Ek jy het dit baie-baie raak opgesom…

  7. Pragtig! Die laaste paragraaf sê dit alles!

  8. Ek hou baie hiervan. Dankie.

  9. goeie stuk

  10. Wat kan ek nou nog sê: weereens ‘n pragtige inskrywing.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: