Merk jou Kleintyd

Ek was nog op soek na my matriekafskeidrok foto, toe kom ek op twee ander foto’s af. Omdat die rok foto my nou nog ontduik, seker met rede 😉 het ek besluit om sommer ‘n splinternuwe tag te begin.

Wys ons hoe het jy kleintyd gelyk, enige iets tot so 10 jaar oud!

My foto’s se kwaliteit is nie meer te waffers nie, dis die beste wat ek dit kon kry met die scanner.

Hieronder is ek omtrent 1 jaar oud, saam met my ma by my eerste ryding 🙂

 

En hier is ek 4 jaar oud. Die foto is onder groot protes geneem, al lyk dit nie so nie. Dis kort voor ek na die ooghospitaal moes gaan om ‘n gewassie onder my regteroog te laat verwyder, wat jy dan ook kan sien op die foto. Ek dink my ma het my aandag hier afgetrek en toe kliek die fotograaf. Tot vandag is ek onheilig sku vir foto’s 😈

 

 Ek tag dan nou vir Adriana en Jaco en Krista en Rosalind en Skoor

 Kom wys ons hoe lyk klein Adrie, die klein Wosonkis, klein Rooskind en Skorie 😈

Advertisements

26 Responses

  1. Sonnie maar jy was ‘n oulike klein dingetjie 😆
    Kyk daardie wiele!!!

  2. Jammer maar ek sal die tag uitsit. Al my foto’s is in Suid Afrika. Ek dink ons almal het sulke drie wiel fietse gehad. Getrap en met twee wiele om die draai gegaan. Ook my eerste ervaring van pad woede ervaar toe my susters my van die patio afdruk met hulle fietse.

  3. E . . . . Hmmmm . . . .

    Sonkind

    Besef jy my ma bly nie net om die draai nie? Sy het nie internet toegang nie en ek sien haar eers die langnaweek?

    Moenie worry, ek het 1000de kinderfoto’s. Sal ‘n foto opplak, hoop die kind lyk na my.

  4. Adrie, jou kindertyd gees sal by jou spook as jy ‘n ander kind se foto opsit en sê dis jy! 👿

  5. […] 27, 2008 Eish, Sonkind se nie so wonderlike […]

  6. Wens ek kon saamspeel, maar al die kiekies is in Suidland 😦

  7. […] se Merk Net soos Sonkind ontwyk ‘n foto uit die era van matriek my.  Ek aanvaar onbenoemd haar tag en sit twee […]

  8. […] Posted on May 28, 2008 by Pikkelik Sonkind het hiermee begin en Adrie het my […]

  9. Ai Son, jy het darem die mooiste hare gehad. Ek het sulke aardige krulhaartjies gehad en het almal met lang styl hare vreeslik beny…. Pragtig… 😉

  10. Oulike foto’s. Baie cool 3-wiel!

  11. Cute man, hoe lyk dit nou vir my of jy jou moeder se ewe beeld is? 🙂

  12. Oulik!! Lyk my die liefde vir wiele kom al ‘n lang tyd! 😉

  13. Dis pragtig! Ek kan ook nie help om sommer ver terug te dink nie….

  14. Pragtige foto!

  15. Oulik! Daai fietsie bring ook herinneringe terug. 😉

  16. sweetie pie! Jy het ‘n pragtige glimlag. Lekker dag

  17. What a lovely idea! and what lovely photos!

  18. Ek sien iemand anders het dit ook opgemerk dat daar ‘n duidelike trek tussen jou en jou ma is – stem jy?

    Ek hou van hierdie tag van jou!

    Het ook ‘n driewiel gehad – met linte in die handvatsels (in elk geval tot Nuwejaar van daardie jaar) 🙂

  19. Sweet!

  20. Haai hier sien ek nou eers ek is getag…..! Ek is mal oor die foto van jou en jou ma,,,dis spesiaal.

  21. Ai jai jai jai jai.

  22. Zee & Jo-Ann, ja, ek was self stom verbaas toe ek op die foto afkom, want almal sê nog al die jare ek lyk soos my pa, en nou weet ek nie meer so mooi nie. 🙂

    Al verskil is net my ma se oë is groen en myne blou, soos my pa s’n.

  23. […] ons nog eens twee kalfies was Sonkind het ons al laasweek getag om ‘n paar foto’s uit ons prille jeug ten toon te stel. Dinge […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: