Een jaar later!

Happy Birthday

More is 24 Mei. More is hierdie blog ‘n hele een jaar oud!

Ek het begin as ‘n SSSB leser, maar toe raak dit nie meer lekker daar nie en ek besluit om my eie skoene aan te trek. As ek nou terugdink oor hoe dom ek met alles was, wil ek lag kry. Maar hoe meer ek ander blogs ontdek het, hoe meer het ek gesien wat WordPress alles kan doen en ek het met val-en-opstaan probeer en geleer.

Nou, ‘n jaar later, is daar nie regtig iets aan my blog wat ek wil verander nie. Dalk gee ek dit weer eendag ‘n “facelift”. maar vir eers is ek tevrede. Dis my plek.

Ek het so baie mense leer ken, so baie dinge geleer, van alles onder hierdie son. Ek het geleer dat daar baie mense daar buite is wat dink soos ek dink. Ek het ook geleer dat dit okay is om jou eie opinie te hê, al pas dit nie by die samelewing se opinie nie.

Ek het geleer dat ons almal ‘n storie het om te vertel. En al vertel ons almal nie ons storie ewe goed nie, beteken dit nie dat ons storie self nie goed genoeg is om te vertel nie.

Ek het geleer dat selfs in die virtuele wêreld almal nie van almal sal hou nie, maar dat dit ook okay is, want daar is genoeg plek vir elkeen van ons.

Ek het mense sien kom en later weer sien gaan. Sommiges se weggaan het my meer geraak as ander s’n. Ek het gewens dat hulle eerder kon bly, maar hulle het hul eie redes gehad wat gemaak het dat hulle die virtuele wêreld moes groet. Een van hulle is Ding, wat met sy nommer 13’s diep spore in baie van ons se harte getrap het. Ek mis Ding se stories nog elke dag en ek hoop hy en sy Dina leef lank en gelukkig saam 🙂

Ek het geleer dis soms nodig en ook okay om jou persoonlike hartseer met jou virtuele vriende te deel. Ek het soms gewens ek kan party net in die regte lewe ‘n drukkie gee en verseker dat die son altyd weer skyn, al is dit nie more nie, dan is dit oormore of die dag daarna.

Soms het ek nie woorde gehad by party inskrywings nie, my hart en my kop het net stil geword voor ‘n medemens se seer. Ander kere kon ek my kop agteroor gooi en skaterlag vir sommiges se uitstekende humor.

Nie een dag was ooit dieselfde nie en soms, as my regte lewe te besig geraak het en ek nie kon kom lees nie, het dit gevoel of ek iets iewers verloor het. Amper so asof ek my kind in die supermarktrollie in die parkeerarea agtergelaat het!  😆

Ek het ‘n hele paar bloggers persoonlik ontmoet en ek was nie een keer teleurgesteld nie. Elkeen van hulle is die moeite werd om te ken.

Die lewe is nie voorspelbaar nie, maar as dit van my afhang, sal ek volgende jaar dié tyd nog steeds hier wees. En ek hoop elkeen van julle ook!

Advertisements

18 Responses

  1. Baie geluk Sonkind! Hoop om nog sommer baie van jou wyshede te lees. Comment dalk nie gereeld maar lees darem gereeld. NS. Mis ook vir Ding.

  2. Geluk Sonkind se blog. Doen so voort.

  3. Geluk! ‘n Jaar in die blogwêreld is nogal lank.

  4. ♪♫♪ Happy birthday to you ♪♪Happy birthday to you♪♫

    Sonstraal, baie dankie vir daardie regte drukkie, jy weet wat dit vir my beteken het.

  5. Baie geluk met jou 1ste verjaarsdag!
    Hoop al die tandesny probleme is nou uitgesorteer en dit is net sonskyn vorentoe!

  6. Ai Son, ek het vir jou so ‘n mooi boodskap geskryf maar wordpress sê daar’s fout met my DNS????
    Ek wou sê, jou blog was een van die heel eerstes wat ek gelees het. Dit het my betower! Ek mis nooit ‘n enkele inskrywing nie…
    ♫♪ Happy Birthday to you, happy birthday to you, happy birthday dear Sonblog, happy birthday to You! ♫♪

  7. Geluk met jou blog se verjaardag. Ek is bly ek jou hier leer ken.!

  8. Daar was goue, oomblikke…… baie, kosbare herinneringe.
    Wonderlike, ‘Ding’ gedeelde oomblikke –

    Jou musiek en gedigte en Intelligente gesprekke het my altyd nader gelok en betower
    – baie soetigheid en lieflike onthou dinge

  9. Ek reken dis ons wat onsself gelukkig kan ag dat jy ons vir ‘n jaar lank al ‘ge-entertain’ het! Baie geluk!

  10. Baie geluk.!!! Ek beaam wat Boendoe sê, dankie vir al die lekker lees wat ons hier kry.

  11. Mooi Man! En hier is een op nog ‘n jaar.

    Hoe ver het ons nie gekom van daardie eerste dae van SSSB af weg nie? Lees jy nog baie daar? Ek loer in, maar hou verby die kommentaar. Dit is ‘n jammerte dat dit so agteruit gegaan het….

    Jou blog is een wat ek glad nie mis nie…..

  12. Altyd lekker om op jou blog in te loer, so ek hoop jy’s vir die volgende 100 jaar nog hier!

    Happy, happy!

  13. Waar’s die koek? 😆

    Baie geluk en dankie! Dit is altyd lekker om hier te lees.

  14. Wow, geluk Sonkind! Ek is seker jy sal volgende jaar hierdie tyd nog hier wees! 😀

  15. Baie geluk! Mag ons nog lank bevoorreg wees om hier by jou te kom kuier. Hier is omtrent blog verjaarsdae van nou af… 😉

  16. Baie geluk! Ek het baie gou tuis gevoel hier in jou voorkamer. Dis gesellig hier en jy is ‘n wonderlike gasvrou.

    Jy is ‘n anker in my vaderland, en iemand wat dieselfde dink as ek – en dis baie skaars, ek verseker jou, want daar is so baie simpel mense daarbuite.

    Kom ons drink ‘n sopie op nog ‘n jaar van wonderlike stories!

  17. Dankie Orchid – ek beskou dit as ‘n groot kompliment van jou af 🙂

    En almal wat gereeld hier kom draai en dié wat mooi wense gelos het, BAIE DANKIE! Ek gaan nêrens heen nie, so ek hoop julle gaan ook nog lank hier wees en my krabbels kom lees 😉

  18. Dis baie weird hoe mens mekaar hier kan leer ken en aanklank vind! Ek lees lekker aan elke skrywe van jou.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: