Feëtjieland

WIPNEUS het al so rukkie terug gevra dat ek my feëtjies moet wys. (Wip, ek kry nie jou inskrywing van jou feëtjietuin nie!)

Elk geval, ek het nie eintlik ‘n regtige tuin nie, die feëtjies staan maar so op my boekrak en oral rond – eendag as ek groot is, sal ek vir my feëtjies hul eie huis bou.  🙂

Wel, hier is hulle, elkeen met hul eie storie en eie naam. Moenie my vra waar kom elkeen se naam vandaan nie – dit het net in my kop gekom toe ek hulle gesien het. Sommiges het dan ook nie ‘n naam nie.

Isolde is die hoof feëtjie. Sy was ‘n kersgeskenk van Liefie af. Sy is statig en koninklik en heers oor die ander feë.

Dan is daar Ally met haar paddafeëtjie. Het jy al ooit ‘n paddafeëtjie gesien? Kyk daar by Ally se hand. Ally is stout en ‘n regte karnallie. Moenie dat daai soet gesiggie jou flous nie!

Cynthie het my eendag geroep uit ‘n winkel se venster. Sy het gefluister niemand wil haar koop nie omdat haar oortjies so bietjie bakstaan. Toe bring ek haar huis toe en gee haar ‘n ereplekkie, op haar eie rakkie.

Elizabeth se gesiggie is die mooiste feëtjie gesiggie wat ek nog ooit gesien het. Sy kom van Montagu af, uit ‘n donker plaasstal, en nou sit sy in die lug en pas die ander feëtjies op.

Griselda en haar drakie was ‘n verjaarsdaggeskenk van my niggie, en ek weet sy het voorheen in ‘n plaasdamwinkeltjie naby Klapmuts gebly.

Mira en haar eenhoring kom ook van die plaasdamwinkel af. Sy is ‘n kersgeskenk van Megan af. Vir Mira en Ally moet ek fyn dophou, want hulle is geneig om erg kattekwaad aan te vang, tesame met die padda en die perd.

Simone het ek self gekoop. Sy staan in die hoekie, want die dag toe ek haar huis toe bring, glip sy uit my hand en kraak haar voetjie. Ek dink sy wou ontsnap, maar nou is sy gedoem tot die hoekie – foeitog.

Die ketelfeëtjie het Liefie se nefie vir my persent gegee en dit was so “sweet” van hom.

Dan is daar die Moon fairy en die Sleeping fairy. Ek kan nie meer onthou waar hulle vandaan kom nie, hulle was maar net altyd hier en dalk sal hulle eendag vir my hul name vertel.

Dan is daar heelwat ander karakterjies wat so tussen die feëtjies bly. Daar is ‘n kabouter, ‘n paar trolle, ‘n drakie en nog ander.

Eendag as die feëtjies en hul maatjies se huis klaar is, sal hierdie by hul voordeur hang.

Laaste is die feëtjies se bootjie en dan ‘n regte, egte outydse glasboei, wat die seevaarders in die jare toe die wêreld nog jonk was, gebruik het, lank voor lelike oranje boeie! Vandag gebruik die matrose in Feëland nog steeds net glasboeie.

It’s so wonderful; It’s so marvelous

And it’s believed to be everything is true in Fairyland

And if the Wizard had to wave his wand

then you would understand

Why every little girl and boy in the world

believe in Fairyland!

Advertisements

7 Responses

  1. http://www.dieburger.com/Stories/News/17.0.428608511.aspx

    Het jou feetjies gehoor wat met hierdie klomp tuinkabouters gebeur het! Dit is aller vreeslik.

    Ek hoop jy beskerm jou feetjies dat dieselfde lot hulle nie oorkom nie 🙂

  2. Dit is pragtig, stunning en magical, sê een feetjie versamelaar, aan ‘die ander feetjie versamelaar……niemand sal hierdie “feetjie sindroom” verstaan nie…ek het vir jou ‘n posduifie gestuur waar jy my feetjies kan gaan kyk… ek sal ook later nog van myne opsit…. myne het nie name nie….en kabouters en feetjies en pixies en enige sprokie karakter bly in daardie “magic garden” Baie dankie jy het my dag gemaak!!! Mens moet altyd bietjie magic in jou rond dra……;)

    Uhm…Son ek dink jy moet daardie feetjies liewer daar op die boekrakke hou, in die tuin mag ‘n sinkgat hulle dalk net insluk :lol:.

  3. Ek is mal oor die feetjies. Ek dink dit is oulik dat hulle name en stories het.

    Ek is nie ‘n erenstige versamelaar nie, juis omdat ruimte beperk is en my ma kla omdat ek alles op haar dump. Deesdae hak ek ook by foto’s vas. Dit is vir my niks om binne ‘n naweek 300 foto’s te neem nie. Ek tel ook altyd skulpe op as ek ‘n strand sien met skulpe.

    Iets wat ek stadig begin het (ek reis te min) is om bidsnoere van verskillende werelddele te versamel. Dit is iets wat met my gebeur het. Vriende het oorsee gegaan en toevallig, onafhanklik van mekaar bidsnoere vir my gebring.

  4. Ooooo dis Magic!!! Ek het al lank die idee om Poppedyn se kamer ‘n feëtjiekamer te maak. (Sy slapies nog by ons) Ek raak al meer en meer lus om die taak aan te pak! Dit sal mos ‘n fees wees om in so ‘n towerwêreld groot te word. Ek sal bietjie by jou en Wip kom aanklop.

  5. Dis meer as MAGIC !!!!
    Dis regtig ongelooflik !
    Ek versaamel glad nie feetjies nie , hulle bly in my tuin onder 2 groot bome & wanneer ek alleen ,hartseer , moedeloos of net n bietjie sleg voel , gaan le ek daar ek chat met hulle !!!
    Hulle maak my hartjie bly ! Hulle gee altyd vir my Jesus raad (as ek dit so kan noem ).

    Na ek vandag al jou oulike pragtige feetjies gesien het , oorweeg ek dit om ook n paar van hulle tekry !

    Leef voort in die sprokies wereld !!! Kyk net bietjie wat het Koning Jesus vir ons gegee en wees bly !!!
    Lullu.

  6. Jou feetjies is pragtig! En die name, en stories, ag laat ek soos die ander sê: dis pure magic! 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: