Nataniël

Ek was vroeër vanaand by die bekendstelling van Kaalkop 2, Nataniël se nuwe boek. My “claim to fame” is dat ek saam met hom op skool was. Hy is klein en kort en fyn en skreeusnaaks.

Ek het een of twee foto’s van hom geneem, toe vertel hy my sommer daar van die kissie af, waarop hy moes staan sodat ons almal hom kon sien, dat hy my sal opspoor as ek hom laat vet lyk op die foto’s. Nee wat, Nataniël, ek hoef nie bang te wees nie, jy het lankal daai “baby fat” langs die pad verloor!

Toe hy my boek teken, skinder ons gou so ‘n kort sessie oor ons onderwysers van destyds. Ek wens ek kon langer met hom gesels, maar sy tyd is beperk en almal soek ‘n handtekening in hul boeke.

Nataniël is seker vir sommige mense ‘n “acquired taste.” Vir my is hy iemand wat vir die wêreld gewys het dis okay om anders te wees, om jouself te wees, al pas daardie jouself-wees nie in die samelewing se kassies in nie. Dat dit, soos hy sê, okay is om die seël te lek, maar nie die brief te pos nie, want die “kick” het jy reeds klaar gekry!

Vandat hy 20 jaar gelede sy solo-debuut gemaak het, het hy al reeds meer as 60 oorspronklike verhoogproduksies aangebied, 13 albums vrygestel en 10 boeke gepubliseer. Sy shows is natuurlik ‘n belewenis. KAALKOP 2 is ‘n opvolg van die suksesvolle KAALKOP, Nataniël se eerste versameling rubrieke. KAALKOP 2 bevat 42 verdere aflewerings van die gewilde SARIE-rubriek, plus 26 nuwe verhale en 14 prettige verse.

Sy rubriek verskyn al 7 jaar in Sarie. Hy is ook direkteur van sy eie produksie maatskappy en van KAALKOP TRADING, vervaardigers van leefstylprodukte. By alles is hy ook Ambassadeur van Kindersorg SA. Dis omtrent ‘n mondvol. Soos sy uitgewer tereg sê, hy pas ‘n leeftyd in elke week in.

Nataniël bepleit die lees van boeke, dat ons ons kinders weer moet leer boek lees. Sy woorde: “‘n Boek is die enigste ding wat jy nie hoef af te sit as die vliegtuig opstyg nie. Tussen die bladsye van ‘n boek kan jy nog privaat wees, wegraak tussen die woorde sonder dat daar ander mense ook aanlyn is, sonder dat jy ‘n virus kan optel. ‘n Boek is die goedkoopste reis na verre lande. En as jy dan nie wil lees nie, snuif hom net, man – daar is ongelooflik baie gom in sy blaaie!”

Hy vertel sy eerste herinnering van vrees is toe hy klein was en op een of ander kamp was en almal ‘n fliek oor Nero of een of ander Romeinse keiser gekyk het. Daar was mense wat vir die leeus gegooi is en die skare het gejil en mal tekere gegaan. Die geraas het hom beangs gemaak en hy het gevoel hy kry nie asem nie. ‘n Paar jaar later was hy by Goodwood se skougronde met ‘n Republiekdagviering en weereens het hy daardie geruis van ‘n opgesweepte skare gehoor. So ook later by ‘n sokkerwedstryd en rugbywedstryde.

Uiteindelik het hy besef die meeste mense laat hulle meevoer deur ‘n groep-aksie, raak heeltemal weggevoer en opgesweep in ‘n groep, sonder om vir hulself te dink. En dat daar baie min mense in hierdie wêreld is wat verstaan dat daar enkelinge is, wat nie asem kry tussen sulke groepe nie, wat eenkant moet staan, volgens hul eie reëls moet lewe, om genoeg asem te kan kry om aan te hou sinvol lewe. Mense wat buite die samelewing se kassies lewe, want hulle pas doodeenvoudig nie binne-in nie.

Nataniël, ek is bly jy het gekies om so te lewe sodat jy genoeg asem kry, om te wees wie JY is, en dis vir my ‘n voorreg om te kan sê ek ken jou. Mag jou toekoms altyd blink en mooi wees en bly.

Advertisements

20 Responses

  1. Ek en my suster vrek oor hom. Toe ek in SA gewoon het, het ons sommer gou-gou van Hermanus af Kaap toe gery vir vertoning. Hy is nie vir almal nie. Dink mense staar hulle blind aan sy voorkoms en sien nie die talent raak nie.

  2. Ek was kicking en screaming na ‘n Nataniel show gesleep. Wat ‘n ervaring, ek het my gate uitgeniet. Dit beteken nie dat ek my dood geskrik het die kere wat ek in hom vasgeloop het nie.

  3. Hy is wie hy is. Dit is ook een van daai mense van wie jy of baie hou, of hom glad nie kan hanteer nie. Ten minste is hy altyd homself. Ek laaik hom, en ek kan nie wag om Kaalkop 2 in die hande te kry nie. 😉

  4. EN……. hy’s ‘n RERIGE mens-mens…

  5. Ek blaai eerste na sy rubriek as ek die tydskrif oopmaak en my mense weet die kanaal mag nie verander word as Nataniël op is nie. Hy is nie altyd ewe goed nie, maar mens mag hom nie mis nie, want jy mis dalk iets met sy unieke wow-faktor. Daar is net een soos hy – onhou die spinnekopjag? Ek is seker hy weet dat hy baie love-hate ondersteuners het en hy gebruik dit tot sy eie voordeel.

    Ek gaan beslis Kaalkop 2 vir myself aanskaf! Ek is mal oor die manier wat Nataniël ‘n ding sê. Ek verkies beslis sy sin vir humor en selfs daardie vlymskerp sarkasme en ook Dana Snyman se skryfkuns bo die sogenaamde van der Walt / de Vries / Schuster tipe humor. (Word nou seker maar seriously oud).

    You lucky fish….het hy altyd so lui gepraat of het hy dit vir homself aangeleer as deel van sy “show”?

    Mooi dag – en lekker lees!

  6. Ek was by een van sy shows BAIE lank terug. Dit was fantasties.

  7. Sonkind, ek was so jaar terug saamgesleep na een van sy shows toe. Ek dink toe maar by myself, daardie ou stemmetjie gaan vir ons sing, sal seker maar lekker giggel die hele aand.

    WOW, tot my verbasing, ek kon nie glo dat dit sy stem was wat uit daardie mond van hom gekom het nie. Nee kyk, hy kan maar sing!

  8. Ek is mal oor Nataniël. Ek loer gereeld in sy “kaalkop” winkeltjie hier naby ons in. Dis nou ‘n man met goeie “taste”
    Daar is ‘n “kaalkop 2” wat my naam op het, ek moet hom gaan haal 😉

  9. Sonkind, hierdie een is vir jou:

    (((((Sonkind))))

    Baie dankie.

    NS: Ek vrek ook oor Nataniël se werk. Lekker dag vir jou.

  10. Kyk, die mannetjie kan snaaks wees as hy wil! En ek raak sommer ‘n fan, net oor die boeke ding. Lees, lees, lees!

  11. ooh…en waar was julle op skool? 🙂

  12. Ons geniet hom ook elke keer as ons gaan.

  13. Johan – dit was De Kuilen Hoër; Kuilsrivier 🙂

  14. Jo-Ann, ek wou nog sê, volgende keer bel ek jou – op kort kennisgewing, want ek is uitgenooi, saam met metgesel, en toe moet Liefie werk. Toe gaan ek maar alleen! 🙂

  15. Is dit waaragtig al 20 jaar!!!??? Ek onthou sy 10 jaar vieringe. Ek en my vrou was voordat ons mekaar ontmoet het, altwee op dieselfde aand by een van sy shows. Nadat ons mekaar ontmoet het, was ons elke jaar weer by sy optredes. Groot fans!

    (Van die os op die jas, ek wil jou nie jaloers maak nie, maar ek onthou ons het lank gelede oor Leonard Cohen gesels – ek het gister kaartjies gekoop vir sy optrede in Amsterdam, in Julie! Dit sal opmaak vir al die Nataniël wat ons deur die jare gemis het.)

    Ek het twee jaar gelede die dvd van Nathaniël gekoop, maar ek was bitjie teleurgesteld – eerstens oor die kwaliteit daarvan en tweedens omdat daar hopeloos te min storietjies op is!

  16. nataniël is geniaal!

  17. Machiel, sies vir jou! Ek sal my voortande gee om Leonard Cohen te sien optree! 🙂

    Ek het amper al sy CD’s, of altans die wat ek van weet.

  18. Ek het nog min van sy werk ervaar, my enigste verskoning dat daar eenvoudig te veel kunstenaars is dat ek almal kan ondersteun, maar bv. ‘n liedjie (of 2) van hom op Laurika se CD’s is van die beste wat ek al gehoor het. Jy’s regtig bevoorreg om hom te ken – hy’s ‘n fenomeen.

  19. EK LOVVVEEEE, Nataniel..

    Hy was die eerste celebrity wat ek in lewende lywe gesien het.. Kan nie wag om sakgeld te kry aan die einde van die maand nie.. Kaalkop1 is stukkend gelees en daar is plek op my rak vir nommer 2!!!

  20. Nataniel skryf briljant en sing fantasties. Ja sy shows is snaaks, maar soms as jy mooi luister na die stories wat hy vertel is dit intens hartseer (jy lag want jy voel ongemaklik) dit gaan oor die hardheid van die lewe. Daar is groot boodskappe in.
    Hy het siel.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: