Mei is nie vir my
Dit spel winter om die draai
En Son wat koud kry
########################
Snoek loop vanaf Mei
Vier maande sonder erre
Al tyd van snoek kry
########################
Wens ek was ‘n beer
Dan sal jy my nie sien voor
September eers weer
Advertisements
Filed under: Sommer net |
Hiberneer!!!!!!! Jippeeeeee!!!!! As jy dit kan regkry, stuur vir my die resep. Ek sal wragtig saam met jou oorwinter… 🙄
Mei is weer vir my
Die mis, wolke wind en reën
Knus in my eie kop
Dig voort Sonkind, ek ondersteun jou sentiment, ek haat die koue!
Die winter is GOOR en VAAL!! I hate it, I hate it, I hate it…
Sterkte met die koue. Hierdie jaar was ons winter op ‘n Sondag-middag.
Ek hou niks van winter, ek kry koud, en alles is dood en vaal!
Hoe kan mens bere word?
😆
die beste hitte
is ‘n kagelvuur in mei
(met die venster oop!)
Sonkind.
As daar nog plek in jou grot is om saam te hiberneer laat weet my asb. Die koue is nie vir my nie. Ek het ‘n klein elektriese matjie onder my tafel wat ek maar in die winter aanskakel om die voete warm te hou. As my voete koud is, is ek koud.
ek haat winter,aaaahhhhhhhhhhhhhhh! al wat my kan warm hou is a man op my kombuis tafel!
sonskyn is wat ek haat
maar die winter hier hierdie jaar baie laat