Dom kriminele, Linker- of regterbreine

Die laaste paar dae het ons so half in ‘n lugleegte gelewe, maar dit word beter. Eergisteraand het hulle iemand by ‘n vulstasie in Tableview vasgetrek wat met Liefie se petrolkaart probeer het om R50 se petrol in te gooi. Wat die dwaas (en hier wou ek natuurlik ‘n veel sterker woord gebruik!) se optrede nog erger maak, is dat hy ook met ‘n gesteelde voertuig gery het! Hoe stupid kan een krimineel wees?!

Ons speurder het Tableview toe gegaan om ‘n verklaring by die ou te kry en hy vertel natuurlik ‘n snotstorie oor waar hy die kaart in die hande gekry het. Maar gisteraand moes Liefie ‘n identikit gaan opstel en toe hy klaar is, sê die speurder dat die samestelling op ‘n druppel water soos die ou in Tableview lyk. Nou is dit nog net vir ‘n formele uitkenning en dan sal die gereg sy loop neem. Hopelik kan ons hierdie inskryf as een van die suksesse in die polisie se annale. Ek haal my hoed af vir speurder JC van der Merwe van Brackenfell polisie. Ek wil regtig nie ‘n misdadiger wees wat deur hom gesoek word nie, hy is Genadeloos.

Die laaste paar dae het dit gevoel asof my woorde opgeraak het, asof daar net een groot lugleegte is waar my kreatiewe denke eers was. Dit het my laat dink – watter kant van mens se brein is jou kreatiewe kant en kan mens dit aanhelp of verander of stimuleer? En wat presies word bedoel met kreatief?

Toe gaan soek ek bietjie en kom HIEROP af. Doen gerus die toets, dis nogal interessant!

Kreatiewe mense gebruik die REGTERKANT van hulle brein meer as die LINKERKANT.

Volgens hierdie toets, is my linkerbrein se verhouding tot my regterbrein 60:40. Ek gebruik dus 60% van die tyd my linkerbrein en 40% my regterbrein.

My analise:

“You are more left-brained than right-brained. Your left brain controls the right side of your body. In addition to being known as left-brained, you are also known as a critical thinker who uses logic and sense to collect information. You are able to retain this information through the use of numbers, words, and symbols. You usually only see parts of the “whole” picture, but this is what guides you step-by-step in a logical manner to your conclusion. Concise words, numerical and written formulas and technological systems are often forms of expression for you. Some occupations usually held by a left-brained person include a lab scientist, banker, judge, lawyer, mathematician, librarian, and skating judge.”

Dis egter nie so eenvoudig nie, daar is ook linkerbrein/regterbrein persentasies wat bereken word deur die kombinasie van elke individuele punt van elke sub-kategorie van die twee breingedeeltes.

My Linkers:

Lineêr – 53% (my sterkste linkerbrein eienskap): You have strong ability in processing information from its parts to its whole in a straight, logical, and progressive manner. This process enables you to handle certain tasks easily, such as following and comprehending the lecture of a professor. When given a task you do not have to ask “why” but have the ability to jump right in and complete it.

Logies – 50%: When processing information using this method, you may consider the information before you and produce a logical answer, or you may tend to go with your gut. You may discover that you can “guess” your way through S.A.T. questions about as accurately as you can deduce them. It is important that you nurture your ability to use logic whenever it is needed, but do not neglect other methods of processing information if you hit a logical roadblock.

Sistematies – 35%: You show moderate ability to organize information sequentially. You are capable of processing information you receive in a systematic, logical order from first to last. However, at times you will process information you receive quite randomly, or may give it only a semblance of order. You are probably an average mathematician and speller, and may or may not enjoy tasks such as making “to-do” lists.

Verbaal – 34%: You have a moderate verbal ability. Using this method you process your thoughts and ideas with words. You tend to combine technical details with illustrations, depending on whatever strikes you. For instance, if giving directions, you might say, “Continue two miles east on Court Street and take a left at the McDonalds,” combining the exact details of street names and mileage with prominent landmarks.

Simboliek – 17%: You have difficulty processing the information of symbols, and would rather see the real object in order to understand. You probably hated algebra. For example, if solving a math problem, you need to “draw out” the problem to understand and solve it. You rely on the visualization of real objects instead of their symbols. Tasks such as memorizing vocabulary words or mathematical formulas are more difficult for you.

Realiteit – 14%: (my swakste linkerbrein eienskap): The information you process may lack a basis on reality, but it does open the door to creativity. You do not show much focus for rules and regulations and do not adjust well to change in the environment. In fact, upon experiencing change in the environment, it spurs you to try to change it yourself instead of adjusting to it. Whenever you become emotionally involved in project you are more likely to learn and succeed.

My Regters:

Fantasie georiënteerd – 40%: (my sterkste regterbrein eienskap) You have the ability to use both creativity and reality to process the information you receive. This is a unique gift that allows you to both focus on rules and regulations but to also act with creativity. You are able to adjust to change, even though you might not like it, and you can become emotionally involved in your work if it interests you.  

Nie-verbaal – 25%: When processing your thoughts and ideas, you use tend to use both illustrations and words. When giving directions, you probably use both visual illustrations such as, “keep going until you see a McDonalds on your right; then turn left at the Home Depot”, and technical terms such as, “travel for two miles and turn east onto First Street.”

Intuїsie – 20%: When you process information using this method, you do not rely on “gut” feelings but take the information and put it together piece by piece to form your conclusions. You often look at all of the different bits of information before piecing together your solution. You probably excel in such tasks as solving math problems and performing science experiments, because the intuitive method is not needed.

Toeval – 17%: You tend to not process data randomly, preferring instead to follow a systematic, logical order from first to last. You have difficulty making “leaps of logic” which prevents you from making unique discoveries, or adapt to change during your thinking process.

Holisties – 12%: You have difficulty seeing the whole picture, especially at the beginning of a project. You tend to process information you receive from its parts to its whole in a straight, progressive manner. When given a task, you tend to not bother asking “why,” but instinctively are able to do it.

Konkreet – 0% (my swakste regterbrein eienskap): When you process information you have received, the real object is not important to you. You do not have to use the real object to make sense of what you have processed. For example, if solving a math problem you do not have to “draw out” the problem in order to find or understand the answer, and you do not have to visualize something to understand it. However, this also means you often neglect the physical information provided by a concrete example. In other words, you may miss the forest for the trees, trying to deduce something complex when the answer is plain to see.

Ek stem nie met alles saam nie, maar dis BAIE naby aan hoe ek dink. So, is jy ‘n linkerbrein of is jy regterbrein?

Advertisements

22 Responses

  1. Left Brain 73% Right Brain 27% Geen wonder Lyfie verstaan my nie altyd so lekker nie

    Ek is bly ten minste een van die wetters is vasgetrek. Ek hoop hulle gooi hom met die boek, dalk help dit om die nodige closure te kry

  2. Ek is so deur mekaar soos kots in ‘n tuimeldroer.

    Ek is volgens die toets 49 % links en 51 % regs. Ek het my ma gebel en sy dink ek is links.

  3. Sonkind, interessant hoe die insident met Liefie jou op hierdie manier lateraal laat begin dink het. Sterkte met die statistiek issue en laat kreatiwiteit die oorhand kry. Ek weet nie wat jy doen vir stokperdjies nie en mag dalk ‘n wêreldberoemde kunstenaar wees maar op ‘n dag het ek so teneergedruk gevoel dat ek by ‘n kunswinkel ingeloop het, ‘n klein canvas, oliverf en kwaste gekoop het en toegelaat dat my gemoed die kleure meng en die kwaste lei. Sal geen pryse wen nie en nog net my vrou het dit al gesien maar die bevryding was die moeite werd.

  4. Die toets sê 40/60 link/regs…is dit hoekom ek met die maan gepla is ?

  5. Die toets se 35% links en 65% regs. Dit verklaar seker maar hoekom my koppie so bietjie raas 🙂 Baie van die goed in die analise is nogal waar…

  6. 30 % left brain and 70% right brain.WHATEVER!

  7. 47 left 53 right!!! 🙂 mos vir julle gesê alles is nie pluis hier bo nie

  8. O my koot. Ek ook Wip. 47% left en 53% right…

  9. Daar is nog baie sulke wonderlike polisielede. Wel, ek is bly daai krimineel was so stupid!

  10. Volgens die toets het ek omtrent nie ‘n regterbrein nie. 🙂

  11. Genade tog, sal ek nou weer so sukkel om te comment vanaand. Bring tog net die parafien dat ek die ding kan gas gee……

  12. Ok ‘skies Sonkind die vorige comment moes rerig nie gepost het nie, toe ek nou myself strip en k@k skryf toe gaan hy deur, red my siel.
    Wat ek wou sê, ek is saam met Wipneus en Roer 47% left, 53% right. Dit klink my dit kan ‘n goeie ding word….

  13. Ek weet nie of mens mag nie, maar gee vir die speurder ‘n geskenkie!

    Die toets sê ek is 41% links, 59% regs, terwyl ek ‘n werk doen waar ek meer links behoort te wees – g’n wonder dit voel asof e k nie daar hoort nie! Ek wonder net of die feit dat mens weet waarvoor jy die toets doen nie die resultaat beïnvloed nie.

    Van boeke gepraat vandag, onthou jy die ou boek Ver Vlam Die Oranje (my opskrif Amper Matrone Nortje se Pa) waarvan ek ‘n bladsy geplaas het en wat jy wou verder lees? Ek het nog ‘n eksemplaar raakgelook, ook vir omtrent R2. Ons moet hom net by jou kry dan kan julle hom rondstuur tussen die Kaapse bloggers.

  14. Pikkie hierso ek gooi vir jou parafien…. gaan ek, jy en Roer nou ‘n bende stig??

    Ek lag lekker vir Rosie sonder haar regterbrein!

    Son hierdie skrywe van jou het dinge laat gebeur!

  15. Die regterbreinbende… Fears man, fears. 😀
    NS Wat doen ons in hierdie bende? Pik ons op linkbreinmense? Ek kan nie wag nie! 👿

  16. Ekke is 55% links en 45% regs.

    Roer, moet asb nie op my pik nie. Het maar die stukkie uitgeprint dat ek dit mooi kan gaan study oor die linkerkant van my brein! 😉

    Sonkind, ek is bly hulle het die skelms gevang. Hoe gaan dit met jou Liefie?

  17. Klink lekker, aangesien die linkerbreine my altyd uithaal!

  18. Ok, ek “join” die regterbreinbende! 46% links en 54% regs.

  19. Leon – gewoonlik skryf ek as die lewe druk, en sommer ook as die lewe lekker is, maar hierdie keer was dit asof iets my woorde gesteel het. Dit kom darem nou stadigaan weer terug. My ma het altyd gesê ek is soos ‘n kurkprop, niks kry my permanent onder nie. Dis dalk ook hoekom ek dit nog regkry om positief te wees oor ons ou landjie, te midde van alles

    KoP, ek is oor 3 weke weer daar bo in jou wêreld, sal jou mail en dan kan ons dalk reël dat ek die boek by jou kry – ek sien nogal BAIE uit daarna om dit te lees en sal dit dan weer hier onder aanstuur na die ander bloggers. Miskien moet ons bloggers iets soos ‘n leeskring maak, sal nogals interessant wees om een keer ‘n maand of so, ‘n spesifieke boek te bespreek.

    Lyk my ons Linkerbreiners sal moet saamstaan teen Roer se Regterbrein Rowers 😆

  20. Haai meisie, en jy was so vies vir die speurder aan die begin. Wys jou, takseer niemand sommer op die eerste kyk nie, ne!

    Kyk, en kyk weer.

    Ek hoop die bliksem kry wat hom toekom. Enigiemand wat ‘n gun teen ‘n ander ou se kop druk om ‘n misdaad te pleeg, verdien die slegste sleg. Met my komplimente.

  21. Bende? Ek wou nog altyd aan ‘n bende behoort….wie is in my bende en wat is ons naam?

  22. O ek sien Roer wil op ons pik, asb nie, tog hap of lek eerder :))

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: