Luister die engele nog?

Ek praat met die engele, maar ek weet nie meer of hulle luister nie. Hoe leeg is dolleeg? So leeg soos my kop raak as ek sien hoe swaar kry iemand vir wie ek lief is en ek weet nie hoe om te help nie. Hoe vol is propvol? So vol soos wat my hart raak van hartseer omdat ek wens ek kon die stukkend regmaak, maar ek weet nie hoe nie.

Advertisements

7 Responses

  1. Die engele luister defnitief. Hulle sit angstig en wag op ons opdragte. Ons moet hulle net uitstuur. Gee hulle opdrag om ‘n vergadering vir jou voor te berei. Dank God dat Hy elke dag en nag die engele opdrag gee om jou en jou eiendom te bewaak. Engele is om ons en deel van ons

  2. Ek moét glo dat die engele nog luister. As ek dit nie meer glo nie, dan is daar niks oor nie.

  3. Ek glo in engele!!! Hulle luister (((Son))) ….
    Sterkte 🙂

  4. Hulle luister Sonkind
    Ek dink die probleem lê by ons wat hulle kronies ont-eien of ignoreer….

  5. Sterk staan ((((Sonkind)))), ek sal saam met jou bid dat jou engele gou by jou uitkom…

  6. Engele werk saam met Tyd. Met tyd en geduld en ondersteuning staan die wat geval het, weer op. Engele werk deur jou en deur my vir ander en deur ander vir jou en vir my. Maar die instrument om hierdie leeg weer vol te maak, is tyd. En met tyd sal die seer vervaag tot net ‘n dowwe klop. Die dowwe klop en die letsel sal bly om jou te herinner dat daar ewig aan jou gekap en geslyp word om jou die mens te maak wat jy is. In daardie herinnering lê die bevestiging dat jy die moeite werd is om aan gekap en geslyp te word. Ja, en deur alles heen is die Engele net so ver as wat jy glo hulle is.

  7. Son

    As die engele for some reason nie meer luister nie… God wel.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: