Gooi weg jou kierie

“People only see what they are prepared to see” – Ralph Waldo Emerson 1803-1882

‘n Man is blind gebore. Sy wêreld het reuk en klank ingesluit, maar hy het geen begrip gehad van lig of kleur of skoonheid nie. Hy het nog nooit bloeisels aan die bome gesien in lentetyd nie, of die goud, rooi en geel prag van die blare in die herfs nie, of die goue-geelbruin van die grasvelde van die hoëveld in die winter nie. Die unieke hoop van ‘n sonsopkoms oor die see of die prag van ‘n sonsondergang in ‘n stowwerige woestyn, was onbekend aan hom. Hy het nog nooit wolke gesien nie, ook nie die sagte val van reën of die skielike helder flits van weerlig of die vele kleure van ‘n reenboog nie. Hy kon nog nooit net sit en kyk na water nie … in stil helder poele of in ‘n murmelende stroompie of in die stadige vloei van die oseaan nie. Hy het nog nooit die see gesien en gesien hoe breek die branders nie.

Hy het in ‘n donker ruimte geleef, onbewus van wat hy mis, tot op ‘n dag toe die dokters uitvind hoe om sy blindheid te genees.

Die spesialis het hom vertel presies hoe die operasie gedoen gaan word. Hoe lank dit gaan neem, wat gaan gebeur en hoe, maar dit het gelyk asof die man teensinnig is om die operasie te laat doen. Die dokter het sy familie en vriende se hulp gevra om hom te oorreed en te vertel hoe wonderlik dit sal wees om te kan sien. Hoe meer hulle aan hom verduidelik het, hoe meer verward het hy geword. Hy het geen begrip gehad van rollende, groen heuwels nie, hy het geen idee gehad van ‘n mistige, blou oseaan nie, hy het net geweet wat nat beteken. Hy het geen bewustheid gehad van lekkende rooi en geel vlamme in ‘n kaggel nie, hy het net geweet wat warm en brand beteken.

Sy vriende en familie het ergerlik geraak met hom, sy dokter was besorgd en die spesialis het gedink die man is ondankbaar.

Uiteindelik het die man ‘n vraag gevra: “Sal ek nog my kierie kan gebruik? Ek wil nie kan sien as ek nie my kierie kan gebruik nie.” Vir meer as veertig jaar het hy vertrou op die leiding van sy wit kierie. Dit het hom gehelp om afstand en diepte te skat; dit het hom gehelp om hindernisse in sy pad te onderskei van leë ruimtes: dit het hom gehelp om grootte en vorm en dimensies te skat.

Sy kierie was sy oë. Alles wat hy van die wêreld waargeneem het, was gebaseer op dit wat sy kierie hom help waarneem het. Die gedagte dat hy sy kierie moes opgee, het hom vreesbevange gelaat. Die gedagte dat hy sonder hierdie leiding moes lewe, was vir hom vreesaanjaend.

“Ja”, het die spesialis gesê. “Jy kan steeds jou kierie gebruik as jy wil, vir solank as wat jy wil. Mettertyd sal jy dalk daarvan ontslae wil raak, maar dit sal jou keuse bly.”

Die blinde man moes nou ‘n keuse maak. Om vir die eerste keer te kon sien. Om die prag en skoonheid en grootsheid van die wëreld van sig te betree of om te bly soos wat hy is … in duisternis.

Watter opsie het hy gekies?

Watter opsie sou jy gekies het? Jy sien (‘pardon the pun’) soos die blinde man in die storie, gebruik sommige van ons ook ‘n kierie om mee oor die weg te kom in hierdie wêreld, ons kieries help ons ook ‘sien’.

Ons kieries is toegedraai in die vrese en vertwyfelings wat ons toelaat om ons lewens te reël. Ons dink ons kieries hou ons veilig omdat dit ons beskerm daarteen om risikos te neem. Dit weerhou ons daarvan om nuwe keuses te maak, nuwe oplossings te vind, nuwe opsies te oorweeg. In werklikheid hou ons kieries ons stewig vasgevang in ons groef, terwyl ons navigeer tussen die mure van vrees en twyfel, verby oop deure of nuwe geleenthede skarrel so vinnig as wat ons kan, terug na die veiligheid van ons groef.

Nou dat jy weet daar is ‘n helderder, wyer, meer opwindende wêreld anderkant die reikwydte van jou kierie, wat gaan jy doen?

{Met erkenning aan Alchemie Solutions}

Advertisements

7 Responses

  1. Laat mens dink, nê!

  2. Dis ‘n ongelooflike inskrywing, dis so raak beskryf en opgesom. Dit het my aan die dink gesit… Dankie Sonkind. 🙂

  3. Baie nice inskrywing…dit laat mens nogal dink! Ek dink ek kan se dat ek lankal my kierie weggegooi het, wel ‘n groot deel daarvan in elk geval 😉

  4. Hierdie kierie storie het my ook laat nadink…..klou ek ook dalkies vas aan ‘n kierie nie.

    Lekker naweek! (Baie dankie vir my goedjies!)

  5. As ek dan die storie letterlik kan opneem. Daar is bv dowes wat verkies om doof deur die lewe te gaan en wat hulle kinders ook doof hou. Die rede is dat hulle die dowe kultuur wil beskerm. As niemand weer gebare taal gaan gebruik nie, gaan dit uitsterf. Daarvoor is hulle bereid om doof te bly.

    Dit moet vreesbevange wees om alles te kan sien. Mens sal seker dronk word van die warboel. Gaan jou lewe regtig beter wees as jy nie meer blind is nie? Dit kan dalk erger wees. Dan vang jy grashalms en verskonings. Niemand gaan jou tog glo as jy blind wil wees nie.

  6. Dis ‘n heerlike stuk, met kierie en al…of gooi mens by die lees daarvan jou kierie al so stuk-stuk weg? En aan die einde is jy, weet jy, jy moet kierie-gespeen wees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: