Kerkblaadjie Blapse

Ja, ja ek weet, “copy en paste” is nou regtig nie kreatief nie, maar my kreatiewe ‘juices’ is als gister in my haiku in en hierdie is goed genoeg om te deel.

 

Dis blapse uit kerke se afkondigingslyste:

 

Vir alle ma’s wat klein kindertjies het en dit nie weet nie – ons het ‘n moederskamer net langs die kerk. 

Die blomme in die kerk sal geskenk word aan diegene wat siek is na die erediens.

Volgende week word die kerkraadsvergadering Woensdag om sewe-uur gehou en die predikant van Sondag is in die konsistorie opgeplak.  

Basaarafkondiging: Almal welkom! Kom gerus as jy niks aanhet nie en kom deel in die pret.

Ons gemeente gaan vanaand lekker melkskommels in die kerksaal drink. Sal alle vroue wat melk skenk asseblief reeds om 18h00 daar wees.

Ons het vanaand ‘n byeenkoms in beide die oostelike vleuel en die westelike vleuel van ons kerkgebou. Babas sal beide kante gedoop word. Alle vrouelidmate kom Woensdag die elfde in die biblioteeksaal bymekaar vir ‘n praatjie oor die hemel. Hoe kan jy daar kom? Vervoer sal om 19h00 beskikbaar wees vanaf die bushalte oorkant die hotel.

 

Eerskomende Sondag sal daar ‘n spesiale kooruitvoering wees, waarna die kerk gesluit sal wees vir herstelwerk. 

Weight Watchers het weer vanaand hulle byeenkoms in die saal. Gebruik asseblief die dubbeldeure van die syingang.

 

November die negentiende om tienuur.

Oggenddiens : Ds. Bruwer – Die wêreld se grootste probleem.

Advertisements

8 Responses

  1. Whahahaha…. dis so snaaks, dis hoekom ek mal is oor Afrikaans!

  2. Het ek ‘n dirty mind? Daai melkskommel een het my laat skaterlag!

  3. Hehe, die basaarafkondiging 😆

  4. Weight Watchers, dubbel deure??? Die kerk sal herstel moet word na daardie lawaai, stukkende vensters dalk? 😀 whaaaahaahaaa

  5. very funny indeed! 😆
    ek het so bietjie huiswerkies vir jou…
    http://kaalvoetinireen.wordpress.com/2008/04/10/die-agtoggie-dinge-tag/

  6. Sowwy……………… maar jy’s ‘getag’!!!!!! En gryp sommer vir basil ook… hy’s OOK getag!!!! En tough shit as jy klaar getag is!!!

  7. Die basaarafkondiging klink na vet pret! 🙄

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: