Prentjie Tag

Ek dink Dellie het die ding begin en so beland ek toe by Wipneus in die tag ry. Ek moet iets teken by Paint. Ek het so gedoen, maar ek is GEEN kunstenaar nie, so as hierdie vir julle lyk soos ‘n Graad 1 se tekening, sal dit my min verbaas.

Natuurlik is dit my berg, maar dis nie sommer net my berg nie, dis 6 April 1652. Wie van julle weet darem nog wat het op 6 April 1652 gebeur?

6-april-16521.jpg

Ek moet nou 4 ander tag, so, as julle reeds ge-tag is, jammer, maar gaan voort en teken! Ek tag die volgende:

Skoor      Jo-Ann       en    Da Mario

Lekker teken!

7 Responses

  1. Die Ryger, die Tyger en die Titanic land aan die Kaap van storms. En die kinders het popcorn gevreet en coke gedrink. Almal was daar, PW, FW, die Pous, Madiba en Ronald Reagen. Almal het speeches gemaak, en die aand het hulle by La Romantica in Stellenbosch gaan eet

  2. Ek laaik jou prentjie oor ‘n 100! Baie oorspronklik.

    Die Ryger, Tyger en Drommedinges kom kuier hier. Aan wal staan die boogskutter, die harpspeler en hulle baba.

    Sonkind, ek moet net weer se, dat ek regtig gedink het die ligpers-moermeter-goed gebeur net met my, regtig. Ek is so bly ek is nie alleen nie.

  3. Oulik. Ek dink Anton Goosen het gesê die ding wat ou Jan die meeste gelaaik het was die potjiekos daar, so jy moet hom nog inteken!

  4. Ek sien ek kan ook nie meer lekker tel nie. KoP, ek tag jou nou amptelik as die 4de persoon 🙂

    Rosa, (ek hou van die harpspeler!) die ligpers-moermeter ding oorval my so elke dan en wan, eintlik omdat ek onbevoegdheid haat meer as enige iets en nou is almal in ons ou landjie deesdae tog SO bevoeg.

    Pollie het toe darem vandag blitsig die 3 lisensies in die Paarl gekry, sonder dat die moermeter eers effentjies gelig het 😆

    Jaco, ek het so naby as bliksem aan demmit amper daai derde bootjie Titanic genoem, want ek kon vir ‘n wyle glad nie onthou dit was die Drommedaris nie!

  5. Juffrou het gekom Sonkind. Mmmm goeie gebruik van kleur en baie oorspronklik definitief A+

    ha ha Sonnie ek moes geweet het jy gaan daai berg vir ons teken! Ekstra werkie vir jou gee jou skildery nou ‘n naam?

  6. Jinne Sonkind, dis oulik, my prentjie sal seker heel laaste kom, maar ekke sal my huiswerk getrou doen!

    Bly jy het die lisensies uit gesort! 🙂

  7. Baie oulik Son! Dis mos nou kreatief. 😀

Lewer kommentaar op Roer Kanselleer antwoord