Ligpers Moermeter

Hierdie week was ‘n helse week so ver en vandag is nie Donderdag nie, dis Dondersedag. Voor 10 was my moermeter pers ge’rev’, nevermind rooi.

Soos ou tant Sophia van die “Golden Girls” altyd vir Blanche en Dorothy gesê het: “Picture this…”

In my huis is daar twee motors en een Vuka Scuta., een vir my, een vir Liefie en een (die scooter) vir Megan. Megan en Liefie se rydinge se lisensies verval end Februarie en myne verval end Maart, dus MOES Liefie en Megan se rydinge se lisensies alreeds teen 21 Maart hernu gewees het, maar op daardie datum en ook die week daarna, sit Kiepie (dis wie Sonkind vandag is) mos in Johannesburg en niemand hernu lisensies nie. Nie omdat hulle nie fisies in staat daartoe is nie, bloot net omdat Kiepie dit altyd doen.

So, hierdie week is dit prioriteit op Kiepie se lys om AL die voertuie se lisensies te hernu, maar van Maandag tot Woensdag werk Kiepie aan ‘n belangrike projek tot elke aand 11 uur, so bedags en saans lig Kiepie se boude nie van haar stoel af nie. Vanoggend, op Dondersedag, is Kiepie se hande vir die eerste keer los en sy sit af na Durbanville se verkeersdepartement, want dit is waar sy laas jaar die lisensies hernu het.

Kiepie staan ewe geduldig in die ry, daar is 5 mense voor haar. Toe sy uiteindelik doodgeduldig voorkom, moet sy hoor dat hulle ongelukkig nie meer motorlisensies hier hernu nie en dat sy na die munisipaliteit toe moet gaan. Kiepie vra waar is die munisipaliteit en die dame antwoord dis langs die biblioteek. Nou weet Kiepie flippin PRESIES waar dit is. Gelukkig het Kiepie ‘n neus vir boeke, so sy kry die biblioteek en in effek dus die munisipaliteit ook.

Kiepie gaan staan weer in die ry, die keer is daar 6 mense voor haar. Toe sy derde van voor is, WOEPS! Jammer mense, die SARS stelsel het sopas afgegaan, Nee, ons weet nie hoe lank dit kan afbly nie, gister was dit vir drie ure af. ‘Ons’ lyk ook nie baie gepla nie, een van ‘ons’ begin haar kougom al hoe harder kou en die ander ‘ons’ begin sms’e tik op sy selfoon. En nee, al die ‘onse’ is wit, so ek kan ook nie eers ‘n rassistiese aanval kry nie!

Kiepie besluit toe om nie te wag tot die ‘onse’ weer lewe kry nie en maar haar soektog na hernude lisensies verder te gaan aanpak, darem gelukkig per motor en nie per voet nie. Die naasbeste opsie is toe Brackenfell en gelukkig weet Kiepie darem nou al sy moet na die mislikepaliteit toe gaan. Kiepie jaag teen die spoed van wit lig Brackenfell toe, dis so 20 km verder. Oppad jaag sy boonop by ‘n spietkop met ‘n radar verby, maar sy stelsel werk seker ook nie, want wonder bo wonder stop hy haar nie.

By Brackenfell gaan sy eers by die kliniek in, maar besef gelukkig gou haar fout en dat sy vir lisensies gekom het en nie pille nie. Een gebou verder kom sy uiteindelik by die regte kantoor uit en gaan staan weer uitasem in die ry. Nou is daar 8 mense voor haar. En sy staan en sy staan en toe sy 5de van voor is, WOEPS. Yes, make my day! Raai nou reg.

ESKOM sit die f&^%n krag af vir bull, ag ek bedoel loadshedding!!!

Kiepie het ‘n onaardse gil gegee en uitgestorm, voor enige iemand iets kon doen, sê of vra. Sy het in haar motor gespring en teruggejaag kantoor toe en gehoop ‘n spietkop stop haar hierdie keer sodat sy net iemand kan kry om aan te rand.

Kiepie se moermeter het nou darem al met hierdie skrywe gesak van Ligpers na Ligrooi . Kiepie het besluit more is sy Pollie en gaan sy Paarl toe!

Advertisements

20 Responses

  1. As ek die liefie was, het ek eerder vanaand uit jou pad gebly. Ek hoop pollie het meer geluk in die Paarl

  2. Hi! Ek sit sonder liggies en lees blogs op die sel. Ek het nou lekker gelag. Solank ons, al tas ons in die donker rond, nog kan lag, is die saak nog reg.

  3. sonkind, sorry ek moes jou tag

  4. Ha ha dis ons land, so uniek!!

  5. Ek dink liefie moet gestraf word. 😛

    Haai, nee, ek kan dit sowaar nie glo nie! Maar dit laat my darem lekker lag…

  6. …ek ga’ saam, ek ga’ saam. Onthou dat ek jou die joke vertel.

    Lekker Paarl, as dit so warm daar is soos vandag, dan gaan jy mos ‘n jol he, jy likes mos die somer!

  7. Dis lekker om ‘n Kiepie te wees, te wees…..so gaan die liedjie… flip ek het nou lekker gelag.

    Kannie wag vir Pollie se rapport nie

  8. O koek, toe lag ek vir Poppedyn skoon aan die skree! Skies vir jou moermeter. Drink maar ‘n Coke, Brrrrrrrrr!
    (K@k grap, alweer skies!)

  9. shoe, nou so n dag verdien n lang bad in bubbles!

  10. Ek weet wat sal vir jou help, want ek het nou net een gekry en dit voel of ek sweef. ‘n Kop massage! Sterkte. 😀

  11. Skies, maar ek moes ook lag. Gelukkig is jy môre Pollie (die Paarl is darem nie te ver) en nie die Witboskraai nie… Hehe

    Hoop jou dag lyk sommer baie beter môre.

    (Het jy die SMS gekry? Ek het onverwags mense gekry, kon nie sien of hy deurgegaan het nie?)

  12. Ek sal maar vir jou sê soos oom Danie Smuts altyd in Bosveldwinkel gesê het: Bedaar, vrou, bedaar!

  13. EISH. Eerder jy as ek.

  14. Sonkind, hoop vandag is jou moermeter darem al nader aan die groen kant. Hoop jy kom vandag reg.

    Dankie vir die lekker giggel vandag, het dit nodig gehad!

  15. Hehehe!!!! Join the club suster!!!

    Is oorlat ek nog steeds wag virie wyn dat jy so ‘sukkel! 🙂

  16. Dankie almal, die moermeter het vandag gerus en die lisensies is uiteindelik op en die rydinge weer wettig op die pad.

    Skoor, wanneer gaan ons? En is daar kreef daar waar ons gaan?

    WnB, ek het gekry en ek het sommer gebel. Dankie!

    Platt – ek het jou verlede week gebel, maar toe was jy “unavailable” 🙂 Ek sien jou 14 April, so hou reg die Tequila, of moet ek wyn bring? Ek dink ek en jy moet Monte Casino op horings gaan neem! 😈

  17. hehe! Ek wag! Tequila! Heeehaaaa! Die slag kom duik ek jou uit die guesthouse uit! Over and out! *grinz*

  18. So tannie, hoe lank is jou tande, en hoe vokieng skerp is jou naels deesdae?

    Ek sien jy tease nogsteeds jou hare sommer so met die opstaan in die oggend, maar se vir ou Vokof of ek darem hier kan ronddwaal sonder ‘n vokin dwaalkoeel wat my gaan tref!?

  19. Nee wat, vokof, ek bang jou lankal nie meer nie. Hoe sê hulle nou weer: “Bekend maak bemind.”

    Tande is stomp van ouderdom, naels is afgekou van senuwees, hare is uitgeval van stres. So ja, jy kan veilig hier ronddwaal, want die ou oë sien ook nie meer so lekker nie, so ek skiet maar meestal mis. 😉

  20. You’ve kissed and made up! Hoe mooi… 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: