Ek’s moeg en ek verlang

My dag het al vanoggend vieruur begin. Ek het met ‘n swaar gemoed uit my warm bed opgestaan. Vyf uur het die Liefie my afgelaai by die lughawe, want kwart oor 6 was my vlug. Baie dankie Liefie, dat jy so vroeg opgestaan het vir my, veral omdat jy hierdie week laat werk en eintlik self eers nege uur hoef te gaan werk het.

Hierdie keer was die weer mooi en die vliegtuie betyds. Vandag het ek op Lanseria geland, moenie my vra hoekom nie, die maatskappy doen partykeer die snaakste dinge. Maar dit was nogals ‘n aangename ondervinding. Dit is die eerste keer in my lewe wat ek op Lanseria kom. Die lughawe is klein, maar silwerskoon en alles verloop glad en vinnig en die verkeer kantoor toe was rustig. Dis net die pad wat party plekke lelike slaggate in het. Ek het ‘n mooier deel van Johannesburg gesien as wat ek altyd sien van OR Tambo af.

So gepraat van OR Tambo, terwyl ek by Lanseria wag vir die drywer, hoor ek hierdie ouerige man vir iemand op sy selfoon se: “My ou maat, volgende keer moet hulle liewers op Jan Smuts land, dis net 8 km van my huis af, terwyl hierdie (Lanseria) amper 50 km ver is.”

Jan Smuts? Jan Smuts!? Vir ‘n oomblik het ek gewonder waarvan praat die man en toe onthou ek dit is natuurlik OR Tambo, voorheen Johannesburg International, voorheen Jan Smuts lughawe. Kan dit regtig al so lank gelede wees dat mens al kon vergeet wat die naam eers was? Gaan ons een van die dae glad nie meer onthou wat seker plekke, strate en goed se naam voorheen was nie?  Dit maak my so effe hartseer, maar nou ja, ek het nie veel nodig om hartseer te voel as ek weg is van my huis af nie.

Ek is moeg en wag net vir Liefie om te bel, sodat ek my battery bietjie kan laai met sy stem. Hierdie is te veel weg van my huis vir my, te kort op mekaar. Na Liefie se liefie gaan ek slaap, want more as ek wakker word kan ek se^, more gaan ek huis toe!

PS. Ek het vergeet om te vertel dat ek vandag darem ook ‘n belangrike mylpaal bereik het – ek het SELF in Johannesburg bestuur! En op een plek het ek selfs ingedruk ook en vinnig versnel en voorgebly! Noddy badge vir my op daai een 😆

Advertisements

19 Responses

  1. Ek hoop Liefie lief jou goed, jy slaap lekker en jy het ‘n veilige vlug terug…

  2. Ag jong, dis darem net ‘n kwessie van ure! Byt net vas!

  3. Ek hoop jy voel beter vandag, More gaan jy huistoe!! Dis nie altyd lekker om van die huis af weg te wees nie, en you girl, om in JHB te ry, ek durf dit nie.

  4. Troos jouself daaraan Son… Ek moes ook 4uur opstaan om JHB toe te ry. Hoop jy het vir my gewaai uit daai vliegtuig uit want julle sou reg bo-oor my vlieg. As jy nie het nie, onthou nou volgende keer!

    Sterkte en mag JHB vir jou nie te traumaties wees nie.

  5. Sonkind

    Jy moet seker wegkwyn sonder die berg en die see wind. O ja, en sonder Liefie.

    Geluk dat jy JHB se verkeer oorleef het.

  6. Bring hulde aan arme Bertus Melk. HIer:
    http;//bertusmelk.wordpress.com

  7. Sonkind, baie trots op jou dat jy die verkeer aangedurf het.

    Jinne jong, more is net om die draai dan is jy weer oppad huis toe.

  8. Welkom terug, die weer lyk immers beter hierdie keer. Nog net een slapie…

    Trots op jou Johannesburg-bestuur. Ek het gisteraand sleg verdwaal vanaf Sandton, iets het iewers erg fout gegaan met my GPS, vandag is my kaartboek weer terug in my motor. My GPS het my sleg bederf, ek konsentreer nie meer waarheen ek ry nie.

    Lekker dag vir jou.

  9. Jy is baie dapperder as ek! Ek weier volstrek om te bestuur in JHB.

    More gaan jy huistoe! Uithou, moedhou, kophou, dis om die draai! 😉

  10. Kaap Weer Update:

    Die herfsluggie flirt met die blare wat ritmies die sonstrale koes.

    Die dag is sag. Soos ‘n vrou se hand.

    Die aand roep vir ‘n vuurtjie. Want die skemerte het tandjies….

  11. Nou ek dog dan jy gaan elke keer net ‘n week in ‘n maand opkom Gauteng toe, of het ek dit mis? Gelukkig is hierdie ‘n “kortwiek”, geniet hom!

    Kan iemand my vertel hoe ‘n GPS jou by Gilhooley’s weer terug op die N1 Pta kry, dis nou as jy van die lughawe af kom wat hulle op die oomblik O.T. Tambo noem en bv. met die Westelike verbypad wil kom Roodepoort toe, want jy het presies ‘n paar meter om baan te verander! Ek reken sy sal sê: Turn left, turn left, oops, you’re *****d!

  12. NASKRIF

    Vind bietjie Sarah McLachlan se ‘Answer’ en speel daai vanaand – ek sien jyt Angel hier op jou blog.

    Answer is gorgeous, amazing en powerful. Jammer vir die ingels, maar spierverslappers laat my skanse val!

  13. KoP, ja dis veronderstel om so te wees, maar hierdie week was dit training vir al vier mense in my span. Dis darem net eenmalig. Die ander drie het eers gisteraand 11 uur hier aangekom, so vandag was BAIE beter, want ek het 3 ander Capeys saam met my gehad en vanoggend en vanmiddag se bestuur was “peanuts” met 3 navigators in die kar. Ek vermoed die ander bestuurders op die pad het gedink hier kom ‘n Tazz met 4 ontsnaptes uit die gestig. Anderdag vertel ek die hele storie 😆

    Skoor, loop loer by my post oor The Brave One so ruk terug, daar is Answer. Ek VREK oor daai song, maar ek sal my doodhuil as ek hier daarna moet luister.

    Pikkelik, Boendoe, Karoles, Nico, Adrie, Zee, WnB en Dellie, baie dankie vir julle aanmoediging. Een van die dae is ek ‘n gesoute Johannesburgse bestuurder, het selfs vandag voor ‘n taxi ingedraai – Russian Roulette! 😈

  14. Sonkind, ek is al so lank woonagtig buite die SA grense dat ek skoon verdwaal elke keer as ek daar aanland. Name, plekke, ontwikkeling….

    Dit het nie lank gevat om vervreemd te raak nie…

  15. Ek het verlede week vir die eerste keer op Lanseria geland en weer daarvandaan gevlieg, ek sal nooit weer OR Tambo toe vlieg as ek dit kan help nie.

    Verkeer geen probleem op die R28 nie, parkering volop en naby en heerlik gerieflike plek waar jy wag, met gratis koffie, tee en internet.

  16. Jy’s baie oulik dat jy self in Johannesburg kan bestuur. Ek gaan dit nie waag voordat ek ‘n GPS het nie, en miskien selfs nie eers dan nie.

    Ek dink ook Lanseria is baie lekker. Jy kry die lekkerste koffie verniet in ‘n aangename sitkamer met gratis Internettoegang as jy uit Lanseria vloeg Kaap toe op Kulula.com. Dit voel soos eersteklas, maar sonder die snobbisme.

  17. Nobby bagde en beker vir jou, bestuur in JHB is vir my ook ‘n nagmerrie.

  18. As jy hier in Gauteng bestuur, moet mens maar maak soos die res, anders word jy van die pad af gery! Gelukkig is Pretoria darem baie beter as Johannesburg!

  19. Tania en Maankind. dankie dat julle my vertel van die koffie en internet. Die volgende 2 maande (April en Mei) vlieg ek elke keer met Kulula na Lanseria en weer vanaf Lanseria. So, ek sal beslis gebruik maak van daardie geriewe 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: