Death Sentence

Hoe ver sal jy gaan om jou familie te beskerm? Wat as jy juis deur jou verdere optrede die mense wat die naaste aan jou is, se lewens in gevaar stel, maar jy nog steeds nie kan “let go” nie? Hoe ver kan een mens gedryf word as hy dink hy het niks om te verloor nie?

Ons het gisteraand “Death Sentence” gekyk, en alhoewel ek dink plek-plek is die fliek effe oorgedramatiseer, was dit beslis die kyk werd. Dit het my laat besef hoe diep ‘n mens se beskermingsdrang teenoor jou geliefdes lê. Maar dit het my ook laat besef dat ‘n mens moet weet waar om die streep te trek as dit by wraak kom.

Nick Hume (gespeel deur Kevin Bacon) is ‘n gematigde, liefdevolle man en pa van twee seuns. Tot een aand wat sy hele lewe verander toe hy moet toekyk hoe sy oudste seun vermoor word in ‘n bende se inisiasie rite, bloot omdat hy en sy seun op die verkeerde tyd op die verkeerde plek was.

Nick besef dat die polisie en die wet nie by magte is om die bendelede die straf te gee wat hulle toekom nie en hy begin sy eie vendetta, met grusame gevolge.

Hier is ‘n voorsmakie van die fliek.

Advertisements

9 Responses

  1. Dis nogal ‘n interesante onderwerp die, een wat mens nogal laat dink nê? Ek dink in ons landjie moet daar baie mense wees wat so voel, wat miskien iemand deur geweldadige misdaad verloor het. Een ding is seker, in ons agterlike Suid-Aapland sal jy beslis gearresteer word en ‘n moord-saak teen jou geopen word indien jy jou inbreker of verkragter noodlottig sou beseer in jou poging tot selfbeskerming. En indien jy hom net beseer en hy oorleef kla hy jou sommer aan vir aanranding! Dis nou maar hoe dit is. Lees bietjie wat het met hierdie verslaggewer van The Times gebeur het.
    http://blogs.thetimes.co.za/khumalo/2008/03/12/tackling-criminals-will-only-get-you-sued/

  2. Interessant….. maar seriously, ek sal MOOR vir ‘my’ mense……. so, death sentence beslis JA!!!!

  3. […] die bal aan die rol te sit, tag ons dus onverwyld die volgende bloggers: Sonkind, Die Gestorwe Soldaat, RightSaidReverend en Rosalind […]

  4. Ek dink nie ek sal kan weerwraak beplan oor weke of maande nie, maar as ek NOU sien iemand doen iets aan een van my geliefdes, sal ek definitief moor.

  5. Moeilike een. Ek sal beslis nie handjies gevou sit nie (stel ‘n speurder aan of so iets), maar jy sal moet dink aan jou ander kinders en geliefdes. Soos die vrou vir Kevin se^ “you’ve started a war”. As Christen word ons geleer om te vergewe. Ek weet nie of ek sal kan nie. Mag ek NOOIT in so situasie geplaas word nie.

  6. Ek sal vergelding soek, let wel vergelding nie geregtigheid nie. Ten spyte van al my mooi woordjies hier op die blogosfeer. As die regstelsel dit nie kan gee nie, sal ek dit op ander maniere soek.

    Dit is nogal skrikwekkend om so nugter na jouself te moet kyk, en te moet sien dat net onder die oppervlak jy eintlik ook maar net ‘n barbaar is.

  7. Hoef nie eers twee keer te dink nie. Ek is ‘n ma – nie ‘n masjien nie. Ek is ‘n vrou nie ‘n klip nie, en my vergeldingsdrang sal inskop soos ‘n warm bier op ‘n snikhete dag. Niks en niemand sal my kan keer nie, my man en kinders is my wêreld en kom neuk met my wêreld en jy sal met ‘n mal mens te doen kry. Dit klink seker woes maar magtig mens word bang. Bang vir wat ander aan jou eie kan doen, en bo alles dink ek nogal bang vir jouself.

    Mag die Vader gee dat ek nooit in so ‘n situasie kom nie! Ek sal of in die tronk of in ‘n instituut eindig…

  8. Oi! Jy is besonder stil?

  9. Nice fliekie ja. Het jy “Death Wish” met Charles Bronson ooit gesien? Hierdie was die tweede boek van dieselfde skrywer – Brian Garfield. (Al die ander Death Wishes was deur ander skrywers geskryf).

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: