Verlange

Verlange lê in ‘n reuk.

Verlange na ‘n geliefde wat dood of sommer net weg is, as die reuk van daardie persoon se parfuum of naskeermiddel skielik tussen ander mense verby jou warrel. Jy ruk tot stilstand en die onthou hardloop bo-oor jou. Jy vergeet waarheen jy oppad was of waarvandaan jy gekom het. Jy staan in jou spore versteen en jy lewe ‘n halwe leeftyd in sekondes. Mense loop in jou vas en jy beweeg soos ‘n slaapwandelaar vorentoe, maar die wond bloei rooi, die roof is weg, al het jy gedink dis lankal gesond. En soos jy loop, bloei jou hart uit agter jou. As mense kon sien, sou hulle jou bloedspoor kon volg. Maar mense sien nie.

Advertisements

18 Responses

  1. Hey!

    Kappertjies en kaneel – my ma.

    🙂

  2. Pyptabak., fox en rum&maple gemeng. My PA.
    Gets me every time.

    Kragtige post.

  3. Musk – my ouma.

    Daar’s eintlik so baie…

  4. Ai tog. Ek sien mense wat weg is soms aan ander se klere, of miskien in ‘n gebaar. Of miskien in die manier hoe hulle stap.

  5. Hierdie is ‘n mooi blog.

  6. Die neus is die hart se Judas, keer-op-keer.

  7. Die ergste is as ‘n verhouding verby is, en jy alleen stap, en die ander party skielik ruik. En dan met ‘n seer pyn deur die hart die skare rondom jou deursoek, net om te weet iemand anders koop ook daai geur in ‘n bottel. Die unieke geur waarin jou neus vir jare se nagte gele en asem intrek het.

    Of my ouma se huis, wanneer die skorsies en die aartappels in die vleis se pot gegooi word, daai veilige ‘ons eet netnou’ reuk.

    Of die reuk van vars gevalde sneeu. Dit ruik so skoon.

    Oh man, of die reuk van vergete kreef aas na ‘n warm dag! Daai is nou vir jou ‘n passion killer. Jy wonder of jy lus het om weer see toe te gaan!

  8. My reuksintuig is ‘n satynkussingkie in my geheue, die oomblik wat my vingerpunte daaroor streel herleef ek die soetigheid van onthou; ervaar ek ongelooflike teerheid wanneer twee pare oë mekaar ontmoet, verwelkom, mekaar se teenwoordigheid indrink, omhels en bemin.

  9. Fenjel badolie – my ma.

  10. Was nou net by Vygie en toe laat sy my na my ouma verlang met die ligpers haartjies.
    As ek Oil of Olay ruik dan dink aan haar.

  11. My ma was ook ‘n Fenjal meisie – ek het haar noudie dag weer ‘n bottel gegee vir ‘onthou jy nog’.

  12. Sonkind jy praat van as mense jou seer kon sien, maar hulle sien nie. Soms as mens die seerste het sien ander mense dit nie, dit is net jou eie seer. Dis net jou weet.

    Ek kan nie ‘n skaapboud ruik of eet sonder om my ouma te sien waar sy hom staan en sny nie nie.

  13. Sonkind, jy het nou regtig baie mooi beskryf hoe die meeste van ons voel. Tot op die laaste druppel bloed.

  14. My ma het ook geruik na Fenjal, sy’s 10j terug oorlede en ek het ‘n bottel gaan koop, ruik daaraan so nou en dan. Nie gereeld nie, want dit laat my verlang. Beautiful inskrywing.

  15. Soms verstaan ander so bietjie meer van die seer wat versteek is onder die oppervlak, maar hulle swyg daaroor, want ʼn onsigbarehand het die gordyne op ʼn skrefie weggetrek en dit was daar te siene was; die pyniging laat hulle uitroep “Here wees haar genadig!”

  16. Guardian Angels don’t give up; it is their calling to take care of the Chosen Ones…Crazy but true, even crazier is the fact they love more comprehensively than ‘normal’humans do.

  17. My ouma, einste sy met die pers haartjies, my naamgenoot, my sielsgenoot, het graag lyfpoeier gebruik. My ma het na sy dood is gehelp om haar goed in te pak en het vir elkeen van ons ‘n amper-leë houer van die poeier gehou. Ek hou dit in ‘n laai en ruik soms daaraan wanneer ek haar net te veel mis. Haar juwele, haar naaimasjien – wat ek geërf het en met groot dankbaarheid gebruik – is alles goeters wat my aan haar herinner, maar daai poeier… Dankie Sonkind.

  18. […] ‘n kort stukkie wat Sonkind al in 2008 geskryf het.  Tot vandag toe, as ek ‘n reuk van Verlange kry, dink ek aan hierdie inskrywing van haar.  Ek het gaan loop en krap en soek op haar ou blog, […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: