My muis wys

my-muis-wys.jpg

DGS het my gemerk om te kom wys waar my muis rondloop. Hierdie is my werkmuis. My huismuis sou seker baie interessanter draaie opgelewer het, maar dié moet doen vir nou.

Natuurlik is daar die internet. Ons moet twee jaar vir die maatskappy werk voordat ons internet toegang het. En natuurlik kan ons niks soos porn of facebook kyk nie. Facebook was eers toegelaat, maar toe kon ‘n paar idiote hulself nie beheer nie, en nou is dit geblok.

Die email is maar net gewone Microsoft Outlook. En dan is daar die vervelige Word en Excel. Ons questionnaires is in Word en ons CSD, wat staan vir Converso Specifications Document, is in Excel. Dis die dokument waarin die spesifikasies van elke vraag in die ‘questionnaire’ aangedui word.

Notepad is daar om die woorde van die Word document in oor te ‘copy’ en dan in die ‘questionnaire’ in. Ongelukkig moet ons daai langpad vat, anders verander die teks se ‘font’ in die ‘questionnaire’. Van Notepad af bly dit dieselfde.

Adobe gebruik ek gewoonlik om my e-tickets en akkommodasie besprekings oop te maak. Dit word vanaf Johannesburg af aan my gemail in ‘n .pdf dokument. Photo Editor is maar meesal daar as gevolg van fotos wat ek deur e-pos gekry en oopgemaak het. By die huis gebruik ek ‘n ander program om fotos te ‘edit’.

En laaste, maar die belangrikste – “Citrix Program Neighborhood”. Dit is ons netwerk waarop ons werk en dit strek oor 52 lande. In die oggend log ons hierop in en doen al ons werk op servers. Ons hoof server is Emea, wat staan vir Europe-Middle East-Africa en dan is ons local servers daaraan gelink. Kaapstad s’n is CT05 (ek weet nie wat het van 1 tot 4 geword nie) en Johannesburg s’n is JHB09.

En dis waarmee my ek my dag verwyl. Baie vervelig, maar dis my daaglikse brood!

En nou tag ek vir Boendoe en Karin en Jo-ann en Roer en Skoor en Zee

Komaan – WYS JULLE MUIS!

Advertisements

6 Responses

  1. Ek kan jou baie dinge se, maar ek sal dit maar kort en ordentlik hou, en vir jou vertel dat ek my muis later vir jou sal wys…sien, die Skoor het ‘n plan, maar daarvoor moet ek eers by vesting van steen aandoen, sodat die plan kan rigting kry.

    Hang dus maar aan jou takkie, of nee, konsentreer op wat jy goed doen, en ek sal jou laat weet as ek muis gewys het op my blog!

    🙂

  2. Is soos jy daar sê. Werk is werk, en of ons daarvan hou of nie – dit betaal die rekeninge.

  3. Ek sal met graagte my muis vir jou wys ( 🙄 ), maar laat ek eers net my dagtaak verrig!

  4. Eish! Damn! Eish! Ek sukkel, soos Skoor seg, hang net ‘n bietjie aan!

  5. Ai ai die muis ding wys, sal vandag plan maak!

  6. […] is my speelplek soos versoek deur Sonkind, AfrikaFairy en […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: