Soms

Soms praat jy sonder om iets te sê

Soms sê jy iets sonder om te praat

Soms lê jou praat te diep vir woorde

Soms lê jou woorde te diep vir praat

Wat maak jy met die liefde?

Wat maak jy met die haat?

Stilbly, praat

Liefde, haat

Een bly die ander een se maat.

Advertisements

17 Responses

  1. Stilte word gehoor en gerespekteer

    Haat en liefde bly nie onder een dak saam nie. Dis of die een of die ander.

    Lief maar jy is kwaad: ja
    Kwaad en jy is lief: ja

  2. Soms = Altyd (soms…)

    Baie mooi, Sonkind

  3. Ek het weer en nog ‘n keer gelees. Baie mooi.

  4. But why today? Jy moet le, nie vrae vra nie. Of was dit ‘n stelling?

  5. Ek laaik: Liefde, haat, Een bly die ander een se maat. En die hele gedig. Doe zo voort!

  6. Teuns Jordaan mag maar met ‘Soos Bloed’. ‘Jou Asem’, is ook baaaaaie mooi!

  7. Mooi. Soms is stilbly ook ‘n antwoord.

  8. (Pro 15:17) Liewer ‘n porsie groente waar liefde by is, as ‘n vetgevoerde bees en haat daarby.

  9. Meeste mense praat soms te veel…

  10. Maar soms het ‘n mens ‘n stukkie steak nodig, Johannes

  11. (lag kliphard)

    verkieslik met liefde

  12. soms praat ek op my kombuis tafel;
    soms maak ek geluide,opmy tafel,sonder om te praat;
    soms le^ ek op my tafel;
    soms is dit baie diep,op my tafel;
    wat maak ek met vader xmas;
    wat maak ek met die elfs;
    watter posisie?
    hulle moet besluit;
    anders skop ek hulle by hulle gatte uit.

  13. LOL @ Anne! 😆

  14. Liefde, haat

    Een bly die ander een se maat.

    pragtig.

    is daar liefde sonder haat?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: