Een per maand. Twaalf per jaar.

Een week elke maand is gelyk aan twaalf weke elke jaar. Twaalf weke is gelyk aan drie maande. Drie maande van elke jaar gaan ek in Johannesburg bly. Min of meer, maar dalk meer as minder. As ek so daaraan dink, kry ek daai hol kol gevoel op my maag.

But a woman’s got to do what a woman’s got to do! 🙂

Vrydag is alles gefinaliseer. Die storie werk so:

Ek het twee weke gelede vir ‘n interne pos aansoek gedoen. Kort na ek aangedui het dat ek in die pos belangstel, kom besoek my baas ons Kaapse kantoor. Ek het verlede jaar bevordering gekry – eintlik net amptelik, want toe doen ek al lankal die eintlike werk! – en het reeds so elke tweede, derde maand vir ‘n paar dae Johannesburg toe gegaan. Sy noem toe dat hulle nie bewus was daarvan dat ek in ‘n ander pos sal belangstel nie, en in die lig daarvan is daar ‘n ander pos wat sy vir my in gedagte het. Die pos is eintlik bedoel vir iemand wat in Johannesburg bly, maar sy het dit reeds met HR bespreek en die ander betrokke partye en hulle is seker ek sal dit kan hanteer uit die Kaapse kantoor, mits ek bereid is om elke maand vir ‘n week (of dalk meer!) Johannesburg toe te kom.

In kort is die pos Projekbestuurder en ek gaan julle nie verveel met die detail nie. In die week (of MEER!) daar bo, sal ek dan opvang met alle betrokke spanne van die projekte wat ek hanteer en vir die res sal ek alles van hier af hanteer. In geval van enige krisis, kan hulle my moontlik sommer net gou vir die dag opvlieg.

Natuurlik is die reis- en verblyfkoste uit die maatskappy se sak, so ek het geensins ‘n issue om op en af gevlieg te word nie. Ek is buitendien mal oor vlieg! En die pos was net te aanloklik om nee dankie voor te sê. Maar ek wonder tog of ek soos Esau my geboortereg vir ‘n pot sop verkoop het!

Ek sluk lank en diep aan daai drie maande ‘n jaar, veral op ‘n Sondagmiddag as die blou my hart vasgryp. Ek motiveer myself, ek dink positief, maar ek is ‘n sissie as dit by Jo’burg kom. Dit sit aan my soos ‘n sleg passende kledingstuk. Ek dink ek sou Pretoria nog kon “handle”, maar Johannesburg, ai tog!

Ek slaap sleg as ek daar is. Die lug ruik anders. Die weer is anders. Ek eet sleg. Nie omdat ek bang is nie, want ek is nie van nature ‘n bang mens nie. Sommer net omdat ek ‘n pisbroek Kaapse kind is wat nooit weer daar sal aard nie – ja, ek het al in my lewe daar gebly. Been there, done that, will not do it again. As julle dink ek is irrasioneel, sal ek julle ook nie kwalik neem nie. Ek dink soms self ek is irrasioneel hieroor, maar dis hoe dit is.

En nou sal ek moet gewoond raak daaraan. Een week per maand, twaalf weke per jaar, drie maande van die jaar. Boohoohoo!

My eerste trippie is die tweede week van Maart en daarna die eerste week van elke maand. Dink maar aan my, dalk raak dit nog vir my lekker. (In my dreams, yes!) 😈

Advertisements

21 Responses

  1. Sonkind
    Leer net hoe om pap te eet en jy sal ok wees :lol

    En hier het ek amper gedink jy praat van die maand verband.. 😳

  2. 😆 @ Jasper. Ek besef nou die opskrif kan erg misleidend wees 😈

    Ek eet pap, met sous ook. Het dit destyds teen wil en dank leer eet toe ek daar gebly het. Nie eers pap gaan dit lekker maak nie! 🙂

  3. Haai man, as ek nou in die Grootstad was (ek verruil JHB vir niks nie!) kon ek jou darem genooi het vir ‘n koppie tee, jy sal maar moet wag totdat ek in Augustus terug is! Sterkte.

  4. Sterkte, dit is nie lekker om vreemd te wees en so lank van jou huis af weg te wees nie.

  5. Hehe, dink ek toe ook soos Jasper! Ja, dis IS irrasioneel, maar mens voel mos soos jy voel! Sterkte!

  6. Gits, en hier bly ek al 45 jaar in die Goudwoud in ‘n klein voorstadjie van Tshwane. Ek was al getroud toe ek die eerste keer in Kaapstad gekom het en tot onlangs toe was ek ‘n projekbestuurder van ‘n groot nasionale projek wat my eenkeer per maand na Kaapstad gestuur het. Dit was amper vir my soos “maand verband” soos Jasper dit so mooi bewoord het en ek is ‘n man. So met rymelarery sê ek: “Ek is hier, jy is daar en immer is ons deurmekaar van hoekom is ons hier en nie daar !”

  7. Hehehe…shame man! Daar is sekere dele van JHB wat eintlik baie lekker is hoor. 😉

  8. Wel geluk! Ek aanvaar as hulle jou aanstel in die posisie ten spyte van die feit dat jy in die Kaap is, dan moet jy weet wat jy doen! 🙂

    Ek weer sal eerder Johannesburg kies bo Pretoria. Ek dink wat wel vir jou baie lekker gaan raak, is Vrydae!

  9. Na dese gaan jy ‘n vliegtuig met klippe wil gooi. 😀 Nee man, dit klink na ‘n wonderlike geleentheid. Probeer en sien wat gebeur. Baie geluk.

  10. Sterkte, Sonkind! Ek verkies ook Pretoria bo Johannesburg, maar net omdat Jhb vir my vreemd is…
    Onthou net, as jy hier is, weet jy altyd jy gaan terug berg en see toe!!

  11. kom geniet die stad met die meeste bome in die wereld…

    Is ‘n great plek eintlik.

  12. Survival kit: watte tussen die wynbottels. Neem dit by jou handbagasie. Geen naelvyltjies, jy weet mos wat ons Capeys daarmee kan prakseer… Drink ‘n Nervoheel voor jy vertrek na die lughawe, net ingeval jy ‘n onbevoegde vliegtuig vensterwasser weer iets skeefs wil toesnou. Of was die nou die vensterwasser se antie?

    Die belangrikste egter in hierdie survival kit, Son, daai kaartjie vir die terugvlug!

    (((son)))

    En jy gaan leer nie lelike maniere daar bo, of begin skree vir die verkeerde span nie. Ons span kry nou wel 0, maar ons ondersteuners sit darem nie in jaccuzzi’s langs die veld en probeer mooi lyk nie… Ons line die naartjies op om die ref mee te gooi!

  13. Veels geluk en sterkte vir die Gauteng!

  14. Pas jouself maar op in Jossie.

  15. Dankie vir almal se sterkte wense – na dese is ek beslis ge’gear’ vir Johies.

    Netjane, ek gaan jou Augustus weer remind aan daai koppie te, hoor! 🙂

    Leon, ons twee kan altyd projekte ruil, dan bly jy daar en ek bly hier!

    George, ja, ek weet nogal wat ek doen en ek het nogals ook ‘n reputasie dat ek nie nonsens vat van ander mense wat nie weet wat hulle doen nie. So nou stuur hulle die Heks uit die Suide om die Noorde so bietjie te gaan in die bek ruk. Dalk moet ek nog bly wees hulle gee my ‘n vliegtuigkaartjie en sê nie sommer net ek moet op my besem klim en soontoe vlieg nie 😆

    Skoor, jy raak onwetend ‘n BAIE teer punt aan. Daai terugvlieg kaartjie pas ek gewoonlik soos my lewe self op en ek gaan eerder 4 ure te vroeg lughawe toe as om die kans te waag om in Jhb se trafific vas te sit en te moet wag vir ‘n standby vlug. Dit het ook al gebeur, maar so leer mens!

  16. ek is nie n jhb fan nie,sacrifices u have to make,i made a sacrfice once….i cheated on my husband met vader xmas,the sacrifice?… no more sex op die bed,,,sex all over da house.

  17. Sonkind, ekke net ‘n oproep weg. Bel jong, dan gaan drink ons ‘n lekker cuppa!

  18. Geluk Sonkind, en sterkte daar in Egoli! Ek eis as ek dink aan die verkeer, maar ek is seker jy sal OK wees.

  19. Ai Sonkind, eerder jy as ek!

    Om alleen te reis, is nie dieselfde as om saam jou mense te reis nie. Dink dit sal vir lank met baie gemengde gevoelens gepaard gaan, veral omdat jy dit nie gewoond is nie. Weg van bekende roetines…, jou tandeborsel is nie meer waar dit hoort nie en wanneer jy die badkamer in die nag moet besoek is dit elke keer op ‘n ander plek. Die alleen sit by ‘n restaurant se tafel buite spitstyd en die verdwaal in ‘n vreemde stad in die spitsverkeer. . . Ai tog! Jammer ek deel nie jou entoesiasme nie. Daar is seker ook baie voordele…, soos om baie mense te ontmoet en nuwe vriendskapsbande te smee, om nuwe plekke te sien en om in afsondering weer ‘n draai by jouself te kan maak. Eerlik: As ek (wat in Gauteng bly) ‘n offer sou kry om ‘n week ‘n maand in die Kaap te gaan werk, het ek dit verseker oorweeg. Maar ou girl, hierdie Johannesburg (en wat my betref, die hele Gauteng) ken nie dieselfde sielsvrede as waaraan julle gewoond is nie. Hierdie plek is genadeloos. Hier skop elke ou maar vir homself ‘n nessie waar hy veilig voel, jy het nou wel jou vriendekring, maar basta die res.

    But a woman’s got to do what a woman’s got to do!

    En ja, baie geluk, jy sou verseker nie die pos gekry het as jy nie geweet het wat jy doen nie! En daardie dag wat jy Zee ontmoet vir koffie, gooi asb vir my ook ‘n mail (ek dink ons bly nader aan mekaar as wat ons dink) en baie sterkte vir jou!

  20. Sterkte. Johannesburg het darem sy mooi ook – nie noodwendig natuurskoon nie, maar meer kultuurhistoriese mooi: kuns, teater en goeie restaurante. Weet nie waarom jy tot dusver slegte ondervindings met Jozi-kos gehad het nie!

    Kry maar net vir jou ‘n lekker kannetjie pepersproei, en wees wakker; die plek is nie aldag veilig nie.

  21. tja, wat zal ik hier nu van zeggen.
    je hebt een promotie gekregen en je zal er vast wel op vooruit gaan. maar ja, daar moet kennelijk wel een offer voor gebracht worden. ik wens jou en je gezin veel sterkte toe, want het zal af en toe best moeilijk weg te moeten. het zou flauw zijn om te zeggen dat de afstand tussen JHB en CTW hetzelfde is, ongeacht de vliegrichting, want dat wist je al, maar toch denk ik altijd dat de thuisreis sneller verloopt…

    Kaapstad blijft mijn voorkeur genieten, met haar majestieuze berg, blauwe lucht en prachtige stranden. Dit ondanks dat ik ook in Pretoria gewoond heb, met de paarse gloed van Jacarandabomen, indrukwekkende gebouwen en vriendelijke afrikaners. maar dat spreekt over een tijd, lang geleden.

    dag, tot de volgende keer

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: