Sylvester Frederik Basson – R.I.P.

Somtyds kom iets of iemand in mens se lewe en bly net ‘n kort tydjie, om dan weer vir altyd weg te gaan. Die redes weet en verstaan mens nie altyd nie.

Vroeg in Desember het ek HIER vertel van my katjie wat ‘n vroeë kersgeskenk was. Ek het nie ‘n naam vir hom gehad nie. Omdat hy NET soos Sylvester van die strokiesprent gelyk het, was dit een van die voorstelle vir ‘n naam. Adam het voorgestel ek noem hom Frederik, en so is kat toe gedoop Sylvester Frederik, met noemnaam Sylfred. Remmo kom voeg toe Basson by (samevoeging van Basil en Son) en toe kry Sylfred sommer ook ‘n van by.

Sylvester Frederik Basson is gister begrawe in die hoekie agter in die tuin, waar hy so lief was om skoenlappers te jaag.

Oor die detail wil ek nie praat nie, maar ons vermoed iets het hom gebyt, soos ‘n giftige spinnekop dalk. Kort voor sy dood het hy nog soos altyd op en af rondgehardloop en gespeel en deur die venster by sy kamer ingespring. Ja, hy het sy eie plekkie in die huis gehad.

Saans as ek klaar was met die huisdinge, het hy partykeer om my bene kom draai en sulke krrr-geluide gemaak. Dan hardloop hy weg en gaan kruip iewers om ‘n draai weg en as ek naderkom, bespring hy my. Ek het toe besef hy praat met my, want hy wil dan hê ons moet speel. Ek het dan ook iewers om ‘n hoekie in die huis gaan staan en aan sy skaduwee gesien hoe hy my bekruip. Dan spring ek skielik uit en maak asof ek hom wil gryp. Hy het gewoonlik regop in die lug gespring, so ‘n draai gemaak en weggehardloop. Net om alles weer te herhaal.

Elke keer as ek op die rekenaar gewerk het, het hy op die stoel gespring en agter my rug kom lê. Later het dit my te veel gepla en ek het hom geleer om opgekrul by my voete te lê, waar ek hom gereeld sommer so met die voet gevryf het. Daar het hy te lekker gelê en slaap en was heel vies vir my as ek dan opstaan.

Ek was nog nooit iemand wat van my dier ‘n kind kon maak nie, want ek glo ‘n kind is nie ‘n dier en ‘n dier is nie ‘n kind nie. Het juis onlangs nogal ‘n hete argument hieroor met ‘n goeie vriend gehad. Maar dit beteken nie ek is minder lief vir my diere nie. My hart is SEER. Ek sien heeltyd die ou lyfie voor my geestesoog. Dit gaan ‘n rukkie vat om oor die seer te kom.

Rus in vrede Sylfred. Ek hoop daar waar jy nou is, is baie skoenlappers om te jaag.

Advertisements

14 Responses

  1. Ek verstaan so goed jou seer hart. Baie, baie hugs. Jy skryf so mooi oor Sylfred ek kon hom sien spring en speel.

  2. Ai man, ek is mos ‘n katmens. Ek het nou sommer trane gemaak.

    Hier bo by ons DBV is enetjie met ‘n stertjie wat soos ‘n eekhoring regoor sy ruggie kom le as hy hallo se wanneer jy by sy hok verby stap. Ek noem dit net!

    Sorrie vir jou seer leemte.

  3. (((Sonkind))), maar ek sien hom darem al hier in my verbeelding besig om skoenlapperstjies te jaag!

  4. 😦

  5. Hi! Ek dink aan jou. J

  6. (((Son)))

  7. eish son… Ek verstaan beslis jou seer! Na amper 14 jr saam met Boeshie! Hulle plekkies bly leeg!

    (((sonkind)))

  8. Ag, jammer om te hoor van Sylfred se heengaan. Ek kan nog onthou toe jy hom nou die dag gekry het. Snaaks hoe diere so in mens se hart kan klim.

  9. ek is jammer!ek is mal oor diere,ek het 2 honde,n jack russel en n staffie,hulle is my kinders,elke aand slaap huule met my onder die komberse,hulle is te oullik.ek verstaan hoe jou voel,sal vir jou n fototjie stuur,soon.

  10. ( ( ( Son ) ) ) 😦

  11. Hulle kruip so diep in mens se hart in. Die leemte is groot as hulle weg is .
    ((((S))))

  12. Sonkind ek deel hartseer. ‘n Dier gee so onvoorwaardelik sy liefde en trou! Doen ons dit?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: