Rommelpos a.k.a. SPAM

WordPress het al weer sy malskoene aangetrek en hierdie keer is ek die gelukkige wenner. Wonder wat is die prys? Seker ‘n Wilson toffie.

Ek is herklassifiseer, darem nie as gekleurd nie – ek kan nie ‘n pen in my hare druk en dan bly dit daar nie – maar wel as rommelpos. Tot dusver lyk dit asof dit by Platterfuss, Skoor en Boendoe is. As ek nie in julle Spam Grot lê nie, dan het die woordpolisie my kommentaar gekonfiskeer – dalk haat hulle die Son. Dalk moet ek myself hernoem na Reënkind!

Sal julle asseblief maar net ‘n oog gaan gooi in jul Spam Grotte en my daaruit red en my status in ere herstel? Pretty Please? Dis nogals naar om lang kommentaar te skryf en ‘Poef!’ verdwyn dit soos die Skim!

Advertisements

2 Responses

  1. Dis gedoen. Lyk my die ‘law’ bly op jou rug. Wonder watse kattekwaad onder jou naam verskyn as mens dit google!

  2. Nee, jy’s nie spam by my nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: