My 5 Happy’s

Zee het my ge-tag om vyf goed te noem wat my ekstaties gelukkig maak. Wel, ek weet nou nie van ekstaties nie – ek dink nie ek kan die goed wat my ekstaties maak hier op my blog neerskryf nie, maar ek KAN vertel van 5 dinge wat my bly maak, wat dit vir my lekker maak om te lewe, wat my elke dag laat waardeer.

Hierdie 5 is nou uitgesluit man, kinders en huis, soos Roer in die oorspronklike begin van die ‘tag’ gevra het.

  1. Om soggens werk toe te ry en Tafelberg te sien – dit gee my waardering vir waar ek is. Om sommer net op enige tyd van enige dag suidwaarts te kyk en Tafelberg te sien. Ja, ek weet ek het ‘n onnatuurlike gevoel oor Tafelberg, maar dit sal iemand anders net kan verstaan as hulle weet hoe ek vir 12 jaar lank gevoel het in Gauteng, met ‘n hart wat elke dag huil omdat ek daar is en nie hier nie. Toe ek die dag finaal terugkom Kaap toe, het ek myself belowe om nooit weer my lewe hier “for granted” te vat nie.
  2. ‘n Nuwe boek, ‘n nuwe tydskrif, veral as die boek een is wat ek lankal wou koop. Daardie gevoel van ‘n nuwe boek in jou hande hou en weet dis joune, dit gaan na jou boekrak toe. Die reuk van die nuwe blaaie. Soms is ek amper te eerbiedig om sommer net dadelik te begin lees. En elke boek wat ek klaar lees, is soos ‘n afskeid. My verslawing in hierdie lewe is boeke. Ek kan nie verby ‘n boekwinkel loop nie, daar is ‘n magneet wat my daar inruk. Soms word dit nogals ‘n probleem tussen my en die Liefie. 😆
  3. Waatlemoen! En turksvye. My twee kosverslawings. As dit moontlik was, sou ek elke dag van my lewe net waatlemoen kon eet. Met die turksvye is ek darem meer gematigd.
  4. My kamera (die nuwe, fancy een wat Liefie vir my gekoop!), my iPod, my skootrekenaar. Ja, ja, ja, ek is een van die “gadget generation” – so sue me! Die kamera is vir die onvergeetlike oomblikke in die lewe, die iPod is vir musiek heeldag – boeke en musiek is ongeveer op dieselfde skaal by my. Die skootrekenaar is vir speel, werk en skryf.
  5. Om soms iewers in ‘n winkel, in ‘n ry by die kassiere, in ‘n bank of enige plek sommer net ‘n vriendelike gesig te sien, ‘n paar vriendelike woorde te wissel met ‘n totale vreemdeling en te weet – hierdie is my mense, hier is waar ek behoort. Na so ‘n insident voel ek ligter, daar is sommer weer veerkrag in my stap en hoop in my hart – vir ons almal.

Terwyl ek hier geskryf het, het ek gedink hoe maklik dit was om 10 dinge neer te skryf wat my battery pap maak en hoeveel stadiger dit gegaan het om 5 dinge neer te skryf wat my gelukkig maak. Is dit net bloot makliker om te kla as om dankbaar te wees? Ek gaan beslis ernstig oorweging gee daaraan om meer positiewe goed te dink, elke dag!

Advertisements

6 Responses

  1. Sonkind, jou slot paragraaf… dit het my ook nogal opgeval dat om net 5 goeie goed te noem baie moeiliker was as die 10 wat jou af pp. Ek het van gister af Oprah se bandjie begin dra en elke keer as ek kla moet ek dit van arm verwissel. Nogal scary hoeveel keer ek dit gister moes doen, vandag gaan dit darem beter.

  2. Jou nuwe avatar is erg sexy

  3. Vokof Vokof, dis ‘n oulike poppie die! (he, he).
    Mooi possie Sonkind, dis verblywend om te weet daars nog sulke oulike mense soos jy wat leef. Eks nogal self verslaaf aan daai boek-ding.
    😀

  4. /me buig diep en nederig en sê dankie, dankie vokof, dankie knersis. 😳

  5. Ek kan die verslawing aan die iPod verstaan. Net jammer myne se battery hou nie so lank nie. So, jy’t ‘n boek fetish. Dis ‘n goeie ding. Herhaal saam met my – dis ‘n goeie ding. 😀

  6. my favourite things wot make me happy…..um….um….vroetel op my kombuis tafel…………tafel my op vroetel…………lefat ym po leteorv……..my tafel vroetel op en last but not least………..ting tong macadangdang!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: