Onthou om te vergeet, Vergeet om te onthou

Jongmens het sy gekrap aan dinge

Tot sy weet

Om soms daarna te wens

Sy kon net liewer weer vergeet

Grootmens het sy geweet

Dis soms beter om nie te weet

As om te weet

En dan te probeer vergeet

Oumens het sy probeer onthou

Wat sy elke dag al meer vergeet

Het sy in helder oomblikke gewens

Sy kon maar liewer net weer weet

Advertisements

5 Responses

  1. Sjoe, so waar! Baie mooi.

  2. Hmmm…
    So, presies net hoe groot is jou vergrootglas?

    Ding is haas volkome oortuig daarvan dat die grafiese simboliek onbepland toevallig is, en heel waarskynlik dus selfs die skepper ontgaan het.

    Indien wel, nou ja, dan is jy beter as meesterlik.

    Hierdie is onbetwisbare bewys dat woorde soos beelde is – hulle is alreeds daar en wag net om verlos te word van dit wat hulle verskans.

  3. vader xmas het poems gelees,hier kom een…….’oh anne,u r so hot,damn;when i’m with you;you make me feel like a man;when we’re on ur kombuis table;u remind me of me riding my horse out of a stable’,aai tog,ek mis die ou vetgat!

  4. Sonkind, die tweede vers… ek dink jy sal verstaan!

    Maar nou “tag” ek jou ook sommer om die 5 goete wat jou gelukking maak met ons te deel http://zee3.wordpress.com/2008/02/19/5-goetermajaties-wat-my-gelukkig-maak/

  5. Zee, ek verstaan! (((Z)))

    Ding, jou haas volkome oortuiging is voorwaar 100% korrek – die grafiese simboliek het my verbygeglip. So, wat beteken dit? Dat ek nou meesterlik is? 😉

    Anne – ek gaan vir jou ‘n ander ou vetgat soek! 😈

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: