Post Secret

Ek lees vandag HIERDIE in Die Burger.

Vir die wat sukkel om ‘links’ oop te maak, hier is die berig:

Diepste drome en vrese op blog onthul

Pssst, moenie vir niemand sê nie, maar... ‘n hele paar miljoen mense se geheime is nie meer geheim nie. Ook nie vir Herman Scholtz nie.

DÍT is nie die werk van die plaaslike skinderbek of selfs ‘n celeb-tydskrif nie, maar ‘n blog waarheen derduisende mense uit vrye wil hul geheime stuur.

En die nuuskieriges onder ons laat beslis nie op ons wag om uit te vind presies wát hierdie geheime is nie. Teen verlede week het 124miljoen mense, drie keer die grootte van Suid-Afrika se bevolking, al na dié geheime gaan loer.

PostSecret is egter meer as net ‘n riem­telegram van geheime en skindernuus – dit is ‘n kunsprojek wat die Amerikaner Frank Warren in 2004 begin het.

Waar sy geheim begin het

Frank skryf op sy blog die hele projek het met ‘n droom begin. Hy het eendag in Frankryk drie poskaarte gekoop wat in sy drome sekere boodskappe begin dra het.

Dit was die begin van die Reluctant Oracle-projek, waar hy elke week ‘n bottel met ‘n kunswerk in ‘n meer in Maryland, Washington, gegooi het. Dié projek het die gemeenskap se verbeelding aangegryp en dit het internasionale mediadekking ontvang. Niemand het geweet waar dié bottels met kunswerke vandaan kom of wie dit gemaak het nie. Die laaste kunswerk het gesê: “You will find answers in the secrets of others.”

Die Sondag daarna het die projek PostSecret begin.

Kreatiewe denke

Frank het 3000 poskaarte uitgestuur waarin hy mense aangemoedig het om kreatiewe poskaarte met hul geheime op aan hom te pos.

Die vereistes was eenvoudig: Dit moet kreatief wees, die waarheid wees en dit moet die eerste keer wees dat die persoon die geheim deel.

Frank het JIP laat weet hy ontvang nou omtrent 100 000 poskaarte per jaar en kan nie voorbly nie.

Hy plaas elke Sondag sowat 20 van dié poskaarte op sy blog en ontvang duisende e-posboodskappe van mense wat hulle met die geheime vereenselwig of sommer net die kunstenaar van die poskaart moed wil inpraat.

Teen die einde van verlede jaar het al die geheime waardeur Frank geblaai het net te veel geword.

“Ek moes net ‘n blaaskans neem en perspektief kry,” het hy gesê. Toe die poskaarte nie die Sondag op sy blog verskyn het nie, het dit amper tot ‘n revolusie onder PostSecret-verslaafdes gelei.

Die geheime wissel van erkennings oor gewoontes, maniere, spyt, woede, wraak en elke denkbare menslike emosie. Sommiges laat ‘n mens lag, ander laat ‘n mens huil.

Maar is al die geheime waar? “Die geheime is waar vir die mense wat die poskaarte gemaak het,” meen Frank.

Ek het die site gaan google: http://postsecret.blogspot.com/

Dis WEIRD goed wat party mense daar skryf!

Advertisements

2 Responses

  1. Ek lees al baie lank PostSecret. Sommige van die goed is baie weird, maar sommige is vir my so vreeslik hartseer. Ek het al begin wonder wat ek in so ‘n poskaart sal sit – nog nie by ‘n antwoord uitgekom nie.

  2. Since you like PostSecret, you should really try CommonTies.com !

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: