Cupid en Valentine

valentine1.jpg

“I don’t understand why Cupid was chosen to represent Valentine’s Day. When I think about romance, the last thing on my mind is a short, chubby toddler coming at me with a weapon” – Author Unknown

Baie mense wonder waar kom Cupid vandaan en hoekom word hy geassosieer met Valentynsdag.

Cupid speel al baie lank ‘n rol in die herdenking van die liefde en geliefdes. Hy is bekend as ‘n ondeunde, gevleuelde kleuter, wie se pyle die harte van sy slagoffers deurboor en veroorsaak dat hulle halsoorkop verlief raak. In antieke Griekeland was hy bekend as Eros, die jong seun van Afrodite, die godin van liefde en skoonheid. Vir die Romeine was hy Cupid en sy ma was Venus.

Een van die legendes vertel die storie van Cupid en die menslike maagd, Psyche. Venus was jaloers op die skoonheid van Psyche en het vir Cupid beveel om die sterfling te straf. Venus se plan boemerang egter op haar en Cupid raak verlief op Psyche. Hy trou met haar, maar omdat sy ‘n gewone mens is, is dit vir haar verbode om hom van aangesig tot aangesig te sien. Psyche is doodgelukkig totdat haar susters aan haar begin karring en haar uiteindelik dan wel oortuig om na Cupid te kyk. Hiervoor straf Cupid haar deur haar te verlaat. Hulle asemrowende kasteel en tuine verdwyn saam met hom en Psyche bevind haarself heeltemal alleen in ‘n oop veld.

Terwyl sy so ronddwaal, op soek na Cupid, kom sy by die tempel van Venus uit. Venus is nog steeds hatig teenoor Psyche en wil haar vernietig. Sy gee dus vir Psyche ‘n hele reeks take, elkeen moeiliker en meer gevaarlik as die vorige een.

Met haar laaste taak, ontvang Psyche ‘n klein boksie en Venus beveel haar om dit na die onderwêreld te neem. Sy moes ‘n bietjie van die skoonheid van Proserpine, Pluto se vrou, kry en in die boksie sit.

Gedurende haar reis ontvang sy wenke oor hoe om die gevare van die doderyk te vermy en sy word ook gewaarsku om nie die boksie oop te maak nie. Die versoeking word egter te groot vir Psyche en sy maak die boksie oop. In plaas van skoonheid in die boksie, vind sy toe net ‘n dodelike slaap.

Toe Cupid haar leweloos op die grond aantref, versag sy hart. Hy haal die dodelike slaap uit Psyche en sit dit terug in die boksie. Cupid vergewe haar en gaan na Jupiter om hom te vra om die geliefdes se saak by Venus te pleit. Jupiter kwyt hom so goed van hierdie taak dat Venus besluit om Psyche te aanvaar. Die gode, meegevoer deur Psyche en Cupid se liefde vir mekaar, verander Psyche in ‘n godin, sodat sy vir ewig gelukkig saam met Cupid kan leef.

Milton skryf oor Cupid en Psyche in sy “Comus”:

“Celestial Cupid, her famed son, advanced,
Holds his dear Psyche sweet entranced,
After her wandering labours long,
Till free consent the gods among
Make her his eternal bride;
And from her fair unspotted side
Two blissful twins are to be born,
Youth and Joy; so Jove hath sworn.”

Oor Valentyn

Daar is verskeie weergawes oor hierdie Heilige.

Storie 1: In die derde eeu was daar ‘n Romeinse priester, wat later as heilige verklaar is, genaamd Valentine. Hy het die wet van daardie tyd oortree deur jong geliefdes te trou. Op daardie tydstip is huwelike gesien as ‘n probleem vir die staat en die weermag en dit was onwettig vir jong mans om te trou, want ‘n jongman mag nie deur die staat of weermag opgeroep word vir diens in die eerste jaar van sy huwelik nie. Die priester is toe gevang en het tronkstraf gekry. In die tronk raak hy toe verlief op die tronkbewaarder se dogter en het vir haar briewe geskryf, wat hy geteken het “from your Valentine.”

Storie 2 (wat ontstellende Michael Jackson ondertone het): Valentine word beskryf as ‘n Christen wat bevriend geraak het met baie van die Romeine, veral met baie van die Romeinse kinders. Die Romeine gooi hom toe in die tronk omdat hy aanhoudend geweier het om hulle gode te aanbid en die kinders, wat baie van hom gehou het, het daagliks vir hom notas gegooi deur die tralies van sy sel.

Pous Gelasius het 14 Februarie as St Valentine’s Day verklaar ongeveer 498 A.D.

Mag julle almal ‘n BLOEDROOI Valentynsdag beleef!

Advertisements

3 Responses

  1. Dankie vir hierdie brokkie, interessant.

    Mag jy ‘n nog rooier Valentynsdag hê 😉

  2. ek het besluit om my kombuis tafel rooi te verf,vanaand kry ek myself bied,just me,myself and i…ooooh kannie wag nie…

  3. Anne het alweer vergeet om haar pille te sluk…

    Dankie Son. Baie interessant.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: